Skeuring van die ryk tot met die Ballingskap

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Ou testament Hoofstuk 9 Die plek van Moses in God se
Advertisements

DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Kinders van die Bybel.
Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Die Kwart-voor-sewe-lelie (3)
Omdat.
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Tydens die Ballingskap en daarna
Konings van die onverdeelde ryk
Ou testament Hoofstuk 20 Agab. elia en Elisa.
Liefde vir mekaar – Deel 1
SKEPPING EN SONDEVAL Les 1 vir 6 Oktober 2018.
Op pad na jou destinasie!!
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Bybel Speletjie KINDERS VAN DIE BYBEL.
Genesis (begin van die geskiedenis en God se verkose familie)
Ou testament Hoofstuk 8 Josef en verder.
Wat van die res van jou lewe?
Ou testament Hoofstuk 14 Die Tyd van die rigters Deel 1.
Ou testament Hoofstuk 16 konings van die onverdeelde ryk Saul.
DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
ONS KRAGKRISIS Feitesending. ONS KRAGKRISIS Feitesending.
Ou testament Hoofstuk 21 israel en Juda word weggevoer.
Wie het al soortgelyke dinge as die volgende gesê?
dIE SKEIDING WAT ONDER DIE MENSE GEVESTIG IS
Preek Jesaja 53:6.
Joh. 14: :
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Bybel Speletjie Nommers in die Bybel.
Die Pesaglam.
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
Die voortgang van die verbond
Bekering.
God se vreemde opdragte
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
Druk (Click) om voort te gaan
24. Die jongste koning 2 Konings 22 en 23.
CLICK TO ADVANCE SLIDES
“KIND WEES” FASE: 1Kor. 13:11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is,
Bybel Speletjie KINDERS VAN DIE BYBEL.
25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1.
Die Heiliges Word Oorwin
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
21. Glo maak soms seer Jesaja 6 en 11:1.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
#1 Wat was die engel se naam wat, vir Maria die nuus
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
20. Dan moet jy maar voel 2 Konings 17.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
ONREGVERDIGE, ONEINDIGE
Ef. 4: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle.
Die groot rooftog…net nie my huis nie!
17. En die wenner is Konings 18.
'nHoopvolle Nuwe Toekoms
Hand. 1:
DIE RESULTATE VAN SKULDGEVOELENS
ACTS ACTION II..
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Ef. 6:12 Eseg.28:12ev Gevallle Engele
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Skeuring van die ryk tot met die Ballingskap Ou testament Hoofstuk 19 Skeuring van die ryk tot met die Ballingskap

1. Die aanloop tot die skeuring Israel voorspoedig onder Dawid en Salomo Salomo egter godsdienstig afvallig Dit was die begin van die einde van die ryk van Israel.

Die Here se uitdruklike gebod Koning moet nie baie vroue hê nie Vroue veroorsaak ontrou aan die Here (Deut. 17:17) ’n Huwelik met heidinne ook verbied (Deut. 7:3). Salomo trou 700 vroue Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete Ook byvroue. Heidense vroue laat hom God en sy diens vergeet het.

Salomo Salomo verkoel t.o.v. diens aan die Here vroue verlei tot afgodery Bou altare vir vroue se afgode - Astarte, Milkom Invloed op volk verderflik - die Here kwaad

Die Here het vir Salomo gesê dat Hy sy koningskap vir ’n onderdaan van hom gaan gee. Die dienaar wat hier genoem word, is Jerobeam, seun van Nebat. Salomo het hom as opsigter oor al die dwangarbeiders aangestel toe die vesting Millo gebou is om die stad en tempel te beveilig. Ter wille van Dawid sal die Here egter nie die hele koninkryk wegneem nie. Hy gaan een stam vir Salomo se seun laat oorbly.

Die ander tien stamme het losgeskeur en Jerobeam as koning gekies. Na Salomo se dood het Israel vinnig agteruitgegaan. Onder Rehabeam as opvolger van Salomo het daar ’n skeuring plaasgevind. Slegs twee stamme – Juda en Benjamin – het getrou gebly aan die huis van Dawid. Die ander tien stamme het losgeskeur en Jerobeam as koning gekies. Hierdie skeuring was ’n straf vir Salomo se sonde. Die twee koninkryke wat ontstaan het, was dikwels vyandig teenoor mekaar, en dit het tot broederoorlog gelei. Die ergste was egter dat hulle ontrou geword het aan die diens van die Here. Die rykdom en voorspoed wat die regeringstyd van Dawid en Salomo gekenmerk het, was iets van die verlede.

