Prediker: Ds. Schalk Scott GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 22 September 2013 Blok D aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott
Vandag Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag Deurkollekte gaan vir verdienstelike gevalle. Die bydraes in die Sendingbussie gaan vir sendingwerk in gevangenisse deur Kairos Bediening. Daar is nie vandag kategese, kleuterkerk of aanddiens nie. Daar is wel vanoggend tee na die diens.
Lief en Leed Dink asseblief in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was: Deon Lindemann van Rosemarylaan 14 en tannie Sannie Olivier, Lulu Lubbe van Monicalaan 4, se ma is ook baie siek en het ernstige voorbidding nodig. Beatrix Minnie van Murraypark 8 het ‘n rugoperasie ondergaan.
Verjaardae vandag en die week Naam Verjaar Wyk Adres Selfoon Pelser Melanie 09/22 F5 8Ste Laan 21 0825764425 Coetzee Anna 09/23 F6 Panorama Park 78 018-4064078 De Bruin Thys F3a Llewellens Place 3 0823392360 Loubser Pieter C2 Goudkoplaan 9 0825644878 Blaauw Vera 09/24 D6 Suzetlaan 16 0725190280 De Jager Rina D5 Suzetlaan 10 0834290778 Schoeman Christe 09/25 F4 Umvotistraat 27 0791309967 Nagel Sonique 09/26 G4 Williamsstraat 68 018-4686927 Pieters Amor G3a Marmerstraat 4 0846594389 Venter Hannes B5 Gerdastraat 3 0823880297 Wermuth Christa B2 Elviralaan 15 0833082535
Verjaardae vandag en die week Naam Verjaar Wyk Adres Selfoon Botma Bottie 09/27 F3a La Bondheur. 3 0828233088 Claassen Sanet B6 Lizaweg 32 0829772140 Scholtz Christo H2 Essenhoutstr 26 0734070503 Van Heerden Nita G3b La Casa Grandé 1 0827883304 Van Staden Niesa D1 Shirleylaan 16 018-4687899 Van Wyk Hannes C1 Hennalaan 5 0832828018 Wentzel Bianca C3 Ehlerslaan 10 018-4681183 Cronje Deon 09/28 F5 Dunnstraat 9 0828865990 Dicks Mossie A3 Smitstraat 66 018-4683381 Kleynhans Zelné E2 Greylingstraat 43 0715006150 Niemand Bernard C2 Goudkoplaan 1 0835579738
Ander sake Die kleingroep vir ouers met laerskool-kinders kom Maandagaand 18:30 in die kosistorie bymekaar. NUUT: Daar is ook nou Bybelskool Donderdagaand 19:00 by die kerk. Geen diens by Flamwood Landgoed eerskomende Vrydagoggend. Dienste hervat weer op 4 Oktober 2013. Bidgeleentheid: Ons bid saam op Sondae om 8h00 in die kuierkamer.
GEMEENTEFUNKSIE, VRYDAG 1 NOVEMBER 2013 " 'n Reis om die Wêreld" Ons beplan om 'n lekker gesellige gemeentefunksie aan te bied waartydens u sal kennis maak met verskeie lande se tradisionele kultuur en kosse. Tydens die vergadering gehou op 9 September was daar groot opgewondenheid en het gemeentelede reeds na vore getree as organiseerders van stalletjies wat die volgende lande gaan verteenwoordig:
Nederland – Ds Coenraad – 0827579308 Duitsland - Ezna van Jaarsveld – 0732677732 Mexico - Heinrich Wannenburg – 0722214169 Indië – Selgroep vir jongmense – Ds Schalk –0799806927 Griekeland – Margo de Jager – 0795007678 Kammaland – Lulu Lubbe – 0726665798 Wes-Kaap Wynroete – Kevin Smit, 083458306 en Johan Ferreira, 0826616438 Mozambiek – Isabel Roets, 0829201557, Susan Roos van Zyl 0832920876 en Ben Kleinhans 0834476183 Ierland – Ann Ebersohn 0720401695 Bybellande – voorlopig Margo de Jager 0795007678
Om hierdie funksie moontlik te maak, vra ons hulp met idees, voorstelle, beplanning en voorbereiding. Kom raak asb. betrokke en kontak die organiseerder waar u wil inskakel of bied uself aan met nog ‘n land!! Meer inligting sal volg. Hoof-organiseerder - Pieter Redelinghuys, Tel. 083 409 5343.
KOSH Hervormingsfees 27 Okt 2013 Al die KOSH gemeentes word genooi vir ’n spesiale byeenkoms op Sondag 27 Okt om 16h00 by Flimieda vir ’n gesamentlike Hervormingsfees. Dit gaan ’n fantastiese geleentheid wees! Daar gaan ’n massakoor optree. Die diens gaan die vorm van “woord en lied” wees en gaan die formaat van ’n sangdiens aan-neem. Dit begin met samesang reeds om 15h50.
Die diens eindig met ’n klimaks waar al die Belydenisklasse ’n verwerking van die Apostoliese Geloofsbelydenis in ’n spreekkoor gaan voordra. Dit word gevolg met die gemeente wat saam met die massakoor gaan sing. Om die massakoor daar te stel word elke gemeente gevra om 4 persone te stuur om deel uit te maak van die massakoor. As u lief is vir koorsang en graag wil deelneem aan hierdie massakoor, maak asb kontak met ons leraars.