De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter."— Transcript van de presentatie:

1

2 Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter Hom aan gekom omdat hulle die wondertekens gesien het wat Hy aan die siekes gedoen het. Jesus het toe teen die berg opgegaan en met sy dissipels daar gaan sit. Die paasfees van die Jode was naby.

3 Johannes 6 Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.

4 Johannes 6 Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” 'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: “Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?” Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.”

5 Johannes 6 Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels:

6 Johannes 6 “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.” Hulle het dit toe bymekaar gemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

7 Johannes 6 Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.

8 Johannes 6 Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.” Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur Hom lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.

9 Waarna honger jy?

10 Johannes 1:14 “En die Woord het vlees geword…” Johannes 6:53 “En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.”

11 Johannes 10:10 Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

12 Wat is brood vandag vir jou?
Wat het jy nodig om betekenisvol te kan leef?

13 Johannes 6 Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen. Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.”

14 Waar moet jy jou brood deel?
Hoe kan dit jou postuur teenoor lewe beïnvloed?

15 'n Lewe van oorvloed kan nooit 'n lewe in isolasie wees nie.
Het jy 'n community waar jy hierdie 'brood' kry en deel? Hoe kan jy 'n tree nader aan ander gee?

16 Is jy dalk besig om God se werk reg voor jou te mis?
Kan ons nuut kyk na die eenvoud, die brood, en die wonder raaksien?

17 Neem - Jesus neem wat jy bring.
Dank - Almal verenig voor God. Breek - Jesus verander dit wat ons bring. Gee - Dit wat verander is, is ons geskenk.

18


Download ppt "Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter."

Verwante presentaties


Ads door Google