De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

Verwante presentaties


Presentatie over: "EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS"— Transcript van de presentatie:

1 EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

2 KOLOSSENSE 1:27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle. Hy is julle hoop op die heerlikheid.

3 JOHANNES 14:15-18 As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoert. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik Die Gees van die Waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle sal bly en in julle sal wees.

4 1 KORINTIËRS 12: 4-7 Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidinheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee, tot voordeel van almal.

5 WAT WORD HIER BEDOEL? Dit gaan dan nie eintlik oor die gawes van die Gees nie, maar meer oor die Gees as gawe in ons. Die Gees self, God self, in die Persoon van die Gees is die gawe wat deur ons werk.

6 Dit gaan baie minder oor ons en ons gawes, en meer oor God as Gees, die saambindende Krag in ons.
Die Gees wat Homself in ons deurwerk en ons so saambind as een kerk.

7 EFESIËRS 4:12,13,15 Sy doel (met die gawes) daarmee was, om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die groei van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in die kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe.

8 VERDEELD? EENHEID?

9 WAT GEBEUR AS ONS NIE VIR JESUS IN MEKAAR RAAKSIEN NIE?
Ons faal om die deel van Christus in jou raak te sien, wat net deur jou sigbaar kan word. Soos die Gees as gawe deur jou werk. Ons verhoudings met mekaar kort die integriteit en waarde wat Christus alleen kan bring. Sonder Hom is ons oppervlakkig en swak, kwesbaar vir Satan se aanvalle. Geneig tot die kwaaad.

10 GEVAARTEKENS? Min konsensus, veral oor klein onbenullige goedjies. Stry oor die kleur van toring. Slegs die styl van die erediens raak belangrik. Nie die inhoud nie. Aandag word maklik aftrek. Groepe wat sekere kante (standpunte) kies begin ontstaan en werf ondersteuners. Mense buite die kerk praat sleg van die kerk. Sien verdeeldheid raak.

11 HANDELINGE 8:3, 9:1. Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit. Intussen het Saulus soos ‘n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig

12 HANDELINGE 7:57-60 Toe het hulle hard geskreeu en hulle ore toegedruk. Soos een man het hulle op hom afgestorm, hom uit die stad uitgesleep en gestenig. Die getuies het hulle klere neergesit by ‘n jong man met die naam Saulus. Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy uitgeroep: “Here ontvang my gees.” Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe.

13 ROMEINE 8:34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. Wat pleit Hy? “Vader, vergeef hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie.”

14 HANDELINGE 9:4,5 Hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê. Saul, Saul, waarom vervolg jy My? “Wie is U Here?” Vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. Dit is vir My wat jy vervolg

15


Download ppt "EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS"

Verwante presentaties


Ads door Google