Word stil saam met Bergsig 18 Februarie 2015
Lectio Luister na God se Woord Ons staan stil by oomblikke uit die lewe van Jona.
Jona 1:17-2:10 17: Toe stuur die Here ‘n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag 1: Toe bid Jona daar binne –in die vistot die Here sy God. 5: Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai. Ek het afgesak tot y die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit.
7: Maar U, Here het my van die dood gered 7: Maar U, Here het my van die dood gered. Toe ek wou vergaan het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in U heilige tempel. 9b: “Hulp kom net van die Here af.” 10: Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.
Meditatio Jona bevind hom in ‘n krisis wat Hom oorweldig. In sy grootste krisis (wat sy eie toedoen is) draai hy na God. Na wie of wat draai jy in die krisis oomblikke in jou lewe? Is gebed tot God jou enigste antwoord. - In sy krisis word Jona oorweldig deur dit wat gebeur, maar sy geloof laat hom verby, bo-oor, die krisis kyk en vir God sien. Kyk jou geloof verby omstandighede in krisisse en sien jy God?
- Waar was God in Jona se krisis. Hy was heeltyd in beheer - Waar was God in Jona se krisis ? Hy was heeltyd in beheer. HY het die redding van Jona beplan. Terwyl Jona geworstel het was God in beheer. Hy het die vis voorsien. - God het in Jesus jou ingesluit in sy reddingsplan. In jou worstelinge is Hy in beheer. Bid in die Naam van Jesus en weet God is in beheer.
Bid in die Naam van Jesus vir alles wat op die oomblik in ons land gebeur. Lig jou geloofsoog verby die omstandighede en bid: “Laat U koninkryk kom.” Intersessie
Bid vir…. Hospitaal Medi-care Annetjie Richter (083 333 4356) Peglerae Annetjie Coetzee (072 829 6463) Pretoria Marietjie de Villiers (079 896 9818)
Algemeen Innige meegevoel Dankie Amanda Vets (083 289 2531) Ben Oosthuizen (082 421 1020) Corrie & Johannes (083 319 1166) Charmonique Möller (078 755 2202) Edu Steyn (072 204 2726) Esme Kock (082 804 7471) Jan & Joyce Venter (078 618 1824) Lien Brittz (014 592 5616) Lina Koekemoer (073 284 7279) Louis Trichart (081 472 9867) Nadine Joubert (076 529 8125) Sonja Dekker (082 850 6054) Susan Oosthuizen (084 863 6787) Susan Vermaak (072 636 3355) Dankie Natie Oberholzer (084 455 6634) Sonnette Strydom (084 083 0045) Maryna Marais (082 853 0064) Rynette Kruger (082 301 4246) Innige meegevoel Müller-familie met die afsterwe van tannie Hettie.
Doxa Openbaring 15:3 “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God , Almagtige. Reg en betroubaar is U optrede, Koning van die nasies.