De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Kultuur, Kuns & Vermaak:

Verwante presentaties


Presentatie over: "Kultuur, Kuns & Vermaak:"— Transcript van de presentatie:

1 Kultuur, Kuns & Vermaak:
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 21 van 2017 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir tannie Martie de Bruyn – sy is nie gesond nie Bid asb vir Adri Burger – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Marlien Roetz – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Pierre Pienaar-vir herstel na hart operasie Bid asb vir tannie Lena Dysel – vir GOD se nabyheid Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroete Bid asb vir die familie vir Jan Tredoux – Jan is oorlede 21 21 Mei 2 1 7 7 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) Sel: LIEFDE is ALLES . . . Dis nie net Paulus wat ’n goeie CV van Epafras gee nie, maar hy bring ook goeie nuus van die mense van Kolossense: Dit is juis by hom dat ons gehoor het hoe lief julle mekaar het. God se Gees werk mos in julle. Dis eenvoudig en tog sê dit so baie. Hulle leef werklik hulle liefde teenoor mekaar uit. ’n Jong gemeente wat presies verstaan waaroor die evangelie gaan - liefde. As ons liefde kan uitleef, werk alles soos dit moet. Dan is daar harmonie en ons het ruimte vir mekaar. Dan byt ons nie mekaar se koppe af en wil net meer en meer vir onsself vat nie. Ek wens ons kon dit ook regkry. Ek wens ons kon die liefde so uitleef dat daar harmonie is. Maar ongelukkig sien ek dit nie altyd om my raak nie. Hoekom kry die mense van Kolossense dit dan reg? Ek vermoed hulle weet wat dit beteken om oor te gee aan die Heilige Gees. Hulle verstaan wat dit beteken om die Heilige Gees ruimte en kans te gee om hulle lewens oor te neem. Hulle lewe onder die beheer en bestuur van die Heilige Gees. Wanneer dit gebeur, is die netto effek liefde. Dade uit liefde is die resultaat en maak werklik ’n verskil. Ek leer baie by Ella oor liefde: Ek het my man na ’n huwelik van 39 jaar aan die dood afgestaan. Hy was 40 dae in intensiewe sorg in die hospitaal.  Nooit kon ek huil nie, want ek ken die Here en snaaks genoeg - gisteraand voor ek gaan slaap, vat ek my een minuut oordenkingsboek en lees sommer hier en daar in die boekie in elke maand ’n dagstukkie. En wonderbaarlik maak ek toe die boek oop op 30 November: Die liefde is onsterflik, die liefde vergaan nooit nie. En al die tyd toe my man in die hospitaal was, het ek hom van my liefde verseker en elke keer as ek na ’n besoektyd moes huis toe of werk toe gaan, het hy my hand gehou en wou nie hê ek moes gaan nie. Elke keer het ek hom verseker dat hy nie alleen in die hospitaal agterbly nie en dat ek hom in Jesus se hande los en niks sal gebeur voor ek weer terugkom nie. En dat ek by hom sal bly solank hy my sou benodig. Wat ek ook toe gedoen het, tot die einde. Liefde oorwin die pyn van die dood. God se liefde sal in ons geval ook die dood oorwin. Die hoogtepunt van ons aardse lewe is wanneer ons die liefde ontdek wat die vrees vir die dood laat wyk. Liefde is die een ding wat ons aan onsterflikheid laat glo. God is onsterflik en God is liefde, daarom is die liefde onsterflik. Nou verstaan ek hoekom ek nie kon huil nie, want ek het hom so liefgehad dat ek bereid was om hom aan God af te staan. Ella het toegelaat dat die Heilige Gees oorneem. Sy leef liefde uit, maar meer nog: Sy verstaan hoe liefde werk. Hoe mooi is dit nie: Liefde oorwin die pyn van die dood. Liefde is onsterflik. Mag ek en jy meer ruimte maak vir die Heilige Gees, want dan sal die liefde oral om ons die teer slaan. Dan sal ons in tye van groot krisisse rustig kan wees. Dan sal ons ’n verskil maak, want dit is wat liefde doen. Skrifgedeelte Kolossense 1:1-8. Om oor na te dink: Hoeveel liefde deel jy uit? Hoeveel ruimte het die Heilige Gees? Waarmee sukkel jy? Gebed Vader, ek het die liefde so nodig. Ons wêreld het U liefde so nodig. Mag U met U Gees in en deur ons woel, sodat liefde meer sigbaar word in die wêreld. Amen. Nasionale Gebedsinisiatief – Week 6 Kultuur, Kuns & Vermaak: Ons seën SA se verskeidenheid kulture. Mag GOD ons vergewe omdat ons toegelaat het dat ons kulturele agtergronde ons verblind en verhinder om in die waarheid van GOD se Woord te wandel. Mag alle kulture in SA gereinig en bevry word, sodat ons die HERE JESUS CHRISTUS ook met ons kultuur sal verheerlik. Mag alle inwoners van SA JESUS CHRISTUS as erfdeel verkry! Ons seën SA se toerismebedryf. Mag toeriste wat SA besoek geseën word en hier blootgestel word aan die evangelie van JESUS CHRISTUS. Ons seën SA se verskeidenheid kunstenaars! Mag hulle skeppings en optredes tot verheerliking van GOD wees en mag ons GOD se wondergroot genade elke dag opnuut raaksien. Ons seën SA se vermaaklikheidsbedryf. Mag dit gereinig word van alle perverse, onsedelike en okkultiese elemente. Mag SA bevry word van verslawing aan pornografie, visuele en digitale verslawing, dobbelary, dwelms, drank, ens. VADER GOD, seën SA se kulture. Amen GROOT WAARHEID. . . ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 25 Mei 2017 Hemelvaartdiens NG 18:00PM 28 Mei - 01 Jun 2017 Pinksterdienste NG 18:00PM 04 Jun 2017 Pinksterafsluiting NG 08:30 Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Kultuur, Kuns & Vermaak:"

Verwante presentaties


Ads door Google