De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Deon Serfontein Tel: (016) Sel:

Verwante presentaties


Presentatie over: "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"— Transcript van de presentatie:

1 Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 23 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Joey Prinsloo – sy is baie siek Bid asb vir Ria Putter – sy het gebed nodig Bid asb vir Naas en Heleen Lamont – bid vir Heleen se kanker behandeling en Naas vir sy gesondheid 05 05 Junie 2 1 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) Sel: GEBED VAN ‘n OUER Hemelse Vader, ek dink nie ek is ‘n goeie ouer nie. HELP MY ASB!! Help my veral om my kinders te verstaan, om geduldig na hulle stories te luister, om hulle vrae met respek te beantwoord. Laat my altyd net so hoflik met hulle praat soos ek verwag hulle my sal aanspreek. Keer my as ek hulle haastig wil onderbreek. Moenie dat ek hulle sommer dadelik teenspreek voor ek nog behoorlik geluister het nie. Gee my die moed om te erken en om verskoning te vra – wanneer ek onredelik was of oorhaastige besluite geneem het. Here, help my om nooit ‘n kind met my woorde te verwond nie; om nie vir hulle foute te lag of hulle te straf met sarkasme of gemene spot of deur hulle belaglik te laat lyk nie. Help my om te onthou hoe swaar dit as kind vir my was om verneder te word. Here, gee my die integriteit om onkreukbaar eerlik te wees, sodat my voorbeeld nie my kind sal leer om te steel of te lieg, te kierang of te mislei nie. Laat U Gees my uur na uur lei – om die waardes wat ek verkondig, self uit te leef in wat ek doen en sê. O Heilige Gees, vernuwe my gees, suiwer die gemeendheid uit my gestel. Neem weg my neiging om te mor en te kritiseer. Help my om my woorde te tel en my tong te beheer. Herinner my aan die ou wysheid: “As ‘n bitsige woord op jou tong brand, laat dit maar daar brand.” maak my blind vir my kinders se klein foutjies, maar gee my moed om hulle te waarsku teen groot, minder opvallende morele swakhede: skynheiligheid, gebrek aan deernis, selfsug, onverskillige arrogansie, die eerste botsels van hebsug. Maak my oë wawayd oop vir wat hulle goed doen, laat my spontaan komplimente uitdeel, maar altyd eerlik. Gee my die onderskeidingsvermoë om hulle nie soos kinders te behandel as hulle al jong volwassenes is nie, maar om óók nie van hulle die insig en goeie oordeel van veel ouer mense te verwag nie. Here, gee tog dat my liefde hulle sterk en geborge sal laat voel, maar hulle nie sal bederf nie. Wys my die verskil tussen my kinders se redelike versoeke en selfsugtige of gevaarlike eise. Keer my wanneer ek hulle, goed bedoelend, die geleentheid ontneem om dinge vir hulleself te doen, om vir hulleself te dink, om self te kies, om self besluite te neem en ook self die gevolge daarvan te dra. Maak my ‘n liefdevolle ouer, genadig, regverdig en wys, sodat dit nie vir hulle, as hulle na my kyk, moeilik sal wees om in U te glo as hulle hemelse Ouer nie. Amen. ONEERLIKHEID Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in die groot dinge oneerlik Lukas 16:10 GROOT WAARHEID . . . Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat ‘n mens so sê nie. Prediker 7:10 Gedagte vir die week : ?? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 04 Nov 2016 Johann Ackerman NG Kerk Hierdie aand mag jy nie misloop nie. Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"

Verwante presentaties


Ads door Google