De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus

Verwante presentaties


Presentatie over: "#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus"— Transcript van de presentatie:

1

2 #1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus
van Jesus se geboorte gebring het? Tip: Lukas 1:26 Antwoord: Gabriël

3 #2 Wie was die familielid van Maria, wat in dieselfde tyd as sy swanger geraak het? Tip: Lukas 1:36 Antwoord: Elisabet

4 #3 Watter keiser, het ‘n bevel uitgevaardig, dat ‘n
volkstelling gehou moes word? Tip: Lukas 2:1 Antwoord: Augustus

5 #4 Hoekom het Josef en Maria na Betlehem toe gegaan vir die volkstelling? Tip: Lukas 2:4 Antwoord: Josef was ‘n afstammeling van Dawid, en Betlehem was die stad van Dawid gewees.

6 #5 In watter dorp het Maria gebly? Tip: Lukas 1:26 Antwoord: Nasaret

7 #6 Maria het vir die engel gesê dat sy nie swanger kan wees nie, want sy het nog nooit omgang met ‘n man gehad nie. Wat het die engel haar geantwoord. Tip: Lukas 1:35 Antwoord: Die Heilige Gees sal oor haar kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in haar wek.

8 #7 Wat het vir Maria vir die engel, oor die nuus van Jesus se geboorte gesê? Tip: Lukas 1:38 Antwoord: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.

9 #8 Hoekom is Jesus in ‘n stal gebore? Tip: Lukas 2:7
Antwoord: Omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

10 #9 Aan wie is die goeie nuus van Jesus se geboorte eerste vertel?
Tip: Lukas 2:8-9 Antwoord: Skaapwagters

11 #10 Wat was die goeie nuus, wat die engel aan die skaapwagters vertel het? Tip: Lukas 2:11 Antwoord: Dat die Verlosser, Christus die Here, in die stad van Dawid gebore is

12 #11 Wat het die engele gesing, nadat die engel die nuus van Jesus se geboorte, aan die skaapwagters vertel het Tip: Lukas 2:14 Antwoord: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het.

13 #12 Wat het die skaapwagters, met die goeie nuus van Jesus se geboorte gedoen? Tip: Lukas 2:15 Antwoord: Hulle is na Betlehem om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan hulle bekend gemaak het.

14 #13 Josef, Maria se verloofde, wou die verlowing verbreek toe hy hoor dat sy swanger was. Hoekom het hy besluit om dit NIE te doen nie? Tip: Matteus 1:20-21 Antwoord: ‘n Engel van die Here het in ‘n droom aan hom verskyn, en vir hom gesê dat hy nie moet bang wees om met haar te trou nie, want dit is die Heilige Gees wat die lewe in haar verwek het.

15 #14 Wie was koning in Judea toe Jesus gebore is? Tip: Matteus 2:1
Antwoord: Herodes

16 #15 Hoe het die sterrekykers geweet van Jesus se geboorte?
Tip: Matteus 2:2 Antwoord: Hulle het Sy ster sien opkom.

17 #16 Vir wie het Herodes gevra waar Jesus gebore sou word?
Tip: Matteus 2:4 Antwoord: Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes

18 #17 Hoe het die priesterhoofde en skrifgeleerdes geweet waar Jesus gebore sou word? Tip: Matteus 2:5-6 Antwoord: Die profeet Miga het dit voorspel: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ‘n leier voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees”.

19 #18 Wat het Herodes vir die sterrekykers oor Jesus gesê?
Tip: Matteus 2:8 Antwoord: Hulle moes hom alles oor die Kindjie laat weet, want hy wou aan Hom hulde bewys

20 #19 Wat het die sterrekykers gelei tot op die plek waar Jesus was?
Tip: Matteus 2:9 Antwoord: Die ster wat hulle sien opkom het.

21 #20 Watter geskenke het die sterrekykers aan Jesus gegee?
Tip: Matteus 2:11 Antwoord: Goud, Wierook en Mirre

22 #21 Hoe weet ons dat Jesus en sy ouers nie meer in die stal was, toe die sterrekyker hulle kom besoek het nie? Tip: Matteus 2:11 Antwoord: Die teksvers sê dat hulle in die HUIS ingegaan het, en die kindjie saam met Maria, sy moeder gesien het.

23 #22 Hoekom is die sterrekykers nie terug na Herodes toe om hom van Jesus te vertel nie? Tip: Matteus 2:12 Antwoord: God het hulle in ‘n droom gewaarsku om nie na Herodes toe terug te gaan nie.

24 #23 Wat wou Herodes met Jesus gedoen het? Tip: Matteus 2:13c
Antwoord: Hy was van plan om Jesus dood te maak.

25 #24 Hoe weet ons dat Herodes van plan was om Jesus dood te maak?
Tip: Matteus 2:13a Antwoord: ‘n Engel van die Here het dit in ‘n droom aan Josef gesê.

26 #25 Waarheen het Jesus met Maria en Jesus gevlug? Tip: Matteus 2:14
Antwoord: Egipte

27 #26 Wat het agt dae na Jesus se geboorte met Hom gebeur?
Tip: Lukas 2:21 Antwoord: Hy is besny

28 #27 Wat moes met elke eersteling van die manlike geslag volgens die Wet van die Here gebeur? Tip: Lukas 2:23 Antwoord: Hulle moes vir die Here afgesonder Word.

29 #28 Wat was die reinigingsoffer, wat Josef en Maria volgens die voorskrif van die Wet van die Here moes bring? Tip: Lukas 2:24 Antwoord: ‘n Paar tortelduiwe of twee jong Duiwe.

30 #29 Wie was die man in die tempel, wat getrou aan die Here was, en uitgesien het na Jesus se koms? Tip: Lukas 2:25 Antwoord: Simeon

31 #30 Hoekom was Simeon so bly om Jesus te sien, en in sy arms te kon hou? Tip: Lukas 2:29-32 Antwoord: Omdat hy God se verlossing gesien het, wat Hy gereed gemaak het voor die oë van al die volke.


Download ppt "#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus"

Verwante presentaties


Ads door Google