De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Gemeentevisie Efes 4:1-17.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Gemeentevisie Efes 4:1-17."— Transcript van de presentatie:

1 Gemeentevisie Efes 4:1-17

2 Lewenswandel is die kernwoord
4:1-6 Leef so dat julle die eenheid bevorder 4:7-16 Gawe word gegee wat die eenheid te dien 4:17-24 4:25-5: Persoonlik van aard 5:15-6:9 6:10-20 Kerklik of persoonlik só leef om die eenheid te dien Kerklik van aard

3 Efes 4:1-6 Ek druk julle dit op die hart (opdrag), ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping (Jood en heiden) wat julle van God ontvang het (Jood en heiden leef nou saam as God se volk). Lewe met die volgende gesindheid: Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde (leef so dat die eenheid nie in gevaar gestel word nie). Hoekom hierdie gesindheid?

4 Drie motiverings vir eenheid (waarom eenheid):
Een Gees (nie geeste nie) wat hulle roep as een volk voor God en nie in verskillende liggame nie. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 2. Daar is net één Here, één geloof, één doop, Kan net op een manier gered word. Vertrou God wat Hy in Christus gedoen het. Sendingdoop: Wie op Jesus vertrou, word gedoop. Is nou deel van dié volk van God.

5 Een Here: Net een wat regeer. Net een aan wie al die mag gegee is.
Geen aparte kerk wat eie koers inslaan nie. Gaan oor eenheid van die kerk. 3. Één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon. Vertaal: Vader in julle almal. Almal deel van sy één familie. Nie baie families nie, een familie. Mag nie so leef en doen dat sy familie uitmekaar spat nie. Praktiese eenheid en nie ‘n geestelike eenheid nie. Christene moet só leef en optree dat hulle nie van mekaar wegdryf nie. Gebeur dit dat hulle wegdrywe en eenheid verbreek… ongehoorsaam en sondig. Ontrou aan hulle verhouding met die VADER, SEUN en GEES.

6 Opsomming: Eenheid is nie ‘n versoek nie, maar
‘n opdrag, ‘n bevel... rus op die eenheid van God. Julle behoort almal saam aan God se familie/volk. Julle saam-leef moet nie die eenheid bedreig nie. Met ‘n gesindheid van nederigheid, sagtheid en geduld bevorder jy hierdie eenheid.

7 God gee gawes aan die kerk sodat die eenheid gedien kan word:
Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het; en dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (charismata… 1Kor 12; Rom 12). Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens (bekwaammaking) sodat hulle vir die opbou van die liggaam van Christus kan sorg. Gevolg van gawes (15b-16): Geloofsgroei na volwasse Christenskap So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike bestaande eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.

8 Hoe lyk die opbou van die kerk ?
Negatief: versterking van die lede (vers 14) Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie (klein kinders is onvas op hulle voete… so ook nuwe Christene. Hulle kan deur allerlei dwalinge en leerstellings mislei word). Opgebou word sodat hulle kan groei uit onbeholpenheid en onstandvastigheid. Dan sal hulle nie deur leerstellinge verwar word nie. Positief: word volwasse en standvastig (vers 15) Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof (vgl. 4:24 – om almeer Christus se beeld te vertoon) en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde. Opbou word in liefde gedoen


Download ppt "Gemeentevisie Efes 4:1-17."

Verwante presentaties


Ads door Google