Kolossense 2:6-19 PowerPoint agtergrond

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
DIE UITVERKORENES Les 11 vir 16 Desember 2017.
Advertisements

Les 6 vir 11 November 2017 ADAM EN JESUS.
Votum V - Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. G - Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy van die Vader het, vol genade en waarheid.
Psalm 98 Geseënde Kersfees! Orrelis: Albert Troskie
Toewyding.
OORKOMING VAN SONDE Les 7 vir 18 November 2017.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
DIE SLEUTEL TOT EENHEID
DIE LIGGAAM VAN JAHSHUA.
Wie is reg? Wie is weg? God en Godsdienste.
Aanbidding vra: Besit die Heilige Gees jou siel?
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
Hoop in onverwagte plekke
Die storie van Paulus en sy reise (deel 1).
Gedagtes rondom die nagmaal
Herkoms, Frekwensie en Bedoeling
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Psalm 40:6 Ek pleit, o Heer, op u barmhartigheid. Bly met u liefde en trou om my, want ramp en onheil is naby en om my heen. En in my hart is stryd.
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en.
Ons rykdom in Christus Efésiërs 1 ross van niekerk.
Christus se voortgaande werk - na sy Hemelvaart
Ontsyfer die vers...Hoe maak mens?
“Daarop lei [God] [Abraham] uit na buite met die woorde: ‘Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel.’ En Hy sê vir hom: ‘So sal jou.
VOLHARDING IN DIE GOEIE STRYD
Wat van die res van jou lewe?
Hartlik welkom in die Erediens! ‘Auto-pilot’: Ja of Nee?
Rom.6: en :
Beeld van God.
Keerpuntgebeurtenisse
Gedagtenis maaltyd.
DIE OORTUIGENDSTE BEWYS
ONS KRAGKRISIS Feitesending. ONS KRAGKRISIS Feitesending.
Joh. 14: :
Om die Woord (Brood) reg te breek… nie altyd so maklik nie
“SODAT HULLE EEN KAN WEES”
Bybel Speletjies Name van JESUS.
Fil 4:4-8 “4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie,
Klou vas aan die Woord Maar deel uit die vrug.
Ons storieboek oor Jesus se geboorte
VENSTER OP DIE EWIGHEID.
Bekering.
Vrugte van die Gees.
Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die.
Die grootste is die LIEFDE
Moet die Tien Gebooie vandag steeds nagekom en eerbiedig word ?
‘N NUWE GEBOD JOH 13:34-35 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan.
Spr. 3-:12 “'n soort mens wat homself as rein beskou, maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie”
10. Ek glo Jesus is terug hemel toe
GEESTELIKE DINGE.
Hartlik welkom in die Erediens! Volharding met ons oë op Jesus gerig
Hartlik welkom in die Erediens!
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
NUWE LEWE DEUR DIE GEES 1 KOR.3:1-4,11-15.
Laaste onderwys (na die nagmaal) ‘n Nuwe gebod (13) sy dood en opstanding (14) die wynstok en die lote (15) vervolging in die wêreld (15) die koms.
Lees: II Petrus 1:1-15 Teks: II Petrus 1:2 Tema: Kennis van God en Jesus Christus dringend belangrik vir my geloofsekerheid! Sing: Lof: Psalm 138-1:1,2.
Die Groot Vyf Traumas • Dood • 9 Maart •.
Ef. 4: “Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle.
STREK OEFENINGE Vergeet die dinge wat agter is en strek jou uit na wat voor is - Filippense 3:14 Kom ons strek almal met ons arms so ver vorentoe as.
Skriflesing: Kolossense 3 :
Joh. 1: Efes. 5:
Gen. 1: 1-2 Rom. 8:
Rom.1:18-32.
ACTS ACTION II..
Hartlik welkom in die Erediens!
Hartlik welkom in die Erediens!
Hy het weer gaan bid… Matt 26:38-46
Joh. 14:2-3. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek
Johannes 6 Hierna het Jesus na die oorkant van die See van Galilea toe gegaan, wat ook die See van Tiberias genoem word. 'n Groot klomp mense het agter.
Transcript van de presentatie:

