De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 17 Desember

Verwante presentaties


Presentatie over: "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 17 Desember"— Transcript van de presentatie:

1 NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 17 Desember 2 1 7 7
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 51 van 2017 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster – elke gebed is bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes vir volle genesing Bid vir Lottie Conradie – sy is ernstig siek Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroerte Bid asb vir Beatri Wagner – sy is ernstig siek Bid asb vir Hernann Sander – vir spoedige herstel en genesing Bid asb vir Alta Faurie vir genesing - sy is baie siek Bid asb vir Willie Matthee- het longontsteking Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volle genesing sy is ernstig siek Bid asb vir Suzette Fourie en dogter-haar dogter het kanker Bid asb vir Banie Venter-hy is ernstig siek met ‘n breingewas Bid asb vir Danie Smit- bid asb vir volle genesing 17 17 Desember 2 1 7 7 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Word deel van die mooiste Kersspel ooit Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Ek het al die volgende verhaaltjie iewers gedeel, maar dit bly vir my roerend mooi. Dit handel naamlik oor kindertjies wat ‘n Kersspel by hulle kerk opgevoer het. Die outjie wat die herbergier gespeel het en wat vir Josef en Maria moes sê daar’s nie plek in die herberg nie, het swaar gekry om dit te sê tydens inoefening. Vir hom was dit net nie reg om hierdie arme twee mense sonder ‘n slaapplek weg te stuur nie. Maar die Sondagskool juffrou het voet by stuk gehou. Hy moes eenvoudig vir “Josef en Maria” wegstuur. Die aand tydens die opvoering toe Josef en Maria by die herbergier aankom, het hy doodstil gestaan. Toe die juffrou van agter die gordyn af vir hom sê om vir Josef-hulle te sê daar’s nie plek nie, sê hy: “Ongelukkig is die herberg vanaand vol.” Maar toe Josef en Maria met hangskouers van hom af wegstap, roep hy haastig uit: “Wag, julle kan vanaand my slaapkamer kry. Ek sal in my ma-hulle se kamer op die mat gaan slaap!” Die hele toneel was ontwrig. Die juffrou was kwaad en die jong akteurs het ook nie geweet hoe verder nie. Maar miskien was dit die beste Kersopvoering nog! Want die outjie wat die herbergier gespeel het, het iets van Jesus se soort Kersfees gesnap. Hy het besef dat Kersfees regtig oor iets anders, nee: oor Iemand anders, gaan. Jesus is die Een wat Kersfees met nuwe inhoud vul. Jesus se presente is nie met helder papier toegedraai nie. Hy bring ook nie sakke vol goedkoop geluk na ons toe nie. Hy verander mense. Hy maak dat selfs kindertjies hulle kamers afstaan aan mense wat nie ‘n dak oor hulle kop het nie. Kersfees is ‘n ander soort fees vir mense wat Jesus volg. Ja, sy mense gee ook presente weg, maar hulle doen meer as dit. Hulle gee iets van hulleself weg. Kerstyd is ‘n tyd van deernis. Dis ‘n tyd wanneer Jesus se volgelinge diegene raaksien wat nie kos op hulle tafels het nie, en niemand om vir hulle goed te wees nie. Dis die tyd dat sy kinders ‘n kruk word vir diegene wat deur die lewe mank geslaan is. Kerstyd is omgee-tyd, trane-afdroog-tyd, selfgee-tyd. Dankbaarheid in my hart My liggaam voel soms seer, maar my liggaam werk nog. Ek slaap nie goed party aande nie, maar ek staan elke dag op om nog ‘n dag aan te pak. My beursie is nie vol nie maar my maag is. Ek het nie al die goed wat ek wil hê nie, maar ek het als wat ek nodig het. Ek is dankbaar want al is my lewe nie perfek nie, dit is my lewe en ek is dankbaar en gelukkig. Ek is dankbaar vir ‘n kans om te lewe, selfs met al sy teluerstellings en hoogtepunte. Dit is onbeskryflik, dat daar altyd iets is om voor dankbaar te wees….elke liewe dag!! Wees elke dag dankbaar en dank GOD! Gedagte vd week ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 25 Des 2017 NG Gemeente 31 Des 2017 NG Gemeente 28 Jan 2018 Leon Feirreira NG Gemeente MOENIE vir Leon Feirreira misloop in 2018 nie! deur Stephan Joubert Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 17 Desember"

Verwante presentaties


Ads door Google