De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie!

Verwante presentaties


Presentatie over: "MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie!"— Transcript van de presentatie:

1 MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie!
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 01 van 2018 Voorbidding Bid asb vir Janine Vorster – elke gebed is bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes vir volle genesing Bid vir Lottie Conradie – sy is ernstig siek Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroerte Bid asb vir Beatri Wagner – sy is ernstig siek Bid asb vir Hernann Sander – vir spoedige herstel en genesing Bid asb vir Alta Faurie vir genesing - sy is ernstig siek Bid asb vir Willie Matthee- het longontsteking Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volle genesing sy is ernstig siek Bid asb vir Suzette Fourie en dogter-haar dogter het kanker Bid asb vir Banie Venter-hy is ernstig siek met ‘n breingewas Bid asb vir Danie Smit- bid asb vir volle genesing Bid asb vir MJ Jacobs vir volle genesing Dank Gebede 07 07 Januarie 2 8 8 -Dankie HERE vir my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my. Dankie vir keuses, vreugde -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 Klim 2018 uit jou gemaksone uit Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Twee van ons grootste vrese is mislukking en kritiek. Hierdie vrese verdwyn nooit heeltemal nie. Jy kan hulle oorkom, maar hulle sal weer hul verskyning maak sodra jy voor jou volgende uitdaging te staan kom. Dis eers wanneer jy vrees as deel van die lewensreis aanvaar dat jy leer om dit te oorkom. As jy terugkyk na wat jy reeds oorkom het, sal jy besef dat mislukking die meeste van die tyd nie permanente skade doen nie – jy word inderwaarheid sterker. As jy dus vandag angstig is, sê God vir jou, ‘Moenie bang wees nie, want Ek is by jou…’ Vertrou dus op Hom! ‘n Onbekende digter het geskryf: ‘Ek het ‘n gemaksone gehad waar ek geweet het dat ek nie kan misluk nie; dieselfde vier mure was meer soos ‘n tronk. Ek wou so graag die dinge doen wat ek nooit vantevore gedoen het nie, maar het eerder in my gemaksone gebly. Ek het vir myself gesê dat dit nie saakmaak dat ek nie veel doen nie; ek het gesê dat ek nie oor dinge soos drome en doelwitte omgee nie. Ek het vir myself gesê dat ek vreeslik besig is met dinge in my sone, maar diep binne in my het ek na iets spesiaals van my eie verlang. Ek kon nie my lewe laat verbygaan deur net toe te kyk hoe ander mense wen nie; ek het my asem opgehou, uit my sone getree en die verandering laat begin. Ek het ‘n tree geneem en met nuwe krag, wat ek nog nooit gevoel het nie, my gemaksone totsiens gesoen en toe die deur toegemaak en gesluit. As jy in ‘n gemaksone is, bang om daaruit te klim, onthou dat alle wenners eens op ‘n tyd met twyfel gevul was.’ BEGIN OPNUUT Ek het hulle vertel hoe GOD SY goeie Hand oor my gehou het… hulle het gesê: “Kom ons bou!” en hulle het die goeie werk aangepak Neh 2:18 Wat gister of laas week of laas jaar met ons gebeur het, is van geen belang nie-vandag begin ons opnuut! Dis ‘n mooi dag, vol beloftes vir ‘n wonderlike toekoms, en met ywer en vol moed, begin ons dit. Ons berou oor dinge wat ons in die verlede gedoen het of nie gedoen het nie. Met hart en siel leef ons vir die wonder van hierdie dag. Nooit weer sal daar ‘n tyd wees wat ons dit wat ons op hierdie oomblik ervaar, kan ervaar nie, daarom maak ons ons hart en gemoed oop vir die bedekte seëninge in hierdie heerlike oomblik in GOD se ewige tyd. Met ons hand in GOD se hand, kan ons lewe vol en ryk wees, en met dit in gedagte, begin ons nou op hierdie oomblik in hierdie nuwe jaar te leef soos dit kinders van ‘n hemelse VADER betaam om te leef. Ons gaan die goeie werk aanpak, bou aan ‘n toekoms tot ons eie seën en tot seën van hierdie mooi wêreld waarop ons woon. deur Bob & Debby Gass Gedagte vir die week Hemelse Vader, Hier aan die begin van 'n nuwe jaar kom ek na U toe, die ALMATIGE en ALWYSE, wat van die begin af en ook die einde kan sien. Voordat ek op die nuwe onbekende pad van 2018 gaan, moet ek bely dat ek alleen veilig sal wees, as U met elke tree my hand vashou. As die pad voor my donker lyk, laat my in die lig van die geloof verder gaan. As teveel vir my oog verborge is, laat my getrou bly aan dit wat ek wel kan sien. As ek nie my bestemming in die verte kan sien nie, laat my dankbaar wees vir die enkele tree wat ek wel kan sien. As ek U dinge nie kan begryp nie, laat my kinderlik - vertrouend vashou aan U beloftes. As ek soms aan geloof ontbreek laat my NOOIT die LIEFDE en die HOOP verloor nie, en HERE, kom asb my ongeloof tot hulp. As ek nie insig in U plan met my het nie, laat my dit in gehoorsaamheid nie bevraagteken nie. As ek hierdie jaar 2018 suksesvol is, hou my dankbaar nederig en ootmoedig. As teleurstelling en mislukking op my wag. bewaar my van wanhoop, of my drome en ambisies bewaarheid word bewaar my van hoogmoedigheid en of my ideale tot as word in my hande - dierbare VADER, hou my vas in U liefde en leer my dat alles ten goede meewerk. Maak my blymoedig en dankbaar in Ek bid dit in die Naam van JESUS CHRISTUS wat deur SY dood dit vir my moontlik gemaak het om die lewe te kies! Amen & Amen! GOD is in beheer. Vertrou op HOM alleen! ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 28 Jan 2018 Leon Feirreira NG Gemeente MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie! Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "MOENIE vir Leon Feirreira misloop nie!"

Verwante presentaties


Ads door Google