De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Deon Serfontein Tel: (016) Sel:

Verwante presentaties


Presentatie over: "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"— Transcript van de presentatie:

1 Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 45 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Dink in gebed aan Annatjie de Beer ; die kinders & familie met die afsterwe van Oom Willie de Beer Bid asb vir Naas Lamont – vir spoedige herstel na operasie 06 06 November 2 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 6 6 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Om moed te skep … Paulus se gevangeneskap het soms vir homself te veel geraak. Soms was hy onseker en hy het gewonder of alles die moeite werd was. Soms was sy gemoed tussen die vloer en die politoer. Maar dan was daar tye soos die wat hom weer moed gegee het….Hulle sien dat daar selfs iets goeds van kan kom om in die tronk te sit. Dit laat hulle moed skep. Hulle is nie meer bang om oor Jesus te praat nie. Waar hulle vroeër maar stilgebly het omdat hulle te bang was, begin hulle nou al hoe meer oor Hom praat. Daar is tye wat ek ook so bietjie mismoedig is en wonder of alles die moeite werd is. Tye wat my swaar (wat eintlik glad nie so swaar is nie!) te swaar druk. Dis in tye soos die wat ander se klein briefies aan my my weer laat opstaan en die lewe in die oë kyk. Ek kry hierdie epos van Chrissie: As ek op my lewenspad teruggaan, is God wonderlik. Histerektomie en Mastektomie met 3 klein kindertjies. Maar my wonderlike man help my deur alles. Hy staan my vandag nog by. In 2009 is ons 8 dames in ’n kombi op pad terug van opleiding. ’n Groot trok met ’n sleepwa maak 'n U-draai en ons 8 ry vas in daai trok. Een verloor haar lewe. Ander het ernstige besering met operasies wat volg. Ek het 8 rugoperasies gekry. Maar vir God is niks te veel nie. Ek word ernstig siek met Osteo-artritis, Parkinson’s epilepsie en verkalkte are in my kop.  Maar God help. Ek word aangeval op my plaas met my eie vuurwapen teen my kop, maar God spaar my. Sjoe, dis baie swaar die verhaal van Chrissie. Die volgende staan soos gloeiende ligte vir my uit: As ek op my lewenspad teruggaan, is God wonderlik. In God se hande is niks te veel nie. God help my. God spaar my. Chrissie se e-pos het my baie bemoedig. Mag ons die swaar in die lewe so leef dat ander daardeur moed kan skep! Om oor na te dink: Kry jy swaar? Bemoedig jou manier van lewe ander? Staan ander op as gevolg van jou? Gebed : Vader, dis weer tyd om te bieg, want ek gooi gereeld my speelgoed uit die cot as dit nie goed gaan met my nie. Ek dink nie my manier van lewe bemoedig altyd ander nie. Inteendeel. Tog wil ek soos Chrissie ander bemoedig en hulle ook tussen die vloer en die politoer uithaal met my voorbeeld. Op my eie kan ek dit nie regkry nie. Daarom vra ek dat U my asseblief sal help. Amen HERE, HELP MY . . . GROOT WAARHEID . . . ???? Jakobus 5:12 Gedagte vir die week : Gedagte vd week ?? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 13 Nov 2016 Kerssangdiens NG Kerk Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"

Verwante presentaties


Ads door Google