De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!

Verwante presentaties


Presentatie over: "DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!"— Transcript van de presentatie:

1 DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!
JESAJA 40:1-11

2 Teksvers: Jes 40:1 Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.

3 1.Die groot nood en die aankondiging vd Goeie tyding(vv1,2)
Agtergrond: Jesaja tree op vanaf ongeveer v C (meer as 40jr) . Tien stamme 722vC weggevoer deur Assirië Juda in 586 v C weggevoer deur Nebukadnesar van Babilonië (136jr later) . Kores van Persië verower Babel in 536 Vc . Mense van Juda mag terugkeer 538 vC

4 1a Die Goeie NUUS Hulle is nog God se volk Hulle swaarkry is verby
Hulle is volledig gestraf-God het Sy doel met die swaarkry bereik

5 2.Maak vir die Here `n pad in die WOESTYN(vv3-5)
Iemand roep: "Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God! 4. Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet 'n gelykte word en elke koppie 'n vlakte. 5. Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê."

6 2a Hoe die weg gebaan is Wat die mense gesien het Wat God bewerk
Die Woord staan vas

7 3. Die hartseer roep (vv6-8a)
6. Iemand sê: "Roep!" En ek vra: "Wat kan ek roep? Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: 7. gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai." Dit ís so, die volk is soos gras. 8. Gras verdor en blomme verwelk

8 3a Die Eerste Struikelblok word oorkom
Die volk van God het in ballingskap hul nietigheid,sondigheid en afhanklikheid van God leer ken. Hulle is maar net soos gras en veldblomme wat tydelik bloei totdat die droë,dorre droogtewind daaroor waai en dan is dit met hulle verby. Ook die magtige wêreldryke en regeerders is maar gras

9 4. Die Roep van Hoop (v8b) Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.

10 4a God se WOORD is skeppingsmagtig
God oorkom die swakheid en sondigheid van die mens deur sy Herskepping

11 5.Die Goeie Tyding (vv9-11) 9. Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard, Jerusalem, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: "Julle God is hier! 10. Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, die wat aan Hom behoort, is by Hom.

12 11. Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.

13 5b Die tweede struikelblok word oorkom
God self bring Sy volk tot hul volheid

14 6.1 Die Boodskap vir Gister
`n Klein oorblyfsel vd volk keer terug Met groot moeite en teen geweldige weerstand in word Jerusalem se tempel en stadsmure herbou.Ook die stede en die res vd land Maar behalwe vir `n paar jaar staan hulle altyd onder vreemde oorheersing Die Uitkoms was nog nie volkome nie

15 6.2 Die Boodskap vir vandag
2. In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom. 3. Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. 4. So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja: "Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. 5. Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word; die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word. 6. En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom."

16 Die Uitkoms is hier Want ons Verlosser het gekom
Maar die Sonde en die verganklikheid is nog met ons

17 6.3 Die Boodskap vir more Ons Verlosser kom in heerlikheid om die Nuwe Hemel en Aarde `n werklikheid te maak met Jerusalem as God se Hoofstad


Download ppt "DIE UITKOMS IS HIER,DIE UITKOMS IS HIER!"

Verwante presentaties


Ads door Google