De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 24 April

Verwante presentaties


Presentatie over: "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 24 April"— Transcript van de presentatie:

1 NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 24 April 2 1 6 6
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 17 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Corrie Oberholzer – hy het kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Serge Degua – vir volle genesing Bid asb vir Maria Steyn – bid vir genesing Bid asb vir Joey Prinsloo – sy is baie siek Bid asb vir Henriette Smit – bid vir spoedige herstel Bid asb vir Ria Putter – sy het gebed nodig Bid asb vir Louis Stroebel Snr – hy is in ICU Bid asb vir Annaline Olsen – sy het ‘n operasie gehad Ons innige meegevoel aan Jan van Coller; huisgesin en Azaniël Pretorius en familie met die afsterwe van hulle Pa 24 24 April 2 1 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Wees ALTYD Dankbaar in ALLES wat jy ontvang Daar is baie frases en aanhalings wat mense gebruik om God se grootheid te weerspieël. Hier is ʼn paar wat ek onlangs raak gelees het  – “Verwag dat God altyd “groot” dinge sal doen” of “Ons dien ʼn God wat wonderwerke verrig” of “Daar is niks ontmoontlik vir hulle wat glo nie”. Dit is egter ʼn ander vraag van hoeveel waarde mense aan hierdie frases heg. Dit wil voorkom asof baie Christene meer inspirasie hieruit put as om hulle verhouding met God prakties uit te leef. Mense se gebrekkige verhouding met God én kennis van God veroorsaak dat hulle nie die werklike “groot” dade van God ken en of raak sien nie. Ons is so geneig om te wag vir ʼn openbaring van God se wonderdade dat ons nie God se hand die alledaagse lewe raaksien nie. Is dit nie dalk dat ons in gebrek is om al die seëninge, hoe “klein” dit ook al mag wees, in ons eie lewe raak te sien nie? Weet u, daar is gawes soos ware vriendskap, goedhartigheid en barmhartigeheid teenoor mense, ʼn hart wat begryp, plesier en lag, al hierdie dinge wat God se grootheid weerspieël en daarom al die seëninge wat ons so ryklik ontvang. Miskien sal dit goed wees as ons nie God se genade en seëninge as van selfsprekend sal verwag nie. Genade is om God op sy allerbeste te beleef. Om dit te begryp, is om lewenslank diep dankbaar te leef. Dit is om oorweldig te wees deur sy hemelse goedheid. Dan wil ons lewenslank vir die Here dankie sê met al my woorde en dade. Ek as begenadigde se lewe moet ook ’n sigbare bewys wees van God se nimmereindigende goedheid. Dank God vir dit wat jy elke dag ontvang en word bewus daarvan wat om jou gebeur en daardeur sal jy ʼn ware skatkis van God oopmaak en God se grootheid sien en beleef. Aan die einde van die dag is dit maar alles net GENADE . . . Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen. Die verlossing uit die kwade kan net U, o God, verleen. U het ons reeds lank tevore as u eiendom beskou, ons in Christus vasgehou. In Hom is ons uitverkore. Ons sal oor U liefde juig, dankbaar van U guns getuig. Aanhaling van die week: Spreuke 15:33 Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer. Onthou dit!! STAGNEER Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die HERE. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed! Romeine 12:11-12 GROOT WAARHEID . . . Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos GOD julle ook in CHRISTUS vergewe het. Efesiërs 4:32 Gedagte vir die week : ?? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 07 Mei 2016 Potholefees Lumiêre Skool 17 Mei 2016 Ma & dogter aand Vpark L/skool Gretha Wiid is die gasspreker Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 24 April"

Verwante presentaties


Ads door Google