De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef."— Transcript van de presentatie:

1 Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef.
Oktober 2018 Nuusbrief boodskap Romeine 12:1-2 En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Paulus het nou klaar verduidelik hoe groot God se genade is en wat God se vryspraak behels. Nou fokus hy op ons en die uitleef van ons Christenskap, maar altyd teen die agtergrond van God se groot ontferming. God se ontferming is die basis waarop Paulus alles vorentoe baseer. Hy verduidelik vir gelowiges wat God van hulle verwag. Dit wat nou volg, is nie 'n nuwe wet nie, maar die praktiese uitlewing van die nuwe lewe waarin ons saam met God opgestaan het. Die gedagte van offers kom al vanaf die Ou testament. Maar Jesus kom leer ons hoe om self die offer te wees. Jesus het himself geoffer, nou verwag hy da tons onsself offer. Om ‘n lewende offer te wees, beteken om jouself te gee, ons totale lewe. Om ‘n Heilige offer te wees, het te maak met die feit dat God ons in en deur Christus vir Hom eenkant gesit en afgesonder het om op Hom gerig te leef. Maar hoe doen ons dit? Ons word offers vir die God wat Homself in Christus vir ons geoffer het in die manier waarop ons teenoor ons naaste lewe. En ons doen dit deur ons lewens elke dag heelhartig tot beskikking van Christus te stel. Dit is ‘n oorhandiging van eienaarskap. Om God op in beheer van jou lewe te plaas beteken om jou hele lewe aan hom te wei, om jou gedagtes te laat vernuwe. ‘n Bekende filosoof het op ‘n keer gesê “Mens is wat jy dink”. As mens dan ook jou gedagtes al hoe meer op die dinge van God begin rig, sal jy al hoe meer kan begin onderskei wat God se wil is en wat vir Hom goed en volmaak is. Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef. Vra jouself af, is ek waarlik ‘n Lewende en Heilige offer vir God elke dag? Groete Ds Landi

2 ☺ MM Vuurwarm nuus uit Mootvallei… Mootie DEKADES VAN VROUWEES!
Die Mootvallei Mark is nog maandeliks aan die gang! Die volgende geleentheid is op 13 Oktober! Bespreek jou stalletjie betyds by die kerkkantoor of kom ondersteun die verkopers. ALMAL BAIE WELKOM! Senior LIDMAATBEDIENING Dagboek die volgende datums: “Lekker kuier en gratis ete” 20 Oktober 2018 Kersete Aksie afgetredenes 7 November 2018 Alle Senior lidmate is genooi en baie welkom! ♥Kom vier vrouwees op hierdie spesiale geleentheid♥ DEKADES VAN VROUWEES! DAMESOGGEND 13 OKTOBER 2018 R pp met heerlike verversings Mootie Onthou jul ons LAG-AAND verlede jaar??? Dagboek 23 Nov 2018 se spesiale geleentheid met: LIZZ MEIRING- MET ANDER WOORDE, Is ‘n slimsnaakse, energieke, warmhartige, vermaaklike, verbeeldingryke en oorspronklike nuwe eenvrouvertoning deur die multibekroonde akrise! MM


Download ppt "Ons moet elke dag die besluit neem om volgens God se wil te leef."

Verwante presentaties


Ads door Google