Kolossense 2:6-19 PowerPoint agtergrond Titel: Coast Guard HH-65 helicopters fly over Red River, eiendom van Coast Guard News, foto geneem op 28 Maart 2009. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Die foto is beskikbaar by https://www.flickr.com/photos/coastguardnews/3394506360/in/photolist-6aXJtJ-6aknMi-ngWiL2-6aTzhP-yDSbhg-6aBe9G-BNBY-cVq7K-cJci6f-cJchgQ-aaJrQa-cJcdxS-cJccPW-4UU8ci-fV5sAw-cJcbx5-cJcjqd-6aBdeh-cJcdJ1-eQkKzD-9y3aaL-cJcgUs-cJcino-cJcjkw-cJcf73-4UYkaG-cJccHu-cJccdm-9y3aab-XaSW1-6aWwhQ-cJcfE9-eQx9rh-6aWvtG-4UU7X6-7DEBhD-7DEBmp-cJcigG-cJcefs-8PhQaz-ngWoge-cJceML-eQkKyz-7DJq4d-cJcgm9-cJcjs7-cJchDf-9y3ab7-nDdQGn-cJchL1

God nooi ons uit en ons kom tot rus Toetrede Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer of VONKK 37 Ons Hou Ons Oë Op Jesus, die Here http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0037 Votum Kolossense 1:15-20 15Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 17Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. 18Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem. 19God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. Seëngroet Nav Kolossense 1:2 Aan almal in [gemeente] wat aan God behoort, getroue broers en susters in Christus. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Lofsang Lied 468 (gebaseer op Kol. 1:15-20, wat as votum voorgestel word) of Flam 143 Leeu van Juda (gebaseer op Kol 2:14-15) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F143 Die wil van God Kolossense 3:1-17 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. 5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is. 6Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. 7Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. 8Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie. 9En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. 11Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. 12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. 16Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. 17En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Skuldbelydenis Lied 285 O God, so groot in heerlikheid of F79. Ek Kies Vir U http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F079 Genadeverkondiging Kolossense 1:12-14 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Geloofsbelydenis

God praat met ons en ons luister Gebed N.a.v. Kolossense 1:9-14 Ons bid, Here God, dat U deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, ons u wil duidelik sal laat ken, sodat ons tot u eer sal lewe deur net te doen wat u verlang. Mag ons vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag u deur u wonderbare krag ons alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap wil ons die Vader dank wat ons geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. U het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van u Seun wat u liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Skriflesing Kolossense 2:6-19 Familie-oomblik Preek

Kolossense 2:6-19 Fokusteks Waarskuwing teen misleiding 2 Ek wil hê julle moet weet hoe sterk ek my beywer vir julle en vir die gelowiges in Laodisea en vir al die ander wat my ook nog nie persoonlik gesien het nie. 2My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus, 3en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind. 4Ek beklemtoon dit, sodat niemand julle met vals redenasies mislei nie. 5Al is ek nou nie persoonlik daar nie, is ek tog in die gees by julle en is ek bly om te sien dat julle die goeie orde handhaaf en dat julle geloof in Christus stewig vas staan. Lewe in verbondenheid met Christus Jesus 6Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, 7in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. 8Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. 9In Hom is die volle wese van God beliggaam, 10en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag. 11Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. 12Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het. 13Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. 15Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. Moenie dat iemand julle mislei nie 16Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie aof dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. 17Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. 18Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, 19en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei. a Vgl. Rom. 14:1–14:12