2. ’n Swak opvolger: Rehabeam 2.1 Israel ontevrede Toe Salomo na ’n regeringstyd van 40 jaar sterf, is hy deur sy seun Rehabeam opgevolg. Die volk het egter nog nie daaraan gedink om ’n nuwe koning te kies nie en wag Rehabeam in in Sigem. Hulle het ’n dringende versoek aan hom. Ter wille van al Salomo se bouplanne het hy sy volk swaar belas. Terwyl hy regeer het, het die volk daaroor geswyg. Noudat daar ’n nuwe koning kom, wil hulle egter ’n end daaraan maak.

Rehabeam het die oudstes van Israel gaan raadpleeg. Die volk het Jerobeam uit Egipte laat kom om as woordvoerder op te tree. Hulle wil verligting hê van die swaar juk wat Salomo hulle opgelê het. As Rehabeam daartoe inwillig, sal hulle hom dien. Rehabeam het die oudstes van Israel gaan raadpleeg. Die ou raadsmanne het hom aangeraai om die versoek van die volk toe te staan. Hy wil egter ook die jong manne wat saam met hom opgegroei het, se raad inwin. Hulle raad is dat hy nie aan hulle versoek moet voldoen nie. Hy moet nog strenger as sy pa oor hulle heers. Rehabeam volg sowaar dié dwase raad. Die gevolg was natuurlik dat die volk hom nie as koning wou hê nie. Tien stamme verlaat hom en kies Jerobeam as koning.

Slegs Juda en Benjamin bly getrou aan Rehabeam Slegs Juda en Benjamin bly getrou aan Rehabeam. Hierdie ryk sou voortaan bekend staan as Juda. Rehabeam probeer nog om die saak te red. Hy stuur vir Adoram om die volk in bedwang te hou. Die volk is egter so woedend dat hulle vir Adoram stenig. Rehabeam besef dat sy lewe in gevaar is en vlug na Jerusalem. Die Here het Rehabeam verbied om ’n burgeroorlog te begin. So was die skeuring ’n voldonge feit.

2.2 Die regering van Rehabeam Die eerste drie jaar van sy regering was Rehabeam nog getrou aan die Here. Sy erns het gou verslap en hy en die volk het van die Here afgewyk. Hulle offer nie meer net in die tempel nie maar ook op die hoogtes en selfs vir die afgode. Die Here straf die volk deur ’n inval deur Sisak, koning van Egipte. Die profeet Semaja wys die koning en die volk daarop dat die inval ’n straf van die Here is. Hulle bekeer hulle tot die Here en Jerusalem word nie ingeneem nie. Rehabeam moes egter groot skatte aan Sisak gee – al die skatte van die tempel en van die paleis, en ook die goue skilde wat Salomo vir sy lyfwag laat maak het.

3. Juda se konings ná Rehabeam 3.1 Abia Rehabeam se seun Abia volg hom op. Hy het ook nie die Here met sy hele hart gedien nie. Hy maak oorlog teen Israel en neem ’n paar van hulle stede af, onder andere Bet-El.

3.2 Asa Asa volg sy pa op en regeer 41 jaar oor Juda. Hy het, soos Dawid, die Here met sy hele hart gedien. Hy roei die afgode uit, sit sy grootmoeder Maäga af as koninginmoeder, en verbrand die Astartebeeld wat sy opgerig het. Toe die Kussiete, onder Serag, Juda tien jaar later ingeval het, het Asa tot die Here gebid. Die Here verskrik Serag se leër sodat Asa hulle maklik verslaan. Toe Baesa, die koning van Israel, Juda wou binneval, maak Asa egter die fout om nie sy hulp by die Here te soek nie maar by Benhadad. Benhadad was die heidense koning van Damaskus. Benhadad neem ’n paar stede van Israel af en Asa breek die versterkte stad af wat Baesa gebou het. Die Here stuur die profeet Hanani om Asa te bestraf, maar Asa gooi Hanani in die gevangenis. Toe Asa later siek word, vertrou hy meer op mense as op die Here.

