De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

6 November 2016 Navrae: Abrie Coetzee

Verwante presentaties


Presentatie over: "6 November 2016 Navrae: Abrie Coetzee"— Transcript van de presentatie:

1 6 November 2016 Navrae: Abrie Coetzee 0834593177
GEMEENTE TERUGVOER NA DIE FINANSIES WERKSESSIE MET DIE FOKUS OM ’N VOLHOUBARE INKOMSTE VIR DIE GEMEENTE TE BEWERKSTELLIG 6 November 2016 Navrae: Abrie Coetzee

2 DOEL VAN DIE TERUGVOER Om die gemeentelede te bedank vir hulle betrokkenheid by die werksessie en ook vordering met die implementering van voorstelle met die gemeente te kommunikeer.

3 INHOUD Agtergrond. Kommunikasie met gemeente. Voorstelle. Korttermyn.
Administratiewe Voorstelle. Besparings Voorstelle. Inkomste Aanvullings Voorstelle (Projekte). Mediumtermyn. Langtermyn. Pad Voorentoe.

4 AGTERGROND Die Finansies Taakgroep het die stand van finansies aan die kerkraad voorgehou waarna besluit was dat die gemeente ingelig moes word oor die finansieële stand van die gemeente. Die kerkraad het besluit om ‘n werksessie met die gemeente te hou om voorstelle te kry oor hoe om ‘n volhoubare inkomste vir die gemeente te bewerkstellig.

5 AGTERGROND ‘n Werksessie was gehou op 1 Sep 16 en die kerkraad het ‘n goeie opkoms van gemeentelede gehad met uitstekende insette. Die insette is gekategoriseer in kort – medium – en langtermyn voorstelle.

6 AGTERGROND Die sukses van die proses is om koördineerders vir die verskillende voorstelle uit die gemeente te kry wie die drywer in die uitvoering daarvan sal wees. Daardie koördineerder sal deur die kerkraad bygestaan word met addisionele hulp uit die gemeente. Die detail beplanning vir die spesifieke voorstel moet nog gedoen word.

7 AGTERGROND Dit word voorsien dat hierdie projekte in die kort – medium – en langtermyn geïmplimenteer sal word. Die status van die verskillende voorstelle word nou aan die gemeente voorgehou om die kerkraad by te staan met die implimentering.

8 KOMMUNIKASIE VOORSTELLE
Stel ‘n doelwit op om inkomste te verbeter en maak dit Sondae sigbaar op ‘n grafiek. Kommunikeer resultate maandeliks met die gemeente. Verbeter kommunikasie deur gebruik te maak van sosiale media. Hou ’n jaarlikse gedenkdiens om gedenktuin te bemark.

9 KOMMUNIKASIE VOORSTELLE
Kommunikeer hierdie lys van voorstelle om inkomste te verbeter met die gemeente en kry inkoop en betrokkenheid by almal in die gemeente. Bo en behalwe al die gemeente aktiwiteite stel ‘n plan op om maandeliks en/of ander verkope of aktiwiteit in die gemeente te hou om inkomste aan te vul.

10 KOMMUNIKASIE VOORSTELLE
Ons moet ‘n plan maak om jongmense in die gemeente te akkomodeer. Verwelkom mense by die deure, leer mekaar ken en bou so verhoudings.

11 KORT TERMYN ADMINISTRATIEWE VOORSTELLE
Kry gemeente databasis op datum. Stel ‘n plan op om dan die werklike lidmate te besoek en te aktiveer. Reeds begin: Joseph Kidson het ‘n persoon by sy werk geïdentifiseer om dit te doen. Verbeter en bevorder die kommunikasie en deelname van gemeentelede deur die regte inligting, behoefte of uitdagings gereeld met gemeente te kommunikeer. .

12 KORTTERMYN ADMINISTRATIEWE VOORSTELLE
Implimenteer Zapper (Elektroniese Betaal Stelsel) om kontant inbetalings se kostes te verminder en minder kontant by die kerkkantoor te hanteer. Ondersoek die moontlikheid om met ander NG gemeentes saam te werk om inkomste te verhoog.

