De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.

Verwante presentaties


Presentatie over: "“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou."— Transcript van de presentatie:

1 “Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou nageslag wees.’ En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken” (Genesis 15:5-6)

2 “ ‘Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand’ ” (Spreuke 9:10)

3 “ ‘Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo— dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het’ ” (Johannes 17:20-21)

4 “deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—” (Efesiërs 1:9-10)

5 “En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede” (Handelinge 2:42)

6 “Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus” (1 Korinthiers 12:12)

7 “want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus” (Galásiërs 3:27-28)

8 “ ‘En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie’ ” (Handelinge 4:12)

9 “En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe. En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot ‘n eenheid saam te voeg” (Johannes 11:51-52)

10 “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is” (Romeine 5:10)

11 “En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: ‘Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het’ ” (Openbaring 14:6-7)

12 “‘maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees’ ” (Mattheus 20:26-27)

13 “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon” (2 Petrus 3:13)


Download ppt "“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou."

Verwante presentaties


Ads door Google