Eritrea is een van die mees verdrukkende state ter wêreld. DIE #6 PLEK WAAR CHRISTENE DIE ERGSTE VERVOLGING ERVAAR Eritrea is een van die mees verdrukkende state ter wêreld. Alhoewel die Eritrese regering Christenskap erken, varieer die grade van vervolging volgens die kerkdenominasie. Buiten die Ortodokse Kerk, kan meeste gemeentes glad nie byeenkom nie. Honderde Christene is in 2017 gearresteer, en baie meer is steeds in die tronk. Party word selfs toegesluit in metaal vragskiphouers.
BID VIR ONS VERVOLGDE FAMILIE Bid dat die Eritrese Kerk sal intree vir hulle vervolgers – dat die Here hul harte sal verander. Bid dat die Christengevangenes geleenthede, asook die dapperheid, sal hê om Jesus met hulle tronkbewaarders te deel. Bid dat die Here leiers sal oprig om die skoene van die kerkleiers wat tans in die tronk is, vol te staan.