De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

RAMINGS.

Verwante presentaties


Presentatie over: "RAMINGS."— Transcript van de presentatie:

1 RAMINGS

2 Wat is ramings? ’n Straf vir die kerke? Die Admin Buro wat ons oorlaai? Nee! NEE!! Gelukkig nie! Dit is die fondse wat nodig is om gesamentlike werk waarop al die kerke in Algemene Sinode besluit het, uit te voer.

3 Ons het saam besluit om:
ons emerituspredikante en hulle afhanklikes te versorg (Sinode 1873). Want, gedring deur die liefde, wil ons graag ons emeriti behoorlik versorg.

4 Ons het saam besluit om:
ons eie predikante op te lei (Sinode 1869). Want ons wil Christus se roeping uitleef dat die evangelie verkondig word en die gereformeerde getuienis wêreldwyd uitgaan.

5 Ons het saam besluit om:
’n Administratiewe Buro te skep (Sinode 1930). Want ons wil mekaar ondersteun in finansiële en administratiewe sake, wat meewerk om Christus se kerk in die wêreld te wees.

6 Met elke Sinode besluit ons saam om:
weer in algemene sinode te vergader Want ons wil mekaar bystaan vir ons dienswerk in God se koninkryk. Saam wil ons na God se Woord luister om as sy kerk te lewe.

7 Met elke Sinode besluit ons saam om:
2. deputate aan te wys met sekere opdragte (Art 49 KO) Elke gemeente kan nie al die werk self doen nie. Namens al die kerke verrig deputate sekere take tot voordeel van al die kerke.

8 Met elke Sinode besluit ons saam om:
trustees aan te wys wat die Emeritaatsversorging, Predikante Pensioenfonds en Thusofonds bestuur. Ons wil mekaar help voorsiening maak, sodat ons predikante versorg is wanneer hulle emeriteer.

9 Met elke Sinode besluit ons saam om:
eiendomme te onderhou. Vir ons is die eiendomme bates wat ons kerke gesamentlik besit. Deur onderhoud bewaar ons ons bates.

10 Met elke Sinode besluit ons saam om:
ons historiese erfenis te bewaar (argief) Ons erfenis is vir ons kosbaar. Ons het ’n gesamentlike fasiliteit waarin elke kerk se geskiedenis bewaar word.

11 Al ons gesamentlike besluite en doelwitte vra geld om die besluite te kan uitvoer.
Uit elke rand ramings word soveel sent aan die volgende spandeer:

12 Die versorging van ons emeritus-predikante en hulle afhanklikes
Art 13 & 20 KO verwoord ons liefde vir ons emeriti: Art 13: As 'n bedienaar van die Woord ... onbekwaam word ... moet die kerk wat hy gedien het, hom in sy nooddruf eervol versorg . Art 20: By die afsterwe van 'n bedienaar ... moet die kerk wat hy gedien het of in die geval van 'n professor .... , die kerkverband, sy weduwee en wese eervol in hulle nooddruf versorg

13 Die versorging van ons emeritus-predikante en hulle afhanklikes
Een kerk alleen kan die volle rekening nie betaal nie. Ons doen dit saam en versorg ons huidige emeriti uit die emeritaats-versorgingstrust (EVT) Hierdie versorging vra 55 sent uit elke rand ramings. EVT is gemiddeld R 231 per lidmaat per jaar + R 100 EVT Medies.

14 Die versorging van ons emeritus-predikante en hulle afhanklikes
Ons versorg hulle tans so: R pm + 50% mediese fonds subisidie = R pm (bruto gemiddelde syfer) In 2015 versorg ons: 103 egpare 69 weduwees 10 wewenaars 4 kinders

15 Voorsiening vir opleiding van ons eie predikante.
Ons versorg 50% van 10 professore en 4 administratiewe personeel. Ons maak voorsiening vir leermateriaal. Ons hou toesig oor professore en studente (kuratore) Hierdie verantwoordelikhede vra 24 sent uit elke rand ramings of dan R 139 per lidmaat per jaar

16 Bestuur van die Administatiewe Buro (AdminBuro)
Die AdminBuro bestuur alle gemeenskaplike fondse. Die AdminBuro hanteer alle administrasie wat kerke gesamentlik raak. Die AdminBuro is verantwoordelik vir die verspreiding van alle boeke en tydskrifte. Die AdminBuro doen d.m.v. die Bestuur die instandhouding van alle gemeenskaplike eiendomme.

17 Bestuur van die Administatiewe Buro
Tans is daar 12 personeellede werksaam by die AdminBuro. Vir sy take benodig die AdminBuro 8 sent van elke rand ramings of R 50 per lidmaat per jaar.

18 Ander sake waaroor ons gesamentlik besluit het.
Vir die onderstaande behoeftes word uit elke rand ramings die volgende benodig: Algemene Sinode 9 sent (R 56) Kerkargief: sent (R 9) Thusofonds sent (R 12) Bybelvertaling 0 sent (R 2,35) NWU: sent (R 2,25)

19 Hoe word ramings bepaal? STAP 1
Die volgende stel elkeen begrotings op: Kuratore vir die teologiese opleiding Deputate vir die koste om die opdrag/te deur die Alg. Sinode gegee, te kan uitvoer. Trustees vir EVT en Thusofonds, vir eerbare versorging van emeriti. Die Bestuur van die AB vir die AB, skakelwerk, algemene sinode.

20 Hoe word ramings bepaal? STAP 2
Die Bestuur van die AB voeg al die begrotings saam. Die Bestuur van die AB neem vorige sinodes se besluite i.v.m. styging van ramings in ag. Die Bestuur oorweeg die geheelbeeld as totale begroting en kyk waar bespaar kan word. Die totaalsom word verdeel tussen die belydende lidmate = ramings (EVT op glyskaal)

21 Hoe word ramings bepaal?
Die Bestuur van die AB, het die verantwoordelikheid om te sorg dat die nodige fondse vir elke belangegroep beskikbaar is om hulle werk te kan doen. Die AB vorder die ramings in.

22 DIE goeie NUUS In samewerking met mekaar dra ons mekaar. As ons saamwerk, kan ons saam die las ligter maak. Ons spoor mekaar aan om R10,3 milj agterstallige ramings te betaal en DV volgende jaar kan die ramings verminder. Ons eer mekaar in uitvoering van besluite en doelwitte, en die Here gee sy seën.

23 Oop Deur Die Bestuur nooi u uit om te reageer, te vra, insette te lewer. Die Admin. Buro is vir u tot diens, ook om u te help met ramingsprobleme. Tel: /7 e-pos:


Download ppt "RAMINGS."

Verwante presentaties


Ads door Google