De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan

Verwante presentaties


Presentatie over: "Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan"— Transcript van de presentatie:

1 Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan
Behandel met respek Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan

2 1. Aandag Kry eers die persoon se aandag voordat jy begin kommunikeer.
Oogkontak Wuif Raak aan persoon se skouer

3 2. Bly in persoon se visie Probeer om op dieselde hoogte as die persoon te wees. Sit as hy/sy sit Staan as hy/sy staan. Staan effens weg, sodat die persoon jou duidelik kan sien. Maak seker daar is genoeg lig vir die persoon om jou te kan sien. Wanneer julle buite staan, maak seker die son wys na jou gesig sodat die skadu nie die persoon se sig belemmer nie.

4 3. Praat met normale stemtoon
Moenie skree nie –behou die vorming van woorde so natuurlik moontlik . Hardhorende persone–moenie te hard praat dat jy die persoon ongemaklik laat voel nie. Onthou nie alle Dowe of Hardhorende persone kan liplees nie.

5 4. Behou oogkontak Onthou –kommunikeer deur jou gesigsuitdrukkings
-maak gebruik van jou gesig om die boodskap duidelik oor te dra. Verwyder alle items soos sonbrille om jou gesig duidelik te maak.

6 6. Wees beleefd Toon respek wanneer daar Dowe of Hardhorende persone naby is. Probeer om met die persoon te kommunikeer indien nodig. Wanneer jy met ‘n Dowe persoon kommunikeer -behou oogkontak -vermy dinge wat jou aandag kan aftrek. -stel Dowe persoon in kennis wanneer bv. ‘n ander persoon binnekom, of aan die deur klop. Moenie kougom kou en praat met die Dowe persoon nie.

7 Leer ‘n paar basies gebare
8. Leer Gebaretaal aan Gebaretaal is ‘n visuele taal, wat Dowe en Hardhorende persone gebruik om betekenis en boodskappe oor te dra. Gebaretaal is ook ‘n volledige taal met sy eie grammatika –Morfologie, Fonologie, Sintaks, Pragmatiek en Semantiek. Leer ‘n paar basies gebare


Download ppt "Maniere om met Dowe en Hardhorende persone om te gaan"

Verwante presentaties


Ads door Google