De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22

Verwante presentaties


Presentatie over: "Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22"— Transcript van de presentatie:

1 Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22
Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 11 van 2018 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster – elke gebed is bitter nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die verslaafdes vir volle genesing Bid vir Lottie Conradie – sy is ernstig siek Bid asb vir Marié Deysel – sy het kanker Bid asb vir André Ackerman vir genesing na sy beroerte Bid asb vir Beatri Wagner – sy is ernstig siek Bid asb vir Alta Faurie vir genesing - sy is baie siek Bid asb vir Maria Steyn – bid vir volle genesing sy is ernstig siek Bid asb vir Suzette Fourie en dogter-haar dogter het kanker Bid asb vir Marlien Roetz- sy ervaar groot vrees 18 18 Maart 2 8 8 -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 1 Deon Serfontein Tel: (016) Sel: Die belangrikheid van self-dissipline Om groter self-dissipline te bereik, moet jy: 1) Jou dag begin deur die moeilikste dinge eerste te doen. Byvoorbeeld, maak jou bed op, tel jou klere op en was die skottelgoed; moenie meer werk vir jouself maak nie. Moet ook nie 'n klomp projekte gelyktydig begin nie; die gevoel wanneer jy iets klaar maak sal jou help om in self-respek en self-dissipline te groei. 2) 'n Punt daarvan maak om stiptelik te wees. Dis moeilik om die gewoonte te breek as jy gedurig laat is. Om dit te oorkom moet jy gewillig wees om dit op die naam te noem - onbedagsame, selfsugtige gedrag. 3) Vooruit beplan. Alles neem langer as wat jy dink, moet dus nie tot die laaste minuut wag en dan soos 'n afkophoender rondhardloop nie. Jy kan maagsere kry as jy gedurig so moet jaag, maar as jy jouself ekstra tyd gun is dit goed vir jou gesondheid en gedagtes. 4) Teregwysing van diegene wat vir jou omgee aanvaar, sonder om dikmond te wees of terug te slaan. Tensy jy gewillig is om teregwysing te aanvaar, sal jy nooit gekwalifiseerd wees om dit te gee nie. Die Bybel sê, '...Hulle wat na ander luister, het wysheid' (Spreuke 13:10 NLV), so as jy wys is sal jy terugvoer verwelkom en goeie raad opsoek. Gandhi het eenmaal gesê, 'Daar is altyd 'n beperking op self-bevrediging, maar geen op self-beheer nie.' Vra God om jou te help om jou oproerige gedagtes, gevoelens, begeertes en gedrag te beheer. Identifiseer die onbeheerbare areas in jou lewe, hou op verskonings maak, staar die waarheid in die gesig selfs al maak dit seer, weier om jammer vir jouself te voel en stel 'n paar bereikbare doelwitte vir jouself. Met ander woorde, leer om te onderskei wat regtig saak maak. Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22 Gedagte vir die week Maak ‘n lewe wat goed voel binne in jou, nie een wat net goed lyk van buite! ??? Onthou om te onthou . . . Datum “Topic” Plek 01 Apr 2018 Paasdiens NG Kerk 13-17 Mei 2018 Pinksterdienste NG Kerk 20 Mei 2018 Pinkster afsluiting NG Kerk 27 Mei 2018 Paassangdiens NG Kerk Geskryf deur Bob en Debby Gass Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.


Download ppt "Sielskos: Tit 1-3; Matt 14:13-21; Ps 145:1-13; Spr 4:20-22"

Verwante presentaties


Ads door Google