De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018

Verwante presentaties


Presentatie over: "Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018"— Transcript van de presentatie:

1 Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018
Heet almal baie hartlik welkom. Julle weet dat ons glo in ’n Drie-enige God: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Ons gaan vandag bietjie gesels oor die Heilige Gees. Die Heilige Gees

2 Welkom by die Kategese 22 April 2018 Kom ons bid saam

3 Baie geluk! Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar. Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens.

4 Die kerkjaar: waar trek ons?
Paastyd 1 April tot 19 Mei 2018 Ons juig oor Jesus se opstanding uit die dood Gebruik hierdie skyfie om die tyd op die kerkjaarwiel te verduidelik. Ons is nou in die Paastyd. Dit is vanaf Paasfees tot by Pinksterfees – ‘n tydperk van 50 dae. Ons verbly ons in Jesus se opstanding. Die kerkjaar: waar trek ons?

5 Simbool van my dank

6 Johannes 14:15-20 Lees Johannes 14:15-20 of vra iemand om dit te lees.

7 Heidelbergse Kategismus
53.  Vraag: Wat glo jy van die Heilige Gees? Antwoord: Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur 'n ware geloof deel laat kry aan Christus en al sy weldade, my troos en ewig by my bly. Die Heidelbergse Kategismus Vraag en Antwoord 53 verduidelik ook wat ons van die Heilige Gees glo.

8 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
1 2 3 4 5 Ons gaan kyk na vyf voorbeelde van hoe mense oor die Heilige Gees dink. Kom ons verbeel ons daar is vyf omgekeerde emmers en elkeen wat ons omkeer gaan iets vir ons wys van hoe mense oor die Heilige Gees dink

9 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kom ons kyk wat is onder emmer nommer 1 1

10 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kers: Die Heilige Gees is vuur. Die Heilige Gees vul ons met warmte, maar sommige mense reken die hoofrol van die Heilige Gees is om 'n mens met hierdie “magic” warm gevoel te vul. Dit is iets wat God vir ons gee en waarmee jy gedoop moet word. 1

11 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kom ons kyk wat is onder emmer nommer 2 2

12 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Sakrekenaar: Sommige mense dink die Heilige Gees is ’n formule wat ontrafel moet word. As jy die Heilige Gees in jou lewe wil hê, moet jy eers sekere goed doen, dan sal jy die Heilige Gees kan ontvang! Miskien het jy al hierdie formule probeer en dan het jy doodeenvoudig net nie die dieselfde antwoord as al die ander mense gekry nie. Daar word beweer dat jy nooit die Heilige Gees kan ken as jy nie die formule uitwerk nie. Dit is nie waar nie. God is by al sy kinders teenwoordig deur sy Gees. Jy hoef nie iets te doen sodat dit waar kan wees nie. 2

13 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kom ons kyk wat is onder emmer nommer 3 3

14 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Geskenkpakkie: God gee deur die Heilige Gees vir sy kinders gawes. Die gawes is tot opbou van God se koninkryk en sy kerk. Maar vir sommige gaan dit daaroor dat die Heilige Gees vir my goed moet gee. 3

15 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kom ons kyk wat is onder emmer nommer 4 4

16 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Engel-poppie: Die Heilige Gees lei ons deur ons gewete soos ‘n Engeltjie wat op ons skouer sit. Hy sê vir ons wanneer ons iets verkeerd gedoen het en help ons om die regte goed te doen. Party mense beleef die Heilige Gees verkeerdelik as iemand wat daar is om jou dop te hou, jou pret te bederf en te raas as jy iets verkeerd doen. 4

17 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kom ons kyk wat is onder emmer nommer 5 5

