Voorbereide Toespraak

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
KONTAK Theo de Jager bl. 51.
Advertisements

Sommige predikers beweer die 10 gebooie is teen die
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
DIE LIGGAAM VAN JAHSHUA.
Begin deur vir leerders te vertel dat hierdie die inhoud van twee verskillende gesinne se asblikke is. Vra vrae oor die verskillende gesinne. BV: In watter.
Omdat.
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
“Gaan dan heen”.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Kopiereg.
BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK – Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak.
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Hartlik welkom in die Erediens!
Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
Navorsingsiklus Vraagstelling Die stappe is as volg: Beplanning
KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Rom.6: en :
MA.
Brief Fernel A. Abrahams.
2 Timoteus 1:1-7 Elkeen is deur God gestuur
Joh. 14: :
Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
AANBIDDING. AANBIDDING Definisies van aanbidding: Vereering, baie lief hê, bewondering (HAT) Eerbetoning, hulde te bring, hoogagting, ontsag, fisiese.
Gaan dan heen. Gaan in vrede. My kind gaan doen - wat Ek van jou vra:
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
JEUG Wat kan en moet ons doen as ons ons jeug vir die kerk en die evangelie wil behou? Wes-en-Suid-Kaap Sinode 2015.
Klou vas aan die Woord Maar deel uit die vrug.
Bekering.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
Moet die Tien Gebooie vandag steeds nagekom en eerbiedig word ?
God het nie witbroodjies nie!
Afhanklikheid van God.
Welkom by die Kategese 6 Mei 2018.
Welkom, Leiers!.
Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Hartlik welkom in die Erediens!
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
Ef. 4: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle.
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Die skryfproses Afrikaans sonder Grense (graad 8) bl. 12
Selfdegeslagverhoudings
Skryforiëntering Wat jy nodig het om NOU te weet sodat jy IN DIE TOEKOMS dit kan reg doen. (c) M. Swanepoel 2010.
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
LO Kwartaal 1 Graad 10.
Visionerings-oefening vir groepe(7min)
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Voorbereide Toespraak Taak 5

1. Wenke: Jou toespraak kan: * Vermaak (humoristiese uitbeelding) * Inlig (feitelike, met navorsing) * Oortuig (beredenerend/argumenterend) * Inspireer (sielsboodskap) Jy mag as: *Individu OF *Besprekingspaneel OF *Groep met beurtspraak, optree.

Toesprake wat in geheel afgelees word, kan nie as MONDELING tel nie. Skryf jou toespraak uit. Som jou hoofgedagtes nou op kaartjies op, sodat jy slegs daarna hoef te kyk. Toesprake wat in geheel afgelees word, kan nie as MONDELING tel nie. Bewaar die toespraak vir die portefeulje!

2. Riglyne: 1. Onderstreep die kernwoorde in die toespraak en maak seker dat jy weet wat elkeen beteken. 2. Hou die kaartjies met hoofpunte byderhand. 3. Besluit op jou benadering: Wil jy inlig, amuseer, inspireer of oortuig? 4. Besluit hoe jy wil begin, sodat jy onmiddellik die gehoor betrek.

5. Laat die onderwerp by jou ervaringswêreld aansluit. 6. Skryf jou hele toespraak uit en maak seker dat jy ‘n: * Inleiding: (belangstelling prikkel) * Middel: (3 punte met bewyse) * Slot: (die indruk wat jy by die gehoor laat) het. 7. Maak seker dat ‘n duidelike tema soos ‘n goue draad deur die praatjie loop. 8. Kies ‘n styl en taalregister wat by jou persoonlikheid en onderwerp pas.

9. Verwys na ‘n verskeidenheid bronne en gee erkenning aan ander persone se insigte. 10. Dink aan hoe jy jou stellings met bewyse gaan staaf. 11. Waak teen onnodige herhalings en clichés (afgesaagde uitdrukkings). 12. Praat harder en sagter vir spesiale effek. 13. Praat teen ‘n normale tempo, sodat mense kan inneem wat jy sê. 14. Gebruik pouses om jou woorde te laat insink en die gehoor kans te gee om jou woorde in te neem.

15. Gebruik ‘n natuurlike stemtoon. 16. Vermy stopwoorde soos: * oukei * wel * nou ja!! 17. Gebruik gepaste aanspreekvorme soos: * Dames en Here * Medeleerders * Klasmaats ens. 18. Gebruik gepaste woordeskat en taalstrukture. 19. Maak oogkontak met die gehoor en moenie jou toespraak aflees nie.

20. Gebruik jou aantekeninge of kaartjies onopsigtelik. 21. Span humor in om jou toespraak interessant te maak, maar vermy onvanpaste grappe. 22. Gebruik emotiewe en oorredingstaal, waar dit gepas is. 23. Retoriese vrae en effektiewe herhalings kan as beklemtoningsmiddele gebruik word. 24. Maak slegs van oudio-visuele hulpmiddele gebruik as dit werklik jou toespraak verryk. 25. Die woorde en kontak met die gehoor is die belangrikste.

Voorskrifte Jou mondeling moet so ongeveer twee minute lank wees. Wees vanaf die tweede/derde week in die 2de Kwartaal gereed. Die onderwerpe wat volg is riglyne. Jy kan dit interpreteer/aanpas/varieer soos jy of jou groep dit wil hê!!

Onderwerpe: 1. Ons vernietig ons aarde 2. Ekologiese probleme 3. Natuurbewaring 4. Blikkies en bottels... (kan ook na drinkgoed verwys) 5. Leefstylsiektes 6. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees 7. Ek moet vir Hansie en Grietjie kos gee... 8. Wenke vir ‘n gesonde leefstyl

9. Ek kom by ‘n lekkergoedhuisie aan 10. Wenke vir gesonde gesinsverhoudinge 11. Die mens is altyd iewers ‘n BEGINNER 12. Kunstegnieke 13. Wat jou kunswerke van jou vertel... 14. Kleure, kleure, kleure 15. My gunsteling kunstenaar/musikant/skrywer/sjef/tv-aanbieder 16. Liefdesverhoudings 17. As jy weer vir my skryf, vra ek... 18. Dissipline 19. Waarom ek van tegnologie in die klaskamer hou

20. Sosiale media 21. Ons moet sonder “slotte” lewe, maar... 22. Fossiele/oerdiere/interessante spesies 23. Die beste fliek ooit 24. Opspraakwekkende hofsaak/hofsake 25. Dossier van ‘n baasspeurder 26. Die pad na my hart 27. ‘n Klip uit die pad uit gerol vir iemand 28. Klip/wolke/sand/water/... 29. Wetenskap... 30. In hierdie persoon se voetspore wil ek volg 31. Malherbe en Totius was die Onderwyser se helde. Wie is myne?

*32. Moet ons so baie name in Suid-Afrika verander? *33. Dit is nou werklik snaaks *34. Raad vir... *35. Kieme *36. Nie om dowe neute nie *37. Die môrestond het goud in die mond *38. Maak ons nie berge van molshope nie? *39. Ek kon my hare uit my kop uit trek *40. Geld wat stom is, maak reg wat krom is