De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 09 Oktober

Verwante presentaties


Presentatie over: "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 09 Oktober"— Transcript van de presentatie:

1 NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 09 Oktober 2 1 6 6
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 41 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir Jurie & Morné Matthee vir volle genesing Bid asb vir Piet Coetzee – vir volle genesing 09 09 Oktober 2 1 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Glo in gebed . . . Filippense 1:19-26 Rienie skryf vir my oor hoe sy in gebed glo: Gebed is ons kragtigste en enigste wapen teen die vyand maar daarby moet geloof gevoeg word. Wat help dit dat ons bid en nie glo dat ons Hemelse Vader luister nie? Ek kan vandag getuig dat die Here gebede verhoor! Nie een maal nie, maar menige maal het ons die resultate gesien en aan ons lyf gevoel. My vriendin se dogter het swanger geword en het vir haar eerste “scan” gegaan. Die dokters kon twee “sakkies” sien maar net een fetus. Hulle reken toe die tweede enetjie het nie ontwikkel nie. Twee weke later gaan hulle vir die tweede “scan” en jou waarlik daar is nou twee klein mensies op pad. Een basies twee weke “ouer” as die ander enetjie. Hier in Desember is my vriendin se kleindogters toe gebore. Hulle was bietjie haastig want hulle moes eers middel Februarie hulle opwagting gemaak het. Die groter een van die tweetjies het so onder ’n kilo geweeg, maar haar sussie net 820 gram. Dit wou nie goed gaan met die klein poppie nie en sy het afgeval na net 735 gram. Ons het met ’n gebedsaksie vir hulle begin en kan nou getuig die Here het weereens geluister na die gebede van Sy kinders. Die groter enetjie is al ’n week by die huis en sus weeg al ’n hele kilo! Hoe groot is ons Vader se genade en liefde! Gebed met geloof werk! Net nou en dan moet ons dalk onthou om dankie te sê ook! Dis so ’n wonderlike verhaal van gebed wat werk. Ek glo ook in gebed. Ek en my vrou sit juis vanoggend in die bed en bid vir elkeen van die klomp dinge wat ons in God se Naam doen. So maklik verloor jy die hoofdoel en begin jy agter jouself aanhardloop. Gebed hou ons in tune met God. Gebed help ons om styf teen die Heilige Gees te lewe, want ons weet op ons eie is ons te swak om voluit te hardloop. Soms is die lewe net te rof op sy eie en sal fetusse dit nie maak as God nie intree nie. Daarom moet ons bid. Paulus glo dit ook: Ek weet dat julle vir my bid en dat die Gees van Jesus Christus vir my gee wat ek nodig het. Daarom het ek geen twyfel dat alles uiteindelik vir my goed sal afloop nie. Paulus glo in gebed. Paulus glo dat dit die manier is wat ons mense in lyn kom met God se Gees. Gebed is die moment waar ons en God se wêreld oor mekaar skuif en waar ons ’n kykie kry in God se prentjie vir ons, maar dis ook hier waar God ons hart sien en hoor. Waar hy ons hartklop vir die lewe ervaar en die begeertes van ons hart sien klop. En tog is daar tye wat ons begeertes nie waar word nie. Tye wanneer ons versoeke net in die lug verdwyn. En dit verstaan ek nie. Ek verstaan nie hoe God die een baba wat eintlik dood moes wees laat groei, hoe hy die een se kanker met een vee uitvee en die ander verteer tot niks. Dit is ’n gedeelte van God waar antwoorde min is en geloof dik moet loop. Die onbeantwoorde vrae (en gebede) laat my egter nie ophou bid nie. Ek bid nog verwoed, want ek glo dat gebed werk. Ek glo dat ek in die gebede God se hart hoor en dat ek dan begin anders bid. Anders met God se gebede en nie my eie versoeke, verwagtings en begeertes nie. Dan sê ek saam met Paulus: Daarom het ek geen twyfel dat alles uiteindelik vir my goed sal afloop nie... Om oor na te dink: - Waarvoor bid jy? - Glo jy in gebed? - Hoor jy God se hart? Gebed: Here, ek bid. Ek glo in gebed. Ek glo dat U net die beste vir u kinders wil hê. Ek weet ook dat ek soms net vir myself in die oog het as ek bid. Vergewe my. Leer my bid en help my om nie op te hou glo in gebed nie en dat dit op die ou end goed sal gaan met my. Amen IETS OM OOR NA TE DINK … Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer en meer besef jy dat ‘n R70 horlosie presies dieselfde tyd aangee as ‘n R700 een. Of jy nou ‘n R70 beursie het of ‘n R700 beursie, die bedrag binne in se waarde bly dieselfde. Of jou huis sewentig vierkante meter is of sewehonderd vierkante meter, die eensaamheid en hartseer of vrede en geluk binne in bly dieselfde. Hopelik sal ons almal eendag besef dat innerlike vreugde en vrede nie van fisiese besittings of rykdom afhang nie. Of jy nou eerste klas of ekonomiese klas in ‘n vliegtuig reis, as die vliegtuig val, val jy saam, maak nie saak waar jy sit nie! Daarom moet ons verstaan dat as ons ware vriende het, boeties en sussies saam wie jy kan lag en huil en sing en bid en gesels oor alles en nog wat, dat dit eintlik WARE rykdom is… geniet die mense rondom jou wat GOD oor jou pad gebring het, waardeer hulle, want hulle waarde is onmeetbaar. Vertel vir hulle hoe kosbaar hulle vir jou is en hoe belangrik hulle voetspore in jou lewe is. Wees ook dankbaar vir diegene wat jou wieletjies pap maak en jou geduld beproef, want jy leer waardevolle lewenslesse deur hulle. Vergewe en maak reg terwyl daar nog tyd is. Wees dankbaar dat jy ‘n gesin en vriende en familie het. Hulle is net vir jou geleen, en eendag gaan jy hulle werklike waarde besef as jy hulle leë stoel of plekkie raak sien… Besef vandag opnuut dat sonder GOD in jou lewe, alles eintlik ‘n sinnelose gejaag na wind is. Ons hou ons besig met soveel dinge wat geen ewigheidswaarde het nie, terwyl ons eintlik moet voorberei vir ‘n ewigheidslewe saam in die hemel. So kom ons koop die tyd uit, want tyd is die een ding wat ons nooit weer terug kan kry as dit eers verby is nie. Deel hierdie boodskap met almal wat vir jou iets beteken het en nogsteeds beteken! GROOT WAARHEID . . . My broers…as julle “JA” sê, moet dit “JA” wees; as julle “NEE” sê, moet dit “NEE” wees. Dan sal julle nie veroordeel word nie. Jakobus 5:12 ?? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 04 Nov 2016 Johann Ackerman NG Kerk Hierdie is ‘n aand wat jy nie mag misloop nie! 13 Nov 2016 Kerssangdiens NG Kerk Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 09 Oktober"

Verwante presentaties


Ads door Google