DIE #46 PLEK WAAR CHRISTENE DIE ERGSTE VERVOLGING ERVAAR Baie Christene word gedwing om hul geloof geheim te hou, weens groeiende Islamitiese ekstremisme in die land. Vervolging is die felste vir diegene wat Islam versaak. ʼn Bekeerling vanaf Islam word, volgens wet, die doodstraf opgelê indien die persoon nie binne drie dae hul nuwe geloof opsê nie. Om ʼn Christen te word, beteken meer as net sosiale verwerping – gelowiges verloor hul aansien, asook burgerskap.
BID VIR ONS VERVOLGDE FAMILIE Bid vir krag en beskerming vir diegene in Mauritanië wat in die tronk is of die doodstraf opgelê is weens hulle geloof. Bid dat Christene verwelkom sal word in gemeenskappe en toegang tot basiese behoeftes, soos water, kos en klere, sal verkry.