NG Gemeente Vaalpark Voorbidding Dank Gebede 10 April 2 1 6 6 Gemeente – Algemeen -Dank GOD vir Radiokansel & al die ander radiostasies wat SY Naam groot maak -Bid vir die gemeente se werksaamhede en elkeen wat ook leiding neem in die gemeente -Bid vir die eredienste, voorsang-groepie en ons predikante NG Gemeente Vaalpark Gebedsbulletin No. 15 van 2016 Voorbidding Dank Gebede Bid asb vir Janine Vorster– sy het ons gebede nodig Bid asb vir gebroke huwelike – daar is baie egskeidings Bid asb saam vir Eskom & sy werkers – ons het dit baie nodig Bid asb vir eenheid & herlewing in ons dorp & in ons land SA Bid asb vir al die moorde & inbrake in ons omgewing & land Bid asb vir al die verslaafdes – hulle het elke gebed bitter nodig Bid vir Lottie Conradie–sy het ‘n siekte wat haar senuwees aantas Bid asb vir Martie Serfontein – het nogsteeds gebed nodig Bid asb vir Jasper v Zyl – hy het kanker Bid asb vir Chanté Pieterse – sy het Leukemie kanker Bid asb vir Corrie Oberholzer – hy het kanker Bid asb vir Zack Dreyer –emosionele ondersteuning Bid asb vir Altie vd Merwe – hy het kanker Bid asb vir Serge Degua – gaan vir ‘n operasie Bid asb vir Jessica Brown – sy het Brown sindroom in haar een ogie. Sy is nog te klein vir ‘n operasie – kleindogter van André & Martie Jooste Bid asb vir Maria Steyn – bid vir genesing Bid asb vir Joey Prinsloo – sy is baie siek Bid asb vir Henriette Smit – bid vir spoedige herstel Bid asb vir Ria Putter – sy het gebed nodig Bid asb vir Kitty Warden – sy het gebed nodig -Dankie HERE vir U groot genade & my gesondheid -Dankie HERE vir elke nuwe dag wat U my skenk -Dankie HERE dat U, U ENIGSTE SEUN gestuur het om vir my aan die houtkruis te sterf -Dankie HERE dat ek kan sit, opstaan, loop, lag, ruik, hoor, proe , redeneer & omgee, & dankie HERE dat U altyd daar is vir my -Dankie my GOD vir elke gebed wat gebid word & vir elke gebed wat U verhoor. Dankie my GOD dat U ons hand nooit sal los nie. - Dankie vir U wondergroot genade. Amen! 10 10 April 2 1 6 6 Deon Serfontein Tel: (016) 971-3027 Sel: 083-288-7555 Wasgoedgebed Takkies van geluk Ek staan voor U HERE met my bondeltjie geestelike wasgoed. My mandjie loop oor. HERE help my asb sorteer? Met U hoef ek nie vlekverwyderaars te koop nie, want U bloed was my witter as sneeu. U ken my hart, was my en hang my in U sonlig van geregtigheid, en al wapper ek soms teesinnig in U winde van verandering, moet my asb nie van die lyn afhaal voordat ek skoon en droog en bruikbaar in U diens is nie. HERE stryk al die kreukels van depressie, selfbejammering, bitsigheid en alle sonde uit met U strykyster van liefde, vergifnis en genade. Wanneer U met my klaar is, hang my op sodat almal U in my kan sien Amen! HERE, By U is daar rus en vrede By U is daar vergifnis By U is daar alles wat goed en mooi is By U kry ons krag vir elke dag By U kry ons moed vir elke dag By U kry ons deursettings vermoë By U is daar oneindige genade By U is daar altyd hoop By U is daar geloof en aanmoediging. By U is daar volmaakte LIEFDE Daarom plaas ek myself in U hande vandag, want daarsonder kan ek nie. Daarsonder wil ek nie …NOOIT nie! ??? . . . ???? Gedagte vir die week : GROOT WAARHEID . . . Die LIEFDE bedek alles, GLO alles, HOOP alles, VERDRA alles 1 Kor 13:7 ??? Onthou om te onthou . . . help Datum “Topic” Plek 07 Mei 2016 Potholefees Lumiêre Skool 17 Mei 2016 Ma & dogter aand NG Kerk Gretha Wiid is die gasspreker Rig gebedsbulletin versoeke direk aan Deon Serfontein of handig by Kerkkantoor in.