Familie-oomblik Familie-oomblik Uit die Kolossense-brief tel ’n mens ’n onderliggende angstigheid by die Kolossense op. Dis asof hulle gewonder het: “moet ons nog hierdie of daardie feeste herdenk, moet ons nog dit of dat doen.” Hoe moeilik is dit om gewortel te wees in die geloof as jy bang is jy doen dinge verkeerd. Die storie van Noni sluit mooi hierby aan. Sy is bang sy vergeet iets met haar eerste skooldag. Jy kan die elektroniese weergawe van die storie hier koop. Neem “screenshots” van die storieboek (druk Shift + PrntScr) en “paste” dit in die powerpoint. Of vertel die storie en wys prente direk van ’n tablet of die e-Reader op jou rekenaar. Carolyn Brown (worshippingwithchildren.blogspot.com) sê die probleem vir die Kolossense is dat mense dit meer ingewikkeld gemaak het om ’n Christen te wees as wat dit veronderstel is om te wees. Mense wat aanspraak daarop gemaak het om “regte Christene” te wees, het spesifieke wette gevolg en ’n spesifieke tipe spiritualiteit gekweek. Die arme Christene in Kolossense het hulleself op ’n knoop gejaag om alles te probeer doen en wees. Paulus sê vir hulle om te ontspan, om te onthou wie en wie s’n hulle is. Kinders het ook vandag die probleem dat almal vir hulle probeer sê wie hulle moet wees en wat hulle moet doen: hulle moet atleties, slim, talentvol, mooi, gewild, ens. wees. Dis alles goed en wel, maar dis nie die beste ding wat ons kan wees nie – dit kan ons nie red nie. Paulus se boodskap vir kinders is om te ontspan en te onthou dat God hulle lief het – hulle behoort aan Jesus. Met bogenoemde as agtergrond, stel Brown voor dat daar op verse 6-7 gefokus word. Dit bevat twee beelde wat ons herinner aan ’n eenvoudige lewe: gewortel in Christus en gebou op Christus. Jy kan die “gewortel” demonstreer met ’n potplant. Wys die wortels en verduidelik hoe die wortels soek vir kos en water.

Moeilikheid! Preekriglyn Mense besef nie altyd hoe groot die moeilikheid is waarin hulle verkeer nie. In krisisse verkies baie mense om in hulle haglike omstandighede te bly. Hulle herken nie altyd redding wanneer dit opdaag nie, en dink hulle het net 'n klein bietjie hulp nodig om te kan oorleef. Verstommend, maar waar. Helikoptervlieënier Iain McConnell en sy span het so 'n belewenis gehad toe Orkaan Katrina New Orleans in 2005 getref het. Hy was deel van 'n span wat vyf helikopters moes bedryf om mense van hulle huise se dakke te red en na veilige versorging te neem. Tot die vlieëniers se skok wou redelik min mense regtig gehelp word. Met die eerste paar vlugte kon hulle 'n skamele 89 mense, drie honde en een kat red. Van toe af kon hulle niemand na veiligheid neem nie. Almal het geweier om deur die helikopters opgelaai te word! Selfs al het die meeste mense op hulle huise se dakke gesit terwyl die vloedwater om hulle tier. Volgens McConnell het baie net gevra die helikopter moet vir hulle kos en water bring. Die vlieëniers was ontsteld, hulle het gewaarsku die dakke is onveilig, die huise kan instort, die water gaan vir 'n lang tyd hoog bly, die omstandighede is onhigiënies, en die blootstelling op dakke is sleg vir mense gesondheid. Nogtans het verreweg die meeste geweier om gered te word. Die waarheid is, sê McConnell, dat die mense nie besef het hoe ellendig en benard hulle situasie was nie. Dat daar nie nog meer lewensverlies was nie, is 'n wonderwerk.

Christus, ons redding Christus, ons redding Kolossense 2 help ons om ons redding te herken wanneer dit opdaag. Ons teksgedeelte is 'n uitnodiging om die redding in Christus – en Christus alleen – as die ware bron van verlossing te sien. Ons word genooi om Christus vas te gryp en in verbondenheid met Hom te lewe. Ons word uitgedaag om ons nie van Christus te laat wegtrek deur ander opvattings van waarheid en verlossing nie. Hy alleen is die een wat ons sondige natuur kan wegneem en die magte wat oor ons heers kan verbreek. Daarom moet ons aan die Hoof, Christus, bly vashou. Paulus waarsku dat die "oplossings" van dwaalleringe nie ons benarde situasie kan aanspreek nie. Ons nood is ons sonde, en dit kan nie hanteer word met godsdienstige gebruike en voorskrifte nie. Jaarlikse godsdienstige feeste, dieetreëlings (wat jy mag eet en wat nie), die aanbidding van engele, en ander gebruike help niks nie. Dit is soos om velkanker met grimering te bestry. Dit is soos om brood en water op jou huis se dak te vra, terwyl die vloedwater die mure onder jou wegkalwe.

