De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?

Verwante presentaties


Presentatie over: "Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?"— Transcript van de presentatie:

1 Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?

2 Het ek maar nie daardie skuld aangegaan nie…

3 Ek wens ek kon my huwelik oorbegin.

4 Het ek tog nooit daardie eerste sigaret gevat nie.

5 Van môre af gaan ek minder eet en meer oefen! (of dalk oormôre, of….)

6 Ek is nou al so lank negatief oor my werk…

7 Tweede kanse 7 April 2013 Julle is in goeie geselskap

8 Het ek tog nooit vir daardie vrou gekyk nie!

9 Het ek liewer maar na Nineve gegaan...

10 Waarom het ek gesê ek ken Hom nie???
Ag, het ek tog saam met Hom gesterf...

11 Oeps! Ek het ernstig drooggemaak...
En daar is baie. Die Bybel is vol daarvan. Saggeus Die owerspelige vrou Nie alle mense kry 2e kanse nie…

12 Jona = duif seun van Amittai = waarheid uit Gat-Hefer = wynpers van die uitgrawing
Jona was ‘n werklike persoon. 2 Konings 14:25: Gat-Hefer in Galilea, 5km noord van Nasaret. Hy is egter ook ‘n simbool vir dié wat 2e kanse kry. Matt 12:40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

13 Simon = gehoor Petrus/Cefas = rots  seun van Jona Matt 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Gesalfde, die Seun van die lewende God. [17] Toe antwoord Jahsua en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

14 Joh 21:15 […] Jahsua [vra] vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Heer, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. [16] Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Heer, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. [17] Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Heer, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jahsua sê vir hom: Laat my skape wei.

15 Esau = grof/harig  ’n Onheilige Heb 12:16 Laat niemand [
Esau = grof/harig  ’n Onheilige Heb 12:16 Laat niemand [...] ’n onheilige [wees] soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. [17] Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer. (Gen 27:38 Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net een seën, my vader? Seën my ook, my vader! En Esau het sy stem verhef en geween.) Esau is iemand wat nie ‘n tweede kans kry nie. Die Skrif sê hy is ‘n onheilige. In teenstelling met ‘n seun van waarheid. Is Esau onheilig omdat hy sy eersgeboortereg geminag het? Of het hy dit geminag omdat hy onheilig is? Het hy berou gehad omdat hy van mening verander het? Of omdat hy nie die seëninge sou kry nie?

16 dieselfde ou trant Wat help ’n tweede kans as mens net op voortgaan?
Enkele punte om oor te besin Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

17 ’n nuwe kopkoers Moet Vader ons op ’n
Jona-langnaweek trakteer voordat ons ’n nuwe kopkoers sal inslaan? Moet ons deur ‘n egskeiding / siekte / bankrotskap / werkloosheid gaan voor ons die nodige nuwe besluit neem? Hoekom is ons so swak as ons WEET ons moet verander maar ons doen dit nog steeds nie? Hoe verander ons ons eie denke daadwerklik? Eseg 18:23 Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek Sy Majesteit Jahwe. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?


Download ppt "Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?"

Verwante presentaties


Ads door Google