De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Begin ‘n besigheid Onderwerp 11

Verwante presentaties


Presentatie over: "Begin ‘n besigheid Onderwerp 11"— Transcript van de presentatie:

1 Begin ‘n besigheid Onderwerp 11
Wat gaan ons leer? • klante se behoeftes en begeertes • ontleding van sterk punte • die stel van doelwitte • die bereiking van doelwitte • die konsep van advertensies • media wat in advertensies gebruik word • beginsels van advertering • ’n begroting vir Entrepreneursdag • die gebruik van herwonne materiaal; eenvoudige koste-berekening – veranderlike koste, vaste koste, verkoopsprys

2 1. Klante se behoeftes en begeertes
- jy moet seker maak dat klante jou produk of diens nodig het of wil hê voor jy ’n besigheid begin - mense se behoeftes en begeertes het ’n invloed op hoe hulle hul geld bestee - teikenmark = beste mense om jou goedere en dienste te koop en te gebruik. - besigheid sal slegs suksesvol wees as dit hierdie behoeftes en begeertes bevredig. Teikenmark = ‘n groep kliënte waarop ‘n besigheid sy bemarkingspogings en uiteindelik sy goedere en dienste rig

3 Voorbeelde van verbruikersbehoeftes is:
• Brandstof vir die verhitting van huise in baie koue klimate • Mediese voorraad soos insulien vir diabete • Basiese voedsels Verbruikersbegeertes sluit luukse items in: Juweliersware Luukse motors Luukse huise

4 S S G B 2. SWOT-analise terk punte wak punte eleenthede edreigings
As daar meer sterk punte en geleenthede is as bedreigings en swak punte, het die besigheid ‘n goeie kans om suksesvol te wees. G eleenthede B edreigings

5 3. Stel en bereik doelwitte
- ondernemings het ook korttermyn-, mediumtermyn- en langtermyn-doelstellings nodig om suksesvol te wees. S M A R T Spesifiek Meetbaar Bereikbaar Realisties Tydsgebonde

6 4. Die konsep van advertering
- belangrike instrument vir bemarking - om mense te kry om jou goedere en dienste te koop - boodskap aan mense wat hulle oorreed om jou goedere of dienste te koop

7 5. Media wat vir advertensies gebruik word.
- die maniere waarop besighede hulle advertensieboodskappe oordra televisie radio aanlynadvertensies groot advertensieborde tydskrifte koerante webtuistes teksboodskappe Massamedia = advertensies wat op groot getalle mense gerig is en groot getalle bereik.

8 6. Beginsels van advertering
- advertensieboodskap moet doeltreffend en duidelik wees. Plek die produk moet op die regte plek beskikbaar wees vir mense om dit te koop. Prys die produk of diens moet teen die regte prys aangebied word. Produk dit wat jy verkoop, moet ’n verbruiker se behoeftes of begeertes bevredig. Promosie die produk was goed genoeg geadverteer.

9 7. Die gebruik van herwonne materiaal
- herwonne: iets wat reeds gebruik was en verander is sodat dit weer gebruik kan word - volhoubaar: om natuurlike of herwonne produkte op so ’n manier te gebruik dat dit nie die omgewing benadeel nie - hoe meer herwonne materiaal jy gebruik, hoe minder materiaal hoef jy te koop. - dit verlaag totale uitgawes = meer wins maak

10 8. Eenvoudige kosteberekening
a) Vaste kostes - die kostes betrokke by die produksie van goedere wat nie verander nie, ongeag hoeveel goedere geproduseer word b) Veranderlike kostes - die kostes wat verander volgens die hoeveelheid goedere wat ’n besigheid produseer Totale koste om ‘n item te maak = vaste kostes – veranderlike koste

11 c) Verkoopprys - die prys waarteen ’n besigheid goedere verkoop
c) Verkoopprys - die prys waarteen ’n besigheid goedere verkoop. d) Winsmarge - die koste wat jy by ’n produk se kosprys voeg om wins te maak Verkoopsprys = kosprys + winsmarge Dit is ‘n onetiese besigheidspraktyk om jou winsmarge op die verkoopprys te merk, op items wat reeds te duur is.


Download ppt "Begin ‘n besigheid Onderwerp 11"

Verwante presentaties


Ads door Google