De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 September

Verwante presentaties


Presentatie over: "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 September"— Transcript van de presentatie:

1 NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 September 2 1 6 6
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 39 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir Jurie & Morné Matthee vir volle genesing Bid asb vir Elrina de Beer – vir herstel na operasie 25 25 September 2 1 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) Sel: IETS OM AAN te KOU . . . Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar 'n skildery met die titel "skaakmat". Dit het die Satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as 'n jong man, sy kop gebuig in vernedering - hy's verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn - en die Satan lag oorwinnend. Daar's 'n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord "Skaakmat" staan oor die skildery geskryf. 'n Ouerige man stap eendag deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skieik lewe kry en begin uitroep: "dit is 'n leuen, dit is 'n leuen!“ Ander mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die Kurator van die museum daag op. "Meneer is hier 'n probleem, kan ek help?" Die man kyk die kurator in die oë en se: "Ek is die Franse skaakkampioen - ek sê vir jou dit is 'n leuen!". Die kurator was nog steeds verward - wat is 'n leuen? Die man wys na die skaakbord en sê: "die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is 'n leuen, dit is nie skaakmat nie, die Koning het nog 'n skuif!“ 'n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisende mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op. 'n Man met die naam Daniël word gegooi in 'n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor! Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy's al drie dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die Koning het nog 'n skuif oor! Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen want die Koning het nog 'n skuif oor. "Gaan en moenie langer sondig nie!“ - Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor, vandag sal jy saam met My in die paradys wees. Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend - Kruisig Hom, kruisig Hom. Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg Hom en kap Hom met spykers vas aan 'n kruis. Jesus skreeu met 'n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: Eloi, Eloi Lama Sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat". Eenkant staan mense en sê: Ja ander kon Hy red, maar Homself kan hy nie red nie. Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe - Satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom opstanding Sondag en ek en jy weet, dit lyk soos skaakmat, maar dit is 'n leuen, want die Koning het nog 'n skuif oor! Die land is in 'n gemors. Moorde vind orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise, huwelike, lewens, self respek, waardes, morele, harte en verstand.. Jou lewe is 'n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep.. Jy huil, jy lag, jy raak kwaad.. Jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor die rand... Vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir môre, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag. VREES... Maar vandag wil ek vir jou sê, dit mag vir jou lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, die spel is nie oor nie!! Die Koning het nog 'n skuif oor!!!!!!! Mag hierdie boodskap jou net so bemoedig soos vir my! HIER IS EK, HERE ???? Lukas 16:10 GROOT WAARHEID . . . “Soos die VADER MY liefhet, het EK julle ook lief. Julle moet in SY liefde bly.” Johannes 15:9 Gedagte vir die week : ?? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 04 Nov 2016 Johann Ackerman NG Kerk Hierdie is ‘n aand wat jy nie mag misloop nie! 13 Nov 2016 Kerssangdiens NG Kerk Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 25 September"

Verwante presentaties


Ads door Google