De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

VENSTER OP DIE EWIGHEID.

Verwante presentaties


Presentatie over: "VENSTER OP DIE EWIGHEID."— Transcript van de presentatie:

1 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
1. Die heelal bevat baie baie dinge... VENSTER OP DIE EWIGHEID. 2. ‘n Groot deel daarvan is vir ons onsigbaar.. 3. ‘n Groot deel weet ons nie eers van nie.. 4. Ons kan ook nie die verband tussen al hierdie dinge sien nie 5. Net God wat die Skepper is van al die dinge kan ons duidelikheid gee. 6. God gee ons ‘n betroubare venster waardeur ons alle dinge kan bekyk : Die Bybel! 7. Net deur die Bybel sien ons dinge helder en in die korrekte verband !

2 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Joh 4:24 : God is gees, en dus vir ons onsienlik. Sien ook I Tim 1:17 God openbaar Homself in die natuur, maar dit is nie volledig nie. Sien Rom 1:20 , Ps 19:1-7 Geloof is noodsaaklik as ons God se dinge wil verstaan. Sien Heb 11:6 en Heb 4:2 God se heerlikheid is so oorweldigend dat geen mens Hom kan sien en bly lewe nie . Ex 33:18-23 Daar bestaan ook ander bo-menslike openbarings, maar dit is nie betroubaar nie Ons kan slegs dit van God weet wat Hy aan ons wil openbaar. Openbaring is dus noodsaaklik om God te ken. Die Woord van God is ons enigste betroubare openbaring van die sienlike en onsienlike dinge.

3 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Die Woord van God is nie ‘n gewone boek nie - dit is geestelik. Sien Joh 6:63 Die Bybel as Woord van God vertel van Christus die Woord van God. Sien Joh 5:39 & 40 Dit kan alleen so wees omdat die Skrifte geinspireer is. Inspirasie beteken : Deur God ingeadem. Sien 2 Tim 3:16 & 2 Pet 1:21 God se finale openbaring aan ons is in Christus, en daarom is Hy die Woord van God. Sien Joh 1:1, 14 en Heb 1:1 Ons glo aan die letterlike inspirasie van die Skrifte. Dit beteken dat God die skrywers van die Bybel deur die eeue heen gelei het om presies die woorde neer te skrywe wat Hy wou hê. Selfs as ‘n woord nie gebruik is nie, het God dit ook so bepaal met ‘n doel. Daarom is die Bybel ‘n eenheid en staan alle dele in ‘n verband met die sentrale tema : CHRISTUS. Inspirasie beteken dat God lig in die Skrif gedeponeer het en ons kan dit net verstaan as die Heilige Gees die lig vir ons openbaar.

4 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Inspirasie beteken dat God lig in die Skrif gedeponeer het en ons kan dit net verstaan as die Heilige Gees die lig vir ons openbaar. Die onwedergebore mens kan die openbaring van God nie verstaan nie. Sien 2 Kor 4:3 & 4 Die Woord het 3 betekenisse: - Letterlik - Moreel - Misties, geestelik Tog is geleerdheid nie nodig om die Woord van God te verstaan nie. Jes 66:2 Dit is nutteloos om net die letterlike en morele betekenisse te begryp. Die ware lig daarvan lê opgesluit in die geestelike betekenis, en die Heilige Gees moet dit vir ons openbaar. Die Woord van God moet geestelik beoordeel word. Lees 1 Kor 2:14,15 Wedergeboorte is dus belangrik as ons die Woord wil begryp. Ons glo dat die Woord onfeilbaar is, akkuraat en nog steeds toepaslik is vandag. (Matt 24:35)

5 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Wat is die verband tussen die Woord en die Kerk? Roomse siening : Die Kerk het die Woord daar gestel - Daarom kan die kerk (Pous) vandag nog “goddelike” uitsprake maak. Gereformeerde siening : Die Woord het die Kerk tot stand gebring - Daarom kan niks meer by die Woord gevoeg word nie. Die Woord word egter eers korrek begryp in wisselwerking met die Liggaam van Christus en die werking van die Heilige Gees. Sien dat 1 Joh 2:20 & 27 in die meervoud is. God se kinders verstaan en luister na die Woord: Joh 8:47; 1 Joh 4:6

6 VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Hoe moet ons die Woord in sy verband verstaan? - Die Ou Testament is die fondament van die Nuwe Testament - Die Nuwe Testament verklaar die Ou Testament Lees asb Joh 16 : Wat beteken dit ? - Die dissipels kon nie verstaan nie. - Hulle moes wag vir die Heilige Gees om vir hulle te openbaar - Die Heilige Gees het gekom - Die Sendbriewe verteenwoordig die tyd van die Heilige Gees - Die Evangelies verteenwoordig die tyd van Jesus (toe hulle alles nognie kon verstaan nie) - Die Sendbriewe moet dus die beginpunt wees om die Evangelies te verstaan, en die twee moet gebruik word om die Ou Testament te verstaan.


Download ppt "VENSTER OP DIE EWIGHEID."

Verwante presentaties


Ads door Google