4. Tienstammerykgeskiedenis: Jerobeam word koning van Israel Die ryk van die tien stamme word Israel genoem. Sigem is aanvanklik die hoofstad van dié ryk. 4.1 Jerobeam is afvallig van die Here Jerobeam het een groot probleem gehad. Vir die groot feeste moes die volk na Jerusalem gaan (nou die hoofstad van die ryk van Juda). Jerobeam was bang dat die volk afvallig sou word van hom as hulle gereeld Jerusalem toe moet gaan. Hy maak toe ’n plan om hulle van Jerusalem af weg te hou: Hy bou twee tempels: een in Bet-El en een in Dan. In elkeen plaas hy ’n goue kalf wat bedoel is om ’n afbeelding van die Here te wees. So verlei hy die volk tot dieselfde sonde wat Israel in die woestyn gedoen het.

4.2 Jerobeam word gewaarsku Met die inwyding van die tempel by Bet-El stuur die Here ’n profeet uit Juda na Jerobeam toe. Net toe Jerobeam op die altaar klim om die eerste offer aan te steek, hoor hy skielik ’n stem wat uitroep: “Altaar, altaar, so sê die Here: Daar sal uit die nageslag van Dawid ’n seun gebore word met die naam Josia, en hier op jou sal hy die priesters van die hoogtes slag wat op jou offers bring, en hier op jou sal mensbene verbrand word.” Jerobeam steek sy hand na die profeet uit en sê: “Gryp hom!” Sy hand bly egter stokstyf staan en die altaar skeur uitmekaar. Jerobeam moes die profeet smeek om die Here te vra om sy hand weer reg te maak, en sy hand word genees. Die profeet aanvaar nie Jerobeam se uitnodiging om by sy huis te gaan eet nie, want die Here het hom verbied om enigiets in Bet-El te eet of te drink. Die ander ou profeet ry egter agter hom aan en sê dat die Here aan hom geopenbaar het dat hy maar by hom kon kom eet. Die profeet uit Juda draai om en gaan eet by die ou man sonder om die Here te raadpleeg. Vir sy ongehoorsaamheid word hy op sy terugreis deur ’n leeu doodgebyt.

4.3 Die Here straf Jerobeam en sy huis Abia, Jerobeam se oudste seun, word baie siek en sy ma gaan vra die ou profeet wat met hom gaan gebeur. Hy openbaar aan haar dat Jerobeam se hele geslag uitgeroei gaan word. Net hulle seun Abia sal begrawe word omdat hy die Here gedien het. Toe sy by die huis kom, sterf haar seun. 4.4 Die uiteinde van Jerobeam en sy huis Na 22 jaar as regeerder oor Israel sterf Jerobeam.

5. Israel se konings na Jerobeam 5.1 Nadab Jerobeam word opgevolg deur sy seun Nadab. Twee jaar later word Nadab en sy hele familie vermoor deur Baesa wat self koning word. 5.2 Baesa Hy hou vol met die kalwerdiens en die Here waarsku hom deur die profeet Jehu. Na sy dood regeer sy seun net twee jaar voor hy vermoor word deur Simri wat in sy plek koning word. Simri regeer net sewe dae toe Omri hom probeer vermoor. 5.3 Omri Na ’n paar jaar slaag Omri daarin om die koningskap werklik te verkry en stig ’n nuwe hoofstad – Samaria. Voortaan sou Samaria die hoofstad van Israel bly. Omri sondig nog meer as sy voorgangers met die kalwerdiens.

5.4 Agab Agab volg sy pa, Omri, op. Hy was getroud met Isebel, dogter van Etbaäl, koning van die Sidoniërs. Onder die invloed van Isebel voer Agab die diens van Baäl Melkart, die afgod van Sidon, in Israel in. Isebel onderhou 450 Baälprofete en 400 profete van Astarte. Die profete van die Here word uit Israel verdryf en doodgemaak.

Konings van JudaKonings van Israel1Rehabeam1Jerobeam2Abia3Asa2Nadab3Baesa4Ela5Simri6Omri7Agab4Josafat8Ahasia9Joram5Joram6Ahasia7Atalia10Jehu8Joas11Joahas12Joas9Amasia13Jerobeam II10Ussia (Asarja)14Sagaria15Sallum16Menahem17Pekahia18Peka11Jotam12Agas19Regeringloosheid20Hosea13HiskiaOndergang van die ryk14Manasse15Amon16Josia17Joahas18Jojakim19Jojagin20SedekiaOndergang van die ryk

Einde Hoofstuk 19