De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.

Verwante presentaties


Presentatie over: "“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en."— Transcript van de presentatie:

1 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde” (Handelinge 1:8)

2 “Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is
“Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor” (Handelinge 2:32,33)

3 “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (Handelinge 2:46,47)

4 “En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ‘n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof” (Handeling 6:7)

5 “‘Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel’” (Handelinge 9:15)

6 “En Petrus het sy mond geopen en gesê: ‘Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is’” (Handelinge 10:34,35)

7 “‘Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie’” (Handelinge 13:38,39)

8 “‘Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook’” (Handelinge 15:11)

9 “‘Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad’” (Handelinge 18:9,10)

10 “Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God” (Handelinge 20:24)

11 “En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: ‘Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig’” (Handelinge 23:11)

12 “‘Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie’” (Handelinge 26:29)

13 “‘Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan’”
(Handelinge 27:24)


Download ppt "“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en."

Verwante presentaties


Ads door Google