Elkeen het ‘n spesiale geskenk

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 10 September
Advertisements

EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
“… ons is soos klei en U die POTTEBAKKER…”
Kultuur, Kuns & Vermaak:
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 06 Augustus
MOENIE vir Leon Feirreira misloop in 2018 nie!
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 12 Februarie
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 September
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 18 Desember
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 01 Janurie
Ons dank ook ons HEMELSE VADER dat ons uitreikspan veilig terug is.
Ondersteun die Liggiefees sodat die kindertjies kan feesvier
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 17 Desember
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 05 November
Gedagtenis maaltyd.
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 07 May
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
Wat is jou gebed vir hierdie land van jou?
2 Timoteus 1:1-7 Elkeen is deur God gestuur
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
‘n Boemelaar se storie van lig
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 31 Desember
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 23 April
MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie!
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 16 September
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 05 Augustus
Joh. 14: :
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
“Jy moenie bang wees dat dit skielik sleg sal gaan met ou nie…”
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 11 November
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 24 April
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 27 Maart
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 09 Oktober
Hierdie aande mag jy nie misloop nie.!!
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
Klou vas aan die Woord Maar deel uit die vrug.
Deon Serfontein Tel: (016) Sel:
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 03 Julie
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 10 September
Bekering.
Hierdie geleentheid moet jy nie misloop nie!!!
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 10 April
“…maar Dawid het by die HERE sy GOD krag ontvang”
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 20 November
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 13 Maart
Vaalpark Congregation Sielskos: Rom 13:12-14:19 & Joh 1:1-14
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 November
NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 23 Desember
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Vaalpark Congregation
Bly getrou en ywerig, volhard in julle geloof in God !
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Joh. 16: Heb. 1: 1-2.
Hartlik welkom in die Erediens!
LOGO - SIMBOLIEK AARDBOL KRUIS SLANG LYNE OOR GRENSE HEMEL EN AARDE
Transcript van de presentatie:

Elkeen het ‘n spesiale geskenk   Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 16 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Jasper v Zyl – hy het kanker Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Corrie Oberholzer – hy het kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Altie vd Merwe – hy het kanker Bid asb vir Serge Degua – gaan vir ‘n operasie Bid asb vir Jessica Brown – sy het Brown sindroom in haar een ogie. Sy is nog te klein vir ‘n operasie – kleindogter van André & Martie Jooste Bid asb vir Maria Steyn – bid vir genesing Bid asb vir Joey Prinsloo – sy is baie siek Bid asb vir Henriette Smit – bid vir spoedige herstel Bid asb vir Ria Putter – sy het gebed nodig Bid asb vir Kitty Warden – sy het gebed nodig Bid asb vir Louis Stroebel Snr – hy is in ICU 17 17 April 2 1 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555 Elkeen het ‘n spesiale geskenk Mense het al dikwels na my toe gekom en gesê dat hulle nie iets kan doen nie, want hulle het agter in die ry gestaan toe gawes en talente uitgedeel is. Paulus stem egter nie saam met die mense nie: 6... Christus het vir elkeen van ons iets besonders gegee om in die gemeente te doen. 7Hierdie spesiale geskenke het Hy vir ons gegee sonder dat een van ons dit verdien het. Daar het jy dit nou. Elke mens het ’n gawe van God ontvang. Jy het ook ’n gawe van God ontvang. Jy het ’n spesiale geskenk wat jy kan inspan om ’n verskil te maak daar waar jy werk en speel. Die uitdaging is om dit te ontdek en die eerste vraag wat jy moet vra is wat is vir jou lekker. Wat kom vanself? Waar spandeer jy jou energie, maar jy raak nooit moeg daarvan nie? Inteendeel! Dit gee jou energie. Die kans dat die antwoorde op die vrae jou gaan lei na jou gawe is baie goed. Op Moreleta se webtuiste kry ek hierdie moderne lys oor gawes. Gaan hierdeur en kyk watter van die gawes kom gemaklik by jou: ·        Apostelskap (nuwe bedieninge, visionering) ·        Administrasie (organisasie, effektiwiteit, orde, struktuur) ·        Onderskeiding (suiwerheid, duidelikheid, insig) ·        Handvaardigheid (hulpmiddels, kommunikasie) ·        Bemoediging (aansporing, geloofsversterking, ywer) ·        Kreatiewe kommunikasie (kreatiewe uitdrukking van die evangelie) ·        Hulpvaardigheid (ondersteuning, onderbou, bemagtiging) ·        Gasvryheid (vertroue, sigbare liefde) ·        Geloof (koers, God se beloftes en versorging) ·        Vrygewigheid (hulpbronne, versorging, aansporing) ·        Evangelisasie (nuwe gelowiges, oorsteek van grense met die evangelie) ·        Genesing (heelheid, God se krag, herstel van gebrokenheid) ·        Wonderwerke (God se krag en almag) ·        Voorbidding (voorsiening, beskerming, insig) ·        Leierskap (rigting, visie, verhoudingsbou, motivering) ·        Kennis (leersuiwerheid, openbaring, praktiese lering) ·        Barmhartigheid (verligting van nood, “Jesus se hande”) ·        Interpretasie (‘n Boodskap van opbou) ·        Onderrig / Lering (geloofstoepassing in die praktyk) ·        Herderskap (sorg, begeleiding, gemeenskap) ·        Vreemde tale (boodskap, verdieping, wysheid) ·        Wysheid (duidelikheid, beplanning, insig) ·        Profesie (korreksie, belydenis, waarskuwing) Indien jy nog steeds sukkel om agter te kom wat jou gawe is, vra die mense rondom jou wat jou goed ken. Wys vir hulle die lys en sê hulle moet kyk watter gawe die beste by jou pas. Dit is so belangrik om jou gawe te ontdek, want as jy weet watter gawe God jou gegee het, kan jy dit inoefen en opskerp. Dan kan jy dit tot eer van God gebruik en jy kan ’n verskil maak orals waar jy gaan. As al die kinders van God net hulle gawes in werking stel, sal die wêreld daar buite vir seker anders lyk. Teks: Efesiërs 4:1-10. Om oor na te dink; Glo jy dat God vir elke mens ’n gawe gee? Wat is jou spesiale geskenk? Waar kan jy dit gebruik? Gebed Vader, dankie dat U aan elke mens ’n spesiale geskenk gegee het. Dankie dat U ons toerus om waar ons gaan ’n verskil te maak en juis daardeur gevul te word. Help ons, Here, om nie ons gawes onder die emmer weg te steek nie, maar orals plekkies te soek waar ons dit in werking kan stel. Amen HY roep jou – VOLG HOM Môre sê . . . Stap vandag met ‘n huppel in jou stap en weet dat GOD elke tree saamstap HY is die Lig op jou pad Mooi loop!! Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die HERE JESUS CHRISTUS en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie. Rom 13:14 GROOT WAARHEID . . . Dit is die seën van die HERE wat rykdom bring; jou geswoeg laat dit nie meer word nie Spreuke 10:22 Gedagte vir die week : HERE, gee dat ek nie sal opsien na stiltetyd met U nie maar sal uitsien! Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 07 Mei 2016 Potholefees Lumiêre Skool 17 Mei 2016 Ma & dogter aand Vpark L/skool Gretha Wiid is die gasspreker Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.