De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Brande – As ek na ons berge kyk

Verwante presentaties


Presentatie over: "Brande – As ek na ons berge kyk"— Transcript van de presentatie:

1 Brande – As ek na ons berge kyk
Ons berge en veld is verwond en die roof is nog sag as nietige mens staar ek en kyk – en is verslae oor die natuur se krag. Ek kyk weer en weer na ons majestieuse berge: Vuurrooi strepe in die nag Rook-gevulde verwarring in die dag.

2 Is jy gereed om te ontruim Wat neem ek, wat los ek
Verwarring: Is jy gereed om te ontruim Wat neem ek, wat los ek Maar ek sien méér as net puin Gebede wat in nood voor God se troon neergelê word Mense wat saamstaan – mekaar help Moeë brandbestryders wat alles gee om verwoesting te keer

3 Wind wat draai Verligting wat kom Uitkoms Dankie Here Verbeel ek my of is dit roetbesmeerde trane wat ek sien afrol van die wange van ons berg? Huil, berg, huil … ja, dis erg.

4 Maar uit die swart en swaar en roet en as spruit daar weer hoop nuwe lewe In geloof vernuwe kan ek verder kyk en sien ek oor ‘n maand of drie nuwe gras en blom en riet fynbos soos net God dit bied. Genade onbeskryflik groot. As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

5 As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?


Download ppt "Brande – As ek na ons berge kyk"

Verwante presentaties


Ads door Google