De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Onderwerp 10 Die entrepreneur

Verwante presentaties


Presentatie over: "Onderwerp 10 Die entrepreneur"— Transcript van de presentatie:

1 Onderwerp 10 Die entrepreneur Wat gaan ons leer? • definisie van ’n entrepreneur • eienskappe van ’n entrepreneur • vaardighede van ’n entrepreneur • entrepreneursaksies van koop, verkoop, produseer en die maak van ’n wins

2 1. Definisie van ‘n entrepreneur
= ’n persoon met ’n besigheids idee, wat dan daarin belê, dit organiseer en die besigheid bedryf om daardie idee te verkoop en ‘n wins te maak. - is noodsaaklik vir ekonomiese groei - hulle verdien geld uit hulle idees - neem gewoonlik ’n risiko om dit te doen - Die meeste entrepreneurs bedryf klein, medium of mikro-ondernemings (KMMO’s).

3 - verskaf gewoonlik die kapitaal vir hulle ondernemings - het ’n baie positiewe uitkyk - is innoveerders a) Redes: - mense kan nie werk kry nie - voel dat die werk wat hulle het nie vir hulle genoeg geld betaal nie - hulle werkstoestande is swak - hulle werk is vervelig - hulle hou nie daarvan om vir iemand anders te werk nie

4 2. Eienskappe van ‘n entrepreneur
✓ Neem risiko’s ✓ Het selfvertroue ✓ Is energiek ✓ Is ’n kreatiewe denker ✓ Is nuuskierig ✓ Kan goed beplan ✓ Soek na goeie geleenthede ✓ Het ’n visie van sukses ✓ Is verantwoordelik ✓ Is vindingryk ✓ Het kontak met mense wat ✓ Dink krities oor uitdagings soos hulle dink en wat ✓ Toets nuwe idees hulle kan help ✓ Is dapper ✓ Het ’n goeie verbeelding ✓ Het baie energie vir al die lang ure wat hy of sy moet werk ✓ Geniet dit om saam met mense te wees ✓ Wil ander dien ✓ Gee nooit moed op nie! ✓ Werk hard

5 3. Vaardighede van ‘n entrepreneur
• kreatiewe denke • beplanning • soek geleenthede • vindingrykheid • kritiese denke • organiseer dinge goed

6 4. Entrepreneursaksies Entrepreneurskap behels die gebruik van innovasie omdat jy as entrepreneur: 1. iets nuuts en nuttigs moet kry om te verskaf of te verkoop 2. dinge anders moet doen Om as ’n entrepreneur geld te maak, moet jy: • goedere of grondstowwe koop • goedere produseer • jou goedere of dienste verkoop • ’n wins maak. Innovasie = ‘n nuwe idee of manier om iets te doen.

7 a) Koop goedere of grondstowwe - goedere aankoop om net so te verkoop - grondstowwe koop wat hulle kan gebruik om hul eie produkte te maak - koop teen ’n prys wat laag genoeg is sodat hulle dit teen ’n wins kan verkoop - seker maak dat hulle goedere en grondstowwe van ’n hoë gehalte koop

8 b) Produseer goedere - moet ‘n produksieproses opstel wat vinnig en doeltreffend is en wat vermorsing tot die minimum beperk. - moet meer tyd daaraan bestee om die goedere te verkoop as om dit te maak. - moet sekere maak dat die regte hoeveelheid goedere produseer word

9 c) Verkoop jou goedere en dienste - moet ’n behoefte of begeerte identifiseer - moet ook weet wie jou mededingers is d) Maak wins - belangrikste oogmerk van enige besigheid - wanneer ’n besigheid ’n produk of diens verkoop vir meer geld as wat dit kos om daardie produk of diens te produseer en te verkoop Marknavorsing =navorsing wat behels dat jy vir jou teikenmark vra wat hulle wil hê.


Download ppt "Onderwerp 10 Die entrepreneur"

Verwante presentaties


Ads door Google