De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms."— Transcript van de presentatie:

1

2

3 Laaste onderwys (na die nagmaal)
‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms van die Heilige Gees (16) bewaring van Vader se Woord (16)

4 JAHSHUA SE LAASTE GEBED
(SY ‘HOËPRIESTERLIKE’ GEBED) (DIE GROOT ‘INTERSESSOR’- GEBED)

5 Jahshua het opgekyk en gesê:
Joh 17:1-5 Jahshua het opgekyk en gesê: Vader, die tyd het aangebreek; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik deur die gesag wat U Hom oor alle mense gegee het: dat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jahshua, die Verlosser, wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het, het Ek afgehandel. En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

6 aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het.
6-8 Ek het u bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. Teen hierdie tyd weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom, want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle oorgedra; en hulle het dit ter harte geneem en tot volle oortuiging gekom dat Ek van U uitgegaan het en dat U My gestuur het

7 Hulle behoort aan U en aan my, en Ek gaan in hulle verheerlik word.
9-11 Ek bid vir hulle; (nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort). Hulle behoort aan U en aan my, en Ek gaan in hulle verheerlik word. Ek vertrek uit die wêreld en kom na U toe, maar hulle bly agter. Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, sodat hulle een kan wees net soos Ons

8 Terwyl Ek saam met hulle in die wêreld was,
12-13 Terwyl Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Ek het oor hulle gewaak en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die een wat u plan van redding wou bederf, sodat die Skrif vervul sou word. Maar nou is Ek op pad na U toe; en Ek doen hierdie gebed in hulle teenwoordigheid, sodat hulle my blydskap later volkome in hulle kan hê

9 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat
14-16 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

10 Reinig en sonder hulle af deur u waarheid (u woord).
17-19 Reinig en sonder hulle af deur u waarheid (u woord). Soos U my in die wêreld gestuur het, het Ek ook hulle gestuur. En Ek wy Myself aan hulle toe, sodat hulle ook in die waarheid toegewy kan wees

11 Ek bid nie net vir húlle nie,
20-23 Ek bid nie net vir húlle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woord in My sal glo, dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; en dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle volkome een kan wees, net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My; sodat die wêreld kan sien dat U My gestuur het en hulle liefhet het net soos U My liefhet

12 Vader, Ek wil hê dat hulle (wat U My gegee het),
24 Vader, Ek wil hê dat hulle (wat U My gegee het), ook saam met My sal wees waar Ek is, sodat hulle my heerlikheid kan sien wat U My gegee het omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld

13 Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak
25-26 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, het Ék U geken, en hulle hier is oortuig dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit nog verder bekend maak, sodat U liefde vir My in hulle kan wees, en Ek in hulle


Download ppt "Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms."

Verwante presentaties


Ads door Google