De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING

Verwante presentaties


Presentatie over: "KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING"— Transcript van de presentatie:

1 KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING
NASIONALE ORIËNTERINGSWERKSWINKEL VIR TALE Metodologie Sessie 3.3: Inhoud: Skryf en aanbied GRAAD 11 2012

2 Skryf en aanbied

3 SKRYF en AANBIED Opstelle Verhalend Beskrywend Beredeneerd Bepiegelend
Argumenterend Aantal woorde vir graad 11: HT: – 400 woorde EAT: 200 – 250 woorde TAT: 180 – 200 woorde KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

4 se inleiding stel karakters en agtergrond bekend.
Die verhalende opstel ʼn Verhalende opstel … Doel: om te vermaak vertel ʼn storie. se inleiding stel karakters en agtergrond bekend. het gebeure wat die spanningslyn skep. het ʼn afloop. het ʼn oplossing. het ʼn samevatting. 1. 2. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

5 Skryf in die eerste of derde persoon.
TAALKENMERKE van die verhalende opstel Skryf in die eerste of derde persoon. Gebruik gewoonlik die verlede tyd, maar baie skrywers gebruik die teenwoordige tyd om ʼn gevoel van die hede te skep. Beskryf opeenvolgende gebeure. Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg in die môre, later, ens. Gebruik die direkte rede om ʼn gevoel van die hede te skep; indirekte rede indien jy afstand tussen die leser en die karakter wil skep. Gebruik beskrywende woorde en frases waar nodig: bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

6 Wat is die sleutelwoorde wat aandui dat hierdie verhalende skryfopdragte is?
Jy en jou maat ontdek ʼn groot boks wat gemerk is “Moenie oopmaak nie.” Jou vriend wil die boks oopmaak. Skryf ʼn verhaal oor wat volgende gebeur. Vertel oor ʼn tyd toe jy ʼn groot fout gemaak het. Jy en jou hond het ʼn ent gaan stap en verdwaal. Vertel wat volgende gebeur. Let op die woorde: Skryf ʼn verhaal of Vertel van ʼn tyd, of Vertel wat volgende gebeur. 6 KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

7 Die beskrywende opstel
Doel: om iets lewendigs te beskryf ʼn beskrywende opstel … beskryf wat die skrywer sien, hoor, ruik, raak en proe d.m.v. sintuiglike waarnemingsbeelde. skets ʼn duidelike beskrywing van mense, plekke, voorwerpe of gebeure. 7 KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

8 Wat is die sleutelwoorde wat aandui dat dit ʼn beskrywende opdrag is?
Beskryf jou slaapkamer. Verbeel jou jy vertel vir iemand wat nog nooit besoek by jou afgelê het nie. Daar is baie toeriste aantreklikhede in die Noord-Kaap om te besoek. Beskryf jou gunsteling plek waarheen jy besoekers kan neem. Jy mag vertel oor wat jy sal sien, hoor, ruik en hoe jy sal voel wanneer jy daar is. Kersoggend. Jy moet beskryf of vertel wat ʼn persoon kan SIEN, HOOR, RUIK, PROE OF VOEL. 8 KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

9 TAALKENMERKE van die beskrywende opstel
Gebruik gewoonlik die verlede of teenwoordige tyd. Skep ʼn prent in woorde. Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde. Gebruik beeldspraak soos vegelykings, metafore, personifikasie en stylmiddels soos herhalings, kontras, klanknabootsing, ens. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

10 Kinders speel nie meer nie
Die beredeneerde opstel ʼn beredeneerde opstel … Doel: om argumente vir verskillende standpunte aan te bied stel ʼn argument / probleem. mag hoofargumente in die inleiding gee. lewer argumente vir, asook ondersteunende bewyse. lewer argumente teen, asook ondersteunende bewyse. het as slotsom ʼn opsomming en aanbeveling. 1. Kinders speel nie meer nie 2. Skoolgaan is lekker KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

11 TAALKENMERKE van die beredeneerde opstel Gebruik die teenwoordige tyd.
Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat, soos skool, tuiswerk, boeke, tydsbesteding, ens. Gebruik voegwoorde en woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging / logiese opeenvolging aandui, bv. maar, omdat, dit bewys dat, daarom. Ontwikkel argumente van die algemene na die spesifieke. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

12 Die bespiegelende opstel
Doel: om ʼn idee te oorweeg / deurdink en emosionele reaksies en gevoelens weer te gee is subjektief. spreek gevoelens en emosies aan. mag ‘n gedeelte beskrywend wees. se gedagtes / idees / gevoelens wat uitgedruk word, behoort opreg te wees en persoonlike betrokkenheid toon. 1. Die hond is die mens se beste vriend 2. Die familiebande is besig om uit te rafel KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

13 TAALKENMERKE van die bespiegelende opstel
Gebruik persoonlike voornaamwoorde. Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat, soos skool, tuiswerk, boeke, tydsbesteding, ens. Gebruik woorde wat gevoel, siening aandui, soos „ek is oortuig dat ...”; „dit bewys dat ...”; daarom; omdat; maar, ens. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

14 Die argumenterende opstel ʼn argumenterende opstel …
Doel: om ʼn standpunte te verdedig; probeer om die leser te oortuig neem standpunt in. gee ʼn reeks uitgebreide argumente. Versterk die argument deur die openingsargument op te som en te herhaal. 1. Vroue se plek is in die kombuis Het die lewenspeil in Suid-Afrika verbeter? 2. KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

15 TAALKENMERKE van die argumenterende opstel
Gebruik die teenwoordige tyd. Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat, soos winkels, klante, ens. Gebruik woorde wat rede, oorsaak, logiese opeenvolging en voegwoorde soos dog, omdat, daarom KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012

16 Baie, baie dankie KABV ORIëNTERINGSWERKSWINKEL vir GRAAD 11 in 2012


Download ppt "KURRIKULUM- EN ASSESSERINGS- BELEIDSVERKLARING"

Verwante presentaties


Ads door Google