De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Onderwerp 3 Goedere en dienste

Verwante presentaties


Presentatie over: "Onderwerp 3 Goedere en dienste"— Transcript van de presentatie:

1 Onderwerp 3 Goedere en dienste Waarvan gaan ons leer? • goedere en dienste • voorbeelde van goedere en dienste • produsente en verbruikers • die rol van huishoudings as produsente en verbruikers • die doeltreffende en doelmatige gebruik van goedere en dienste • hoe om goedere te herwin en te hergebruik om begeertes en behoeftes te bevredig

2 Inleiding Goedere - artikels wat ’n mens kan sien en kan aanraak, Dienste - dinge wat ander mense doen om jou te help en wat nie gesien of aangeraak kan word nie.

3 Sektor = ‘n gedeelte of segment van iets
Besigheidsektore Primêre Sekondêre Tersiêre Sektor = ‘n gedeelte of segment van iets

4 1. Primêre sektor - Eerste laag van die ekonomie. - Natuurlike hulpbronne word direk in hierdie sektor gebruik. - Produseer grondstowwe wat net so gebruik word of wat na die sekondêre sektor gestuur word om goedere te produseer. - Prosessering of verpakking van grondstowwe.

5 Tasbaar = iets wat ‘n mens kan sien en kan aanraak.
2. Sekondêre sektor - Dit is nywerhede. - Die tweede laag van die ekonomie. - Gebruik grondstowwe van die primêre sektor om goed te vervaardig wat mense kan gebruik. - Hierdie besighede produseer tasbare goedere. Tasbaar = iets wat ‘n mens kan sien en kan aanraak.

6 3. Tersiêre sektor - Die derde vlak van die ekonomie. - Mense bied goedere wat in die sekondêre sektor geproduseer is of dienste vir die algemene publiek aan in hierdie sektor. - Die tersiêre sektor het produkte van die primêre sektor nodig.

7 Om saam te vat Besighede in die primêre sektor ontgun of prosesseer die grondstowwe direk, besighede in die sekondêre sektor gebruik grondstowwe om goedere te vervaardig en besighede in die tersiêre sektor lewer dienste.

8 Produsente en verbruikers
Produsente = mense wat hulpbronne gebruik om goedere te maak of dienste te lewer. Verbruikers = mense wat goedere en dienste koop of gebruik. Produsent Verbruiker

9 Die rol van huishoudings as produsente en verbruikers
- Die verdeling tussen produsente en verbruikers is nie altyd duidelik nie. - Mense is produsente sowel as verbruikers. - Hulle gebruik hulle hulpbronne om goedere en dienste te produseer, maar hulle verbruik die goedere en dienste wat ander produseer. - Huishoudings koop en verbruik goedere en dienste. Huishouding = ‘n plek waar een of meer mense leef, eet, slaap en kinders grootmaak.

10 - Hulle produseer ook goedere en dienste deur hulle arbeid in ruil vir inkomste te verkoop. - Hulle word dus die basiese eenheid van ekonomiese produksie en verbruik genoem. - Huishoudings is ’n belangrike deel van die ekonomie, saam met besighede.

11 Gebruik goedere en dienste doeltreffend en doelmatig
- om seker te maak dat die hulpbronne wat ons gebruik om goedere te produseer, verantwoordelik gebruik word. - Goedere wat deur huishoudings verbruik word, is hoofsaaklik verbruikersgoedere. - Verbruikersgoedere is goedere wat besighede vir die massamark vervaardig. Massamark = die mark vir goedere wat in groot hoeveelhede geproduseer word.

12 Hergebruik en herwin goedere om behoeftes en begeertes te bevredig
- Vervaardigers gebruik waardevolle hulpbronne om verbruikersgoedere te produseer. - Baie van hierdie hulpbronne kan nie vervang word nie. - Fabrieke stel kweekhuisgasse vry en verpakkingsmateriaal wat nie herwin word nie, skep tonne afval. Kweekhuisgasse = gasse wat hitte in die aarde se atmosfeer vasvang veroorsaak dat die temperature regoor die wêreld styg


Download ppt "Onderwerp 3 Goedere en dienste"

Verwante presentaties


Ads door Google