Aangesien julle dan... Aangesien julle dan... Paulus spreek die gemeente in vers 6 aan as mense wat Christus Jesus as Here aangeneem het. Hulle het die verlossing in Jesus Christus herken, en erken sy koningskap en heerskap oor hulle lewens. Nou moet hulle leef ooreenkomstig hierdie status. Die gevaar vir die gelowiges is dat hulle van Jesus weggeskeur sal word deur allerhande leringe wat vreemd is aan Christus. Hierdie leringe gee 'n ander inhoud aan redding, en vervals daarmee ons nood en ellende, en die uitkoms daaruit. Die vervalsing werk met: Vreemde teorieë en leringe wat op die oorlewering van mense berus Wettiese godsdienstige reëls wat Christus vervang Magte en gesagte, soos engele en hul aanbidding, wat na bewering vir ons heil inhou Hierdie idees en praktyke is gevaarlik, want dit trek ons weg van Christus af. Hoe bly ons gefokus op Christus, die Verlosser, sonder om van Hom weggetrek te word?

Wandel in die Here Wandel in die Here Paulus begin deur in vers 6 terug te verwys na die loflied op Jesus as Here – van beide die Skepping en Herskepping (1:15-20). Hy gebruik dit as basis vir sy oproep aan hulle om hulle hele lewe te fokus op Christus Jesus. Aangesien hulle Hom as Here aangeneem het (nog beter gestel: Hom as Here ontvang het, soos dit in die Grieks staan, paralambano), is dit net logies dat hulle verbonde aan Hom sal lewe. Die vertaling in verbondenheid met Hom lewe, beteken letterlik wandel in Hom. Die Griekse woord wandel (peripateo) beteken in wese dat ander mense in jou lewenswandel – die manier wat jy lewe, jou lewenstyl – sal sien dat jy die die Here ontvang het en verbonde aan Hom lewe. Dit moet dus sigbaar wees vir ander dat jou lewe om die Here draai. Jou geloof en jou gedrag moet dieselfde wees. Paulus se verduideliking van hierdie lewensverbondenheid laat ‘n mens dink aan die metafoor van ‘n boom: gewortel en opgebou in Hom, bevestig in die geloof, en vervul tot oorlopens toe met dankbaarheid. Dit het te make met die onsigbare en persoonlike dele van ons geestelike lewe (wortels en voeding), sowel as die sigbare en publieke dele daarvan (takke en vrugte). In alles, waar jy alleen is, en waar jy in ander se geselskap is, moet dit duidelik wees dat jou lewe om die Here draai, dat Hy die eerste plek in jou lewe inneem, presies soos Hy die eerste plek in die heelal inneem (1:15-20).

Vermy leë filosofieë en ʼn selfgemaakte godsdiens Kyk na verse 7-15. Dit beteken onder andere dat hulle nie aandag moet gee aan dinge wat Jesus se Heerskap in hulle lewens kan verdring of vervang nie. Dit is dinge soos: Leë filosofieë wat eintlik op 'n magiese verstaan van die wêreld berus. Dit sluit teorieë (letterlik filosofieë) en argumente (leë leringe) in, waarmee Paulus nie die filosowe as sodanig aanvat nie, maar dié in Kolosse wat inhoudloos was en slegs op menslike tradisies en basiese okkultiese of astrologiese beginsels berus het Dit moet vermy word deur te fokus op Jesus, as Here van alles, wat alle ander verduidelikings van hoe die wêreld werk, vervang.

Vermy allerhande vreemde voorskrifte en