De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Welkom by die Kategese 6 Mei 2018.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Welkom by die Kategese 6 Mei 2018."— Transcript van de presentatie:

1 Welkom by die Kategese 6 Mei 2018

2 Welkom by die Kategese 6 Mei 2018 Kom ons bid saam

3 Baie geluk! Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar. Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens.

4 Die kerkjaar: waar trek ons?
Paastyd 1 April tot 19 Mei 2018 Ons juig oor Jesus se opstanding uit die dood Gebruik hierdie skyfie om die tyd op die kerkjaarwiel te verduidelik. Ons is nou in die Paastyd. Dit is vanaf Paasfees tot by Pinksterfees – ‘n tydperk van 50 dae. Ons verbly ons in Jesus se opstanding. Die kerkjaar: waar trek ons?

5 Simbool van my dank

6 “As it is in Heaven” Videosnit
Daar is verskeie metafore wat die beeld van liggaam goed kan kommunikeer. Ons gaan kyk na die videosnit wat ook op die “Real Lewe” DVD is: “As it is in heaven” . Op ’n punt begin die een man sing en dan val almal by hom in. Dan maak hulle saam musiek. Die beeld hier is dat wanneer 'n mens in 'n koor sing, begin die koorlede se hart later in ritme saam klop. In ’n koor is jy veilig. Elkeen moet saamwerk in ’n koor en elkeen het sy rol om te vertolk. Om in ’n koor te sing moet ons vir mekaar luister en ons moet saam oefen. Wanneer ’n koor in harmonie saam sing, maak ons mooi musiek wat die wêreld geniet.

7 Verdaag na kleingroepe (klasse)
Ons gaan nou verder oor die kerk gesels in ons klasse. Geniet die dag verder.

8 “The church at Auvers” geskilder deur van Gogh
Gesels saam oor die skildery “The church at Auvers” wat deur Vincent van Gogh geskilder is. 1. Wat val julle op as julle na die skildery kyk? Riglyn: Die jongmense gaan waarskynlik goed sê soos: Dit is ’n kerk. Baie vensters. Baie kleur. Ons hou nie daarvan nie. Ensovoorts. 2. Van Gogh was ’n man wat graag deel van die kerk wou wees. In so 'n mate dat sommige meen hy wou ’n dominee gewees het, maar dit blyk of daar nie vir hom plek in die kerk was nie. As jy na die skildery kyk, sal jy sien dat daar geen deure is nie. Wat sê dit vir jou oor Van Gogh se belewenis van die kerk? Riglyn: Mense het Van Gogh as vreemd en anders ervaar en daarom is hy van die kerk uitgesluit en het hy nie welkom gevoel nie. Daarom is daar geen deure om by in te gaan nie. Vir hom was dit 'n kerk sonder deure, sonder toegang. 3. As jy ’n prentjie van die kerk moes skilder, hoe sou dit lyk? Riglyn: Die idee is nie om nou antwoorde te gee nie, maar slegs om die jongmense se gedagtes los te maak. 4. Van watter beelde of metafore weet jy wat vir die kerk in die Nuwe Testament gebruik word? Riglyn: Dit gaan nie hier oor korrekte antwoorde nie. Die jongmense kan antwoorde gee soos: die liggaam, volk, groep, gemeente, koninkryk, ensovoorts.

9 Die liggaam Gee jou groep geleentheid om van hulle liggame bewus te word deur. Laat hulle hulle spiere strek, vyf keer op en af spring, ‘n paar houe in die lug slaan, hulle tone raak, ensovoorts. Wees kreatief. Terwyl hulle besig is, gesels met hulle oor die wonder van die menslike liggaam en hoe dit saamgestel is. Riglyn: Wees versigting om te veel tyd hieraan te spandeer. Jou liggaam bestaan uit ‘n klomp verskillende dele: jou ledemate (arms, bene, ensovoorts), organe (hart, longe, ensovoorts) en stelsels (spysverteringstelsel, asemhalingstelsel, ensovoorts.). Soos enige ander lewende organisme groei jou liggaam, en soos enige ander lewende organisme bestaan dit binne ‘n bepaalde ekosisteem wat die gesondheid van die organisme beïnvloed. Elke deel van die liggaam het sy eie funksie en rol, en hierdie verskillende funksies en rolle is nodig vir die gesonde bestaan van die liggaam.

10 1 Korintiërs 12:12-31 Lees weer 1 Korintiërs 12:12-31 of vra iemand om dit te lees, of verwys net weer daarna.

11 Die Kerk Wat val julle in die teks op in 1 Korintiërs 12? Gesels saam:
Riglyn: Laat die jongmense toe om hulle gedagtes uit te spreek.

12 Die Kerk Wat is die kerk nie? 2. Wat is die kerk nie?
Riglyn: Die kerk is nie net ‘n plek of ‘n gebou waarheen mens op ‘n Sondag gaan om ’n erediens by te woon nie. Kerkwees behels meer as erediensbywoning, aanbidding of om na ’n preek te luister. Dit is ook nie ’n plek waarheen 'n mens gaan om vermaak te word nie.

13 Die Kerk Wat is die kerk nie?
Die kerk is nie net ’n plek of ’n gebou waarheen mens op ‘n Sondag gaan om ’n erediens by te woon nie. Kerkwees behels meer as erediensbywoning, aanbidding of om na ’n preek te luister. Dit is ook nie ’n plek waarheen 'n mens gaan om vermaak te word nie. 2. Wat is die kerk nie? Riglyn: Die kerk is nie net ‘n plek of ‘n gebou waarheen mens op ‘n Sondag gaan om ’n erediens by te woon nie. Kerkwees behels meer as erediensbywoning, aanbidding of om na ’n preek te luister. Dit is ook nie ’n plek waarheen 'n mens gaan om vermaak te word nie.

14 Die Kerk Wat en wie is die kerk? . 3. Wat en wie is die kerk?
Riglyn: Die kerk is gelowiges. Jy, daar waar jy as Christen saam met ander Christene besig is om te lewe in die wêreld; die liggaam van Christus.

15 Die Kerk Wat en wie is die kerk?
Die kerk is gelowiges. Jy, daar waar jy as Christen saam met ander Christene besig is om te lewe in die wêreld; die liggaam van Christus. 3. Wat en wie is die kerk? Riglyn: Die kerk is gelowiges. Jy, daar waar jy as Christen saam met ander Christene besig is om te lewe in die wêreld; die liggaam van Christus.

16 Die Kerk Bestaan die kerk net ter wille van homself?
Riglyn: Nee, as liggaam van Christus stuur God die kerk na die wêreld toe. Die kerk verkondig God se goeie nuus. Die kerk bring genesing na die wêreld.

17 Die Kerk Bestaan die kerk net ter wille van homself?
Nee, as liggaam van Christus stuur God die kerk na die wêreld toe. Die kerk verkondig God se goeie nuus. Die kerk bring genesing na die wêreld. 4. Bestaan die kerk net ter wille van homself? Riglyn: Nee, as liggaam van Christus stuur God die kerk na die wêreld toe. Die kerk verkondig God se goeie nuus. Die kerk bring genesing na die wêreld.

18 Die Kerk Het jy al gehoor dat die kerk die liggaam van Christus genoem word? Gesels saam: 1. Het jy al gehoor dat die kerk die liggaam van Christus genoem word? Riglyn: Dit beteken dat die kerk Jesus Christus se werk op aarde voortsit. Jesus het opgevaar na die hemel en die kerk is nou sy liggaam op aarde. Die kerk is nou sy lyf op aarde.

19 Die Kerk Het jy al gehoor dat die kerk die liggaam van Christus genoem word? Dit beteken dat die kerk Jesus Christus se werk op aarde voortsit. Jesus het opgevaar na die hemel en die kerk is nou sy liggaam op aarde. Die kerk is nou sy lyf op aarde. Gesels saam: 1. Het jy al gehoor dat die kerk die liggaam van Christus genoem word? Riglyn: Dit beteken dat die kerk Jesus Christus se werk op aarde voortsit. Jesus het opgevaar na die hemel en die kerk is nou sy liggaam op aarde. Die kerk is nou sy lyf op aarde.

20 Die Kerk Wat beteken dit as ons sê die kerk is soos ’n mens se liggaam? 2. Wat beteken dit as ons sê die kerk is soos ‘n mens se liggaam? Riglyn: Net soos die liggaam bestaan die kerk uit ‘n klomp verskillende dele. In die kerk is ons ‘n klomp verskillende mense. Ons lyk almal anders, ons het verskillende talente en ons hou van verskillende dinge. MAAR die Heilige Gees bind ons aan mekaar, soos die dele van ‘n mens se liggaam aan mekaar verbind is.

21 Die Kerk Wat beteken dit as ons sê die kerk is soos ’n mens se liggaam? Net soos die liggaam bestaan die kerk uit ’n klomp verskillende dele. In die kerk is ons ‘n klomp verskillende mense. Ons lyk almal anders, ons het verskillende talente en ons hou van verskillende dinge. MAAR die Heilige Gees bind ons aan mekaar, soos die dele van ’n mens se liggaam aan mekaar verbind is. 2. Wat beteken dit as ons sê die kerk is soos ‘n mens se liggaam? Riglyn: Net soos die liggaam bestaan die kerk uit ‘n klomp verskillende dele. In die kerk is ons ‘n klomp verskillende mense. Ons lyk almal anders, ons het verskillende talente en ons hou van verskillende dinge. MAAR die Heilige Gees bind ons aan mekaar, soos die dele van ‘n mens se liggaam aan mekaar verbind is.

22 Die Kerk Het elke deel van die liggaam ’n spesiale werk?
Riglyn: Die liggaam bestaan vir ‘n baie goeie rede nie net uit een deel nie. As die liggaam net een groot oor was, sou die liggaam nie kon sien nie. En as die liggaam net een groot oog was, sou die liggaam nie kon ruik nie. Daarom het elke deel van die liggaam ‘n spesiale werk, en al die dele saam vorm die liggaam. Die kerk werk soos die liggaam – elkeen het ’n spesiale werk en plek in die kerk.

23 Die Kerk Het elke deel van die liggaam ’n spesiale werk?
Die liggaam bestaan vir ’n baie goeie rede nie net uit een deel nie. As die liggaam net een groot oor was, sou die liggaam nie kon sien nie. Die kerk werk soos die liggaam – elkeen het ’n spesiale werk en plek in die kerk. 3. Het elke deel van die liggaam ’n spesiale werk? Riglyn: Die liggaam bestaan vir ‘n baie goeie rede nie net uit een deel nie. As die liggaam net een groot oor was, sou die liggaam nie kon sien nie. En as die liggaam net een groot oog was, sou die liggaam nie kon ruik nie. Daarom het elke deel van die liggaam ‘n spesiale werk, en al die dele saam vorm die liggaam. Die kerk werk soos die liggaam – elkeen het ’n spesiale werk en plek in die kerk.

24 Die Kerk Kan die dele sonder mekaar funksioneer? Hoekom sê julle so?
Riglyn: Een deel van die liggaam kan ook nie op sy eie bestaan nie. Daar is party dele van die liggaam waaraan ‘n mens nooit eers dink nie, maar ‘n mens sal doodgaan as ‘n dokter dit verwyder. Die dele van die liggaam het mekaar nodig om te kan lewe. As een deel van jou liggaam seerkry, voel die hele liggaam daardie pyn. So is ons elkeen deel van die liggaam (kerk). Dit is juis nodig dat ons so verskillend is; ons elkeen het ‘n spesiale kerk. Moenie wens dat jy iets of iemand anders was nie, jy moet juis wees presies soos wat jy is. Maar ons kan ook nie sonder mekaar nie, en as een van ons deur ‘n slegte tyd gaan is dit vir ons almal sleg (dit is soos as jou tand pyn - jou hele liggaam is bewus daarvan!). En as een van ons bly is, is ons almal saam met daardie een bly.

25 Die Kerk Op watter manier is ek verskillend; uniek?
2. Wat is my belangrikste eienskap? 3. Waarmee is ek goed en waar is ek op my beste? 4. Aan watter goeie dinge dink mense as my naam genoem word? Fasiliteerder: Dink weer aan Van Gogh se skildery in die begin van die ontmoeting. Van Gogh word beskou as een van die grootste kunstenaars van die negentiende eeu. Tog het dit hom bykans ’n leeftyd geneem om te ontdek dat sy gawes op ’n ander plek gelê het. Hy was ’n kunstenaar en nie ’n dominee nie. Die wêreld het hom ook nie erken nie en die kerk het nie vir hom ruimte gemaak nie. Kom ons doen saam ‘n praktiese oefening om ons oor ons gawes te laat nadink. Laat elkeen hulle naam op ‘n stukkie papier skryf. Onder hulle naam moet hulle skryf waarmee hulle regtig goed is. Hulle stuur dan die papiertjie aan vir die persoon langs hulle, daardie persoon skryf dan een ding neer waarmee hulle dink die persoon goed is. Die papiertjies word aangestuur totdat almal iets op almal se papiertjies geskryf het. Die antwoorde kan regtig enigiets wees – maar jy sal dalk moet help sodat dit by die res van die oefening aansluit. As die groep klaar is met die oefening – laat hulle na hulle eie papiertjie kyk. Laat elkeen dan die onderstaande vier vrae vir hulleself antwoord – hulle kan dít wat die res van die groep geskryf het, ook gebruik om self oor die onderstaande vrae na te dink: 1. Op watter manier is ek verskillend; uniek? 2. Wat is my belangrikste eienskap? 3. Waarmee is ek goed en waar is ek op my beste? 4. Aan watter goeie dinge dink mense as my naam genoem word? Die lysie kan byvoorbeeld so lyk: Johan Baie vriendelik Speel goed krieket Op sy beste tussen vriende

26 Die Kerk Na aanleiding van die oefening, waar pas jy by ons gemeente in? Gesels saam: Na aanleiding van die oefening, waar pas jy by ons gemeente in? Riglyn: Laat jongmense gesels. Hou ’n lysie reg van waar hulle moontlik in julle gemeente betrokke kan raak. Hier volg net ’n paar voorbeelde: • Deur te help met die eredienste (musiek, klank by ‘n erediens of kamp, verwelkoming van mense voor die erediens, skink van tee en koffie na die tyd). • Deur te help met uitreike (die reëlings te hanteer of om saam te gaan). • Deur mense in die gemeente te ondersteun wat deur ‘n slegte tyd gaan. • Deur te help reël aan funksies / kampe of net ‘n hand by te sit. Die vorige antwoorde kan nou hierby aansluit, byvoorbeeld: Johan Baie vriendelik = verwelkom mense by die erediens of help met die tee en koffie na die diens Speel goed krieket = help reël aan die sport van ‘n kamp of uitreik. Raak betrokke by ‘n sportkliniek by ‘n kinderhuis of in ‘n minderbevoorregte gemeenskap. Op sy beste tussen vriende = bring hulle en ander mense saam op uitreike, kampe of na eredienste.

27 Die Kerk Imagine ’n wêreld waarbinne die kerk as ’n ware liggaam funksioneer. Hoe sal daardie wêreld lyk? Los die jongmense met die volgende droom: 1. Imagine ’n wêreld waarbinne die kerk as ’n ware liggaam funksioneer. Hoe sal daardie wêreld lyk? As Van Gogh daaroor droom, dan skep hy die volgende skildery. (Die skildery “The Samaritan” is in die jongmense se gespreksgids. Dit is ook op die Real lewe DVD/CD onder Ontmoeting 10.)

28 Die Kerk Wat gaan jý doen om jou rol binne die liggaam te speel?
“Die Samaritaan” Geskilder deur Van Gogh Wat gaan jý doen om jou rol binne die liggaam te speel? 2. Wat gaan jy doen om jou rol binne die liggaam te speel?


Download ppt "Welkom by die Kategese 6 Mei 2018."

Verwante presentaties


Ads door Google