De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Deon Serfontein Tel: (016) Sel:

Verwante presentaties


Presentatie over: "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"— Transcript van de presentatie:

1 Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 30 van 2017 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volkome genesing Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir Chenique vd Merwe – bid vir volle genesing Bid asb vir Deseré vd Walt – bid vir volle genesing Bid asb vir Adri Burger – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Marlien Roetz – sy is siek en het gebed nodig Bid asb vir Pierre Pienaar-vir herstel na hart operasie Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroerte Bid asb vir Charlie Kleinhans – hy het maagkanker – gaan sleg 23 23 Julie 2 7 7 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: BêRE DIE MAATSTOK! “HERE, as U ons sondes sou opteken, wie, HERE, sou ooit kon bestaan? Ps 130:3 Ons lewe in ‘n sameleweing wat resultaat-georiënteerd is, waar ons erkenning kry vir ons prestasie op skool, in sport en in ons werk. GOD dink egter nie so nie. SY gedagtes en weë is ver bokant ons s’n (sien Jesaja 55:8-9). HY word nie beïndruk deur leë offers nie. “Wat verkies die HERE: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers …”. Gevoelens en emosies is kragtig, maar selde objektief. Wanneer jy jou waarde as Christen op jou optrede as swak mens baseer, juig die vyand. Satan word die aanklaer van ons medegelowiges genoem. : hy wil hê dat jy al jou foute en mislukkings moet raaksien. Dan kan hy jou treiter deur jou aan al die kere te herinner wat jy jou humeur verloor het, gekritiseer het, of nie opgestaan het vir dit wat reg is nie. Dawid het gesê, “HERE, as U ons sondes sou opteken, wie, HERE, sou ooit kon bestaan? Selfs die mees gedissiplineerde gelowige het areas waarin hy of sy sukkel of misluk. Dit is hoekom ons elke uur van die dag GOD se genade en vergifnis nodig het. Hy weet waarvan ons gemaak is; HY weet dat ons net stof is en HY is nooit verras wanneer ons, ten spyte van ons beste bedoelings, tekort skiet nie. Reimar Schultze sê: “GOD meet ons nie aan ons optrede nie, maar aan ons liefde vir JESUS. In die Koninkryk van GOD is ons liefde vir JESUS ons prestasie. Alles anders is sekondêr daar toe. Ons MEESTER begeer dat ons by HOM, in HOM, in gemeenskap met HOM wil wees en HOM gelukkig wil maak.” bêre dus jou maatstok en wees bly dat GOD jou nie aan jou optrede meet nie, maar aan CHRISTUS se optrede. Open 19:7-9 “Laat ons bly wees en juig en aan HOM die eer gee, want die bruilof van die LAM het aangebreek, en SY bruid het haar daarvoor gereed gemaak. GOD het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek. Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges. Toe sê die engel vir my: “skryf op: geseënd is hulle wat na die Bruilofsmaal van die LAM uitgenooi is.” verder sê hy vir my: “dit is die woorde van GOD, en hulle is waar” Gedagte vd week Skep uit die fontein wat nooit opdroog nie Laat LOS en LAAT GOD . . . Jy sal die waarheid ken, en die waarheid sal jou vry maak Joh 8:32 JESUS leef in my en ek is vry! Lees hierdie week : Sam 16: Sam 25:2 Kor 4: Pet 2:21-25 1 Pet 4: Matt 5:3-15 Matt 27:35-50 ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 13 Aug 2017 Nagmaal NG Kerk Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Deon Serfontein Tel: (016) Sel:"

Verwante presentaties


Ads door Google