DIE #45 PLEK WAAR CHRISTENE DIE ERGSTE VERVOLGING ERVAAR Die idee van Boeddhistiese heerskappy in Sri Lanka is besig om te groei. Gevaarlike gesindhede neem aanhoudend toe, veral in landelike gebiede. Boeddhistiese monnike val Christene gereeld aan. Christene word blootgestel aan dade van uiterste geweld en diskriminasie. Die druk om Jesus te verloën is genadeloos. Weens ʼn tekort aan Christenonderwysers, moet meeste Christenkinders Boeddhistiese lesse bywoon.
BID VIR ONS VERVOLGDE FAMILIE Bid dat Boeddhistiese heerskappy nie sal toeneem nie, asook vir die beskerming van gelowiges, veral diegene wat tot Christenskap bekeer. Bid vir meer Christenonderwysers in die skoolstelsel. Bid dat Christenbesighede sal floreer, en vir toegang tot gelyke regte.