De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Verwante presentaties


Presentatie over: "Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde"— Transcript van de presentatie:

1 Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde
NG Kerk Wynberg 10 Augustus 2014

2 Verwelkoming van ons twee ringsverteenwoordigers
Johan Marx van Rondebosch Andries Steyn van Constantia

3 Waaroor gaan dit? Hoe die Belydenis van Belhar
op ’n kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag gemaak word

4 Wat is die Belydenisgrondslag?
Wat die kerk oor die leer van die Bybel bely Slegs een kriterium: Stem dit ooreen met wat die Bybel leer?

5 Besluitneming in ’n gees van
gebed onderskeiding van die wil van God wedersydse respek liefde

6 Hoe? op niemand afgedwing geen lidmaat word uitgesluit

7 Gewysig om so te lees: 1. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. 2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

8 2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ’n wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ’n belydenisskrif onderskryf nie.

9 Lidmate kan ja stem indien:
hulle oortuig is dat die Belydenis van Belhar klop met wat die Bybel oor versoening, eenheid en geregtigheid leer, en ruimte wil gee aan diegene wat nie hulle oortuiging deel nie; maar nie kans sien om dit as deel van die kerk se belydens te aanvaar nie en ruimte wil gee aan diegene wat dit wel as deel van die belydenis wil aanvaar;

10 hulle van mening is dat die Belydenis van Belhar nie klop met wat die Bybel oor versoening, eenheid en geregtigheid leer nie, maar ruimte wil gee aan diegene wat dit wel so wil aanvaar.

11 Lidmate kan nee stem indien
hulle die voorstel op grond van hul oortuigings onaanvaar vind; dit vir hulle ’n probleem is om ruimte te gee aan lidmate wat nie die Belydenis van Belhar wil aanvaar nie; dit vir hulle ’n probleem is om ruimte te gee aan lidmate wat wel die Belydenis van Belhar as deel van ons kerk belydenis wil aanvaar

12 Hoe werk die stemproses?
Stap 1: Die kerkraad kom vir ’n amptelike vergadering op 20 Augustus bymekaar om oor die volgende te besluit: 1.1 Wanneer hulle die proses in die gemeente wil laat plaasvind. 1.2 Of hulle die stemproses deur 1.2.1 ’n Gemeentevergadering, 1.2.2 In stembusse oor ’n tydperk van vier (4) weke, 1.2.3 Of deur beide ’n gemeentevergadering én stembusse wil laat plaasvind. 1.3 Hoe hulle die verifikasieproses* van lidmate wat stem, gaan hanteer.

13 Stap 2: Die kerkraad maak dan by hierdie vergadering of by ’n volgende vergadering ’n AANBEVELING wat aan die gemeente oorgedra word: JA vir die wysiging van Kerkorde artikel 1 of NEE indien hulle nie wil wysig nie. Stap 3: Die aanbeveling, plus hoe die stemming gaan plaasvind, word dan aan die gemeente bekend gemaak. 24 Augustus 31 Augustus 7 September, 14 September

14 Stap 4: Die stemming vind plaas by gemeentevergadering op Sondag, 21 September net na die 09:30 diens Slegs belydende lidmate van ons gemeente mag stem. Stap 5: Na die stemming word die stemme onder toesig van twee (2) lede van die ring getel Stap 6: Dan vergader die kerkraad weer om hul BESLUIT te neem Sondag, 21 September net na stemtelling

15 Stap 7: Die kerkraad se besluit word dan aan die gemeente bekend gemaak vir approbasie. (28 Sep en 5 Okt) Dit beteken nie dat die gemeente die kerkraad se besluit nou kan teenstaan indien dit van hulle s’n verskil nie. Approbasie is bloot ’n proses wat seker maak dat die kerkordelike proses korrek was. Stap 8: Indien geen beswaar teen die proses gemaak word nie, word die besluite van die gemeentelede en die kerkraad dan aan die ring gestuur.

16 Voorstel 1 Die Kerkraad besluit om die instemming van die gemeente te verkry vir die Kerkraad se voorstel dat die voorgestelde nuwe artikel 1 van die Kerkorde by die volgende kerkraadsvergadering GOEDGEKEUR word. JA vir die wysiging van Kerkorde artikel 1 of NEE indien ons dit nie wil wysig nie.

17 Voorstel 2 Die Kerkraad besluit dat die stemproses
deur ’n gemeentevergadering op 21 September 2014 net na die 09:30 erediens sal plaasvind


Download ppt "Wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde"

Verwante presentaties


Ads door Google