13 KORTTERMYN BESPARINGS VOORSTELLE
Beperk water en ligte uitgawes op die kerkterrein en pastorieë. Beperk telefoon uitgawes. Ondersoek besparing op kontant depositos en ander prosesse om bankkoste te verminder.

14 KORTTERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Indentifiseer gebou instandhouding projekte om fondse voor in te samel. Moontlike projekte: Nagmaal ete. Wegneem etes Vrydagaande. Implimentering van ‘n tuin dromdiens vir die kerk. Uithuur van gasbraaier en verkoop van Jaffels by die kerk.

15 KORTTERMYN INKOMSTE PROJEKTE Moontlike projekte:
Gemeentelede maak poeding en verkoop op Sondae. Saterdagoggend ontbyt en gasspeker. Stel ‘n gemeente resepteboek op en verkoop vir addisionel inkomste. Wit olifant vandisie op die kerkterrein en ‘n % van inkomste uit verkope.

16 KORTTERMYN INKOMSTE PROJEKTE Moontlike projekte:
Hou ‘n biltong aand met ‘n gasspreker en dalk ’n modeparade wat mans kan doen. Verkoop Braaihout vir ‘n gemeente inkomste (Ds Ernest).

17 KORTTERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Hersien die inkomste uit verhuring van geboue by die kerk en die Boma . Verseker dat inkomste met uitverhuring meer markverwant is.

18 MEDIUM TERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Bemark die konsep van testamente nalating as ’n gemeente inkomste. Moedig gemeente aan om ook gedeeltes van hulle bonusse as ‘n addisionele bydra te gee. Ondersoek ’n inkomste uit versekering verwysings kommissie (Makelaars): Lewens versekering verwysing 1 paaiement kommissie. Korttermyn versekering ‘n % per maand solank die versekering aktief is.

19 MEDIUM TERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Koopkrag – onderhandel met ketting winkels om % inkomste van gemeente lede vir die kerk te gee. Verkoop kos en koeldrank by die Ark vandisie een Saterdag per kwartaal. Vorm deel van gemeentes wat kosverkope doen by Montana Hoërskool tydens musiek feeste.

20 MEDIUM TERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Skep ‘n vernnootskap met ”plaas gemeentes”om ‘n afset vir hulle plaas produkte te bied teen ‘n kommisie. Verf ’n toetsbaan en verskaf toerusting (paaltjies) vir bestuurderlisensie oefening op kerkterrein en vra huur daarvoor.

21 LANG TERMYN INKOMSTE PROJEKTE
Oorweeg ‘n huis subsidie vir die leraars en sloop die pastorie om addisonele behuising vir die kerk te verskaf en sodoende ‘n volhoubare inkomste te genereer. Oorweeg om nog grond aan te koop en sodoende woonstelle te bou vir verhuring.

22 PAD VOORENTOE Bid asseblief vir ’n uitkoms om finansieël volhou baar te wees. Indien daar iemand is wie kans sien om een van die voorstelle te implimenteer kontak asseblief een van die predikante of my om die voorstel te vat en te implimenteer. Indien u ander voorstelle het gee dit asseblief deur sodat ons dit op die lys kan byvoeg.

23 PAD VOORENTOE Die kerkraad kan nie alleen hierdie proses bedryf nie.
Ons het die gemeente nodig om deel te wees van hierdie plan. Bid asseblief vir ’n uitkoms om finansieël volhou baar te wees.

24 U kan my ook kontak en ek kan dit vir u e-pos
BAIE DANKIE Ons sal hierdie aanbieding op die kerk se web-blad plaas vir maklike verwysing U kan my ook kontak en ek kan dit vir u e-pos


Download ppt "6 November 2016 Navrae: Abrie Coetzee"

Verwante presentaties


Ads door Google