18 Hoe mense oor die Heilige Gees dink
Kop: Die Heilige Gees is deel van die persoon van God. Die Heilige Gees (nes die persoon wat onder die emmer was) is anders as dit wat die meeste van ons verwag. God is ’n persoon wat ons kan leer ken. Wanneer ons oor die Heilige Gees praat, net soos toe ons gepraat het oor voorwerpe onder die emmers, het ons voorafopgestelde idees oor wat dit is, maar die Heilige Gees is nie wat ons verwag het nie. Die Heilige Gees as deel van God is groter as wat ons kan indink. 5

19 Verdaag na kleingroepe (klasse)
Ons gaan nou verder oor die Heilige Gees gesels in ons klasse. Geniet die dag verder.

20 Die Heilige Gees Laat elkeen in die kleingroep ver genoeg van mekaar af sit, dat hulle nie aan mekaar raak nie en dan hulle oë toemaak. Vra die jongmense om so stil moontlik te word. Laat die jongmense in stilte nadink oor die volgende vrae (terwyl hulle oë toe bly): 1. Hou julle oë toe en luister. Wat is die hardste geluid wat julle kan hoor? ?rr?? 2. Wat is die verste geluid wat julle kan hoor? 3. Luister bietjie nader. Wat hoor julle nog? 4. Kan iemand dalk wind hoor? 5. Luister nou baie naby vir jou asemhaling. Sit 'n oomblik in stilte. Wees net bewus van jou asemhaling. i Laat hulle weer hulle oë na ’n paar oomblikke van stilte oopmaak.

21 Johannes 14:15-20 In alles wat jy hoor, is die Gees van God aan die werk – in die wêreld, in die geluide, soos wat die wind waai, en ook in ons eie liggame. Die Gees van God is soos God se asemhaling in ons. Kom ons lees in die Bybel verder oor die Heilige Gees. Kom ons lees weer Johannes 14:15-20

22 Die Heilige Gees Jesus praat met sy volgelinge voordat Hy weggaan. Wat belowe Jesus vir hulle? Gesels saam: 1. Jesus praat met sy volgelinge voordat Hy weggaan. Wat belowe Jesus vir hulle? Riglyn: Dat Hy hulle nie alleen sal los nie. Die Vader stuur die Heilige Gees as voorspraak om by ons te wees.

23 Die Heilige Gees Jesus praat met sy volgelinge voordat Hy weggaan. Wat belowe Jesus vir hulle? Dat Hy hulle nie alleen sal los nie. Die Vader stuur die Heilige Gees as voorspraak om by ons te wees. Gesels saam: 1. Jesus praat met sy volgelinge voordat Hy weggaan. Wat belowe Jesus vir hulle? Riglyn: Dat Hy hulle nie alleen sal los nie. Die Vader stuur die Heilige Gees as voorspraak om by ons te wees.

24 Die Heilige Gees Voel jy ook soms alleen of uitgesluit?
Riglyn: Christus sê Hy los ons nie alleen nie, want Hy stuur die Heilige Gees om by ons teenwoordig te wees. Jesus toon aan dat Hy nie ’n ouer is wat ’n kind wil weggooi nie. Hy wil nie hê ons moet verwerping beleef nie, Hy is by ons. Hy is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. Hy is in ons en by ons soos wat Hy in vers 17 sê.

25 Die Heilige Gees Voel jy ook soms alleen of uitgesluit?
Christus sê Hy los ons nie alleen nie, want Hy stuur die Heilige Gees om by ons teenwoordig te wees. 2. Voel jy ook soms alleen of uitgesluit? Riglyn: Christus sê Hy los ons nie alleen nie, want Hy stuur die Heilige Gees om by ons teenwoordig te wees. Jesus toon aan dat Hy nie ’n ouer is wat ’n kind wil weggooi nie. Hy wil nie hê ons moet verwerping beleef nie, Hy is by ons. Hy is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. Hy is in ons en by ons soos wat Hy in vers 17 sê.

26 Die Heilige Gees Voel jy ook soms alleen of uitgesluit?
Jesus is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. 2. Voel jy ook soms alleen of uitgesluit? Riglyn: Christus sê Hy los ons nie alleen nie, want Hy stuur die Heilige Gees om by ons teenwoordig te wees. Jesus toon aan dat Hy nie ’n ouer is wat ’n kind wil weggooi nie. Hy wil nie hê ons moet verwerping beleef nie, Hy is by ons. Hy is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. Hy is in ons en by ons soos wat Hy in vers 17 sê.

27 Die Heilige Gees Voel jy ook soms alleen of uitgesluit?
Jesus is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. Hy is in ons en by ons soos wat Hy in vers 17 sê. 2. Voel jy ook soms alleen of uitgesluit? Riglyn: Christus sê Hy los ons nie alleen nie, want Hy stuur die Heilige Gees om by ons teenwoordig te wees. Jesus toon aan dat Hy nie ’n ouer is wat ’n kind wil weggooi nie. Hy wil nie hê ons moet verwerping beleef nie, Hy is by ons. Hy is ons Metgesel, Bemoediger, Raadgewer. Hy is in ons en by ons soos wat Hy in vers 17 sê.

28 Die Heilige Gees Jesus gee aan hulle die waarborg van die Heilige Gees. Wat is die belangrikste kenmerk van die Heilige Gees volgens die gedeelte? 3. Jesus gee aan hulle die waarborg van die Heilige Gees. Wat is die belangrikste kenmerk van die Heilige Gees volgens die gedeelte? Riglyn: Hy is by ons teenwoordig. Hy ken ons en ons kan Hom ken.

29 Die Heilige Gees Jesus gee aan hulle die waarborg van die Heilige Gees. Wat is die belangrikste kenmerk van die Heilige Gees volgens die gedeelte? Hy is by ons teenwoordig. Hy ken ons en ons kan Hom ken. 3. Jesus gee aan hulle die waarborg van die Heilige Gees. Wat is die belangrikste kenmerk van die Heilige Gees volgens die gedeelte? Riglyn: Hy is by ons teenwoordig. Hy ken ons en ons kan Hom ken.

30 Die Heilige Gees Dink weer terug aan ons stilword-oefening. Die Heilige Gees word deur die Bybel met wind en asem vergelyk. Hoe help die beeld, dat die Heilige Gees soos ons asemhaling is, ons om iets van sy teenwoordigheid te verstaan? Gesels saam: 1. Dink weer terug aan ons stilword-oefening. Die Heilige Gees word deur die Bybel met wind en asem vergelyk. Hoe help die beeld dat die Heilige Gees soos ons asemhaling is, ons om iets van sy teenwoordigheid te verstaan? Riglyn: Soos 'n mens nie van elke asemhaling bewus is nie, so is God in ons lewe teenwoordig al is ons nie altyd daarvan bewus nie.

31 Die Heilige Gees Dink weer terug aan ons stilword-oefening. Die Heilige Gees word deur die Bybel met wind en asem vergelyk. Hoe help die beeld dat die Heilige Gees soos ons asemhaling is, ons om iets van sy teenwoordigheid te verstaan? Soos 'n mens nie van elke asemhaling bewus is nie, so is God in ons lewe teenwoordig al is ons nie altyd daarvan bewus nie. Gesels saam: 1. Dink weer terug aan ons stilword-oefening. Die Heilige Gees word deur die Bybel met wind en asem vergelyk. Hoe help die beeld dat die Heilige Gees soos ons asemhaling is, ons om iets van sy teenwoordigheid te verstaan? Riglyn: Soos 'n mens nie van elke asemhaling bewus is nie, so is God in ons lewe teenwoordig al is ons nie altyd daarvan bewus nie.

32 Die Heilige Gees Dit is nie moontlik om sonder asemhaling te leef nie. Wat sê dit vir ons van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewe 2. Dit is nie moontlik om sonder asemhaling te leef nie. Wat sê dit vir ons van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewe Riglyn: Dat ons nie sonder die Heilige Gees kan leef nie. Die Heilige Gees is lewegewend.

33 Die Heilige Gees Dit is nie moontlik om sonder asemhaling te leef nie. Wat sê dit vir ons van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewe Dat ons nie sonder die Heilige Gees kan leef nie. Die Heilige Gees is lewegewend. 2. Dit is nie moontlik om sonder asemhaling te leef nie. Wat sê dit vir ons van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewe Riglyn: Dat ons nie sonder die Heilige Gees kan leef nie. Die Heilige Gees is lewegewend.

34 Die Heilige Gees Wie weet wat die wêreldrekord van die Guinness Book of Records is vir die langste asemophou onder water? Laat die jongmense kyk wie kan sy of haar asem die langste ophou. Wanneer hulle klaar is, sê dan vir hulle die tyd wys hoe lank 'n mens sonder suurstof kan lewe – van 30 sekondes tot 'n minuut of twee. Wie weet wat die wêreldrekord van die Guinness Book of Records is vir die langste asemophou onder water? Antwoord: 22 minute en 22 sekondes. Die Duitse duiker, Tom Sietas, 35, het dit in Junie 2012 opgestel. Toegegee, Sietas het 'n longkapasiteit 20% groter as die normale mens, maar selfs al het jy dit, sal jy so lank jou asem onder water kan ophou?

35 Die Heilige Gees Wie weet wat die wêreldrekord van die Guinness Book of Records is vir die langste asemophou onder water? 22 minute en 22 sekondes. Die Duitse duiker, Tom Sietas, 35, het dit in Junie 2012 opgestel. Laat die jongmense kyk wie kan sy of haar asem die langste ophou. Wanneer hulle klaar is, sê dan vir hulle die tyd wys hoe lank 'n mens sonder suurstof kan lewe – van 30 sekondes tot 'n minuut of twee. Wie weet wat die wêreldrekord van die Guinness Book of Records is vir die langste asemophou onder water? Antwoord: 22 minute en 22 sekondes. Die Duitse duiker, Tom Sietas, 35, het dit in Junie 2012 opgestel. Toegegee, Sietas het 'n longkapasiteit 20% groter as die normale mens, maar selfs al het jy dit, sal jy so lank jou asem onder water kan ophou?

36 Die Heilige Gees As die Heilige Gees soos suurstof vir ons is, hoe lank kan ons sonder die Heilige Gees leef? 2. As die Heilige Gees soos suurstof vir ons is, hoe lank kan ons sonder die Heilige Gees leef? Riglyn: Jy sal nie na 22 minute en 22 sekondes doodgaan nie. Jy sal dalk vir 70 jaar nog leef. Maar jou lewe sal arm wees. Soos 'n gebrek aan suurstof 'n mens se lewenskwaliteit kan aantas, kan 'n mens se geestelike lewe ernstige skade lei as 'n mens die Heilige Gees nie deel van jou lewe maak nie.

37 Die Heilige Gees As die Heilige Gees soos suurstof vir ons is, hoe lank kan ons sonder die Heilige Gees leef? Jy sal dalk vir 70 jaar nog leef. Maar jou lewe sal arm wees. 2. As die Heilige Gees soos suurstof vir ons is, hoe lank kan ons sonder die Heilige Gees leef? Riglyn: Jy sal nie na 22 minute en 22 sekondes doodgaan nie. Jy sal dalk vir 70 jaar nog leef. Maar jou lewe sal arm wees. Soos 'n gebrek aan suurstof 'n mens se lewenskwaliteit kan aantas, kan 'n mens se geestelike lewe ernstige skade lei as 'n mens die Heilige Gees nie deel van jou lewe maak nie.

38 Ons sluit af Gee vir die jongmense iets wat hulle daaraan sal herinner dat die Heilige Gees die heeltyd by ons is. Net soos ons asemhaling. Sluit af met gebed en dank God vir die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewens.


Download ppt "Welkom by die Kategese Die Heilige Gees 22 April 2018"

Verwante presentaties


Ads door Google