De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Deon Serfontein Tel: (016) Sel:

Verwante presentaties


Presentatie over: "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"— Transcript van de presentatie:

1 Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 49 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir Leah Rynders – bid vir genesing 04 04 Desember 2 6 6 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Luister na GOD se STEM … “Jy sal ‘n stem hoor sê: Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs” Jesaja 30:21 Een van Engeland se beste predikers het besluit om as gevolg van sy vrou se kwynende gesondheid nie na Amerika toe te gaan en daar by ‘n belangrike konferensie ‘n praatjie te lewer nie. Alhoewel hy sy kaartjie gekoop het, het die skip sonder hom gevaar, en het J Stuart Holden ‘n goeie geleentheid in die fleur van sy predikingsloopbaan misgeloop. Die waarheid is dat ons te maklik teleurgestel word wanneer ons planne deur die mat val; te maklik mismoedig raak wanneer groot loopbaangeleenthede misgeloop word, en ons klaery daaroor bewys dat ons GOD nie so goed ken soos wat ons sê ons doen nie. Uitstel is dikwels die beskermende hand van ons hemelse VADER. Dit was verseker vir Holden die geval, wat beloof het om nooit weer GOD se tydsberekening te bevraagteken nie. Hoekom? Omdat sy ongebruikte kaartjie hom van ‘n plek op die nuwe “onsinkbare” luukse boot sou voorsien - die Titanic. Daar is soveel sprake van self-help in die kerk vandag, dat GOD se voorsienigheid en leiding selde genoem word. Die punt is egter dat ons nie GOD se plan vir ons lewens besluit nie, maar dat ons dit ontdek. Die meeste van die tyd verstaan ons nie hoe HY ons lei nie; en dis eers in retrospek dat ons SY HAND in werking sien. Paulus het geskryf, …”Ek hoop om julle op my deurreis na Spanje te sien…” (Rom15:24). Paulus het egter nooit Spanje gehaal nie; hy het in die tronk opgeëndig. Dit was egter van daar af dat hy die sendingbriewe geskryf het. Hier is die vraag: As jy regtig glo dat GOD jou treë rig – hoekom bevraagteken, betwyfel en kla jy dan? VRYGESPREEK … ??? GROOT WAARHEID. . . ?? Gedagte vd week Gedagte vir die week : ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 22-25 Jan 2017 Vlam Vat-Thinus Benade NG Kerk 15 Sep 2017 Gholf Dag Heron Banks Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"

Verwante presentaties


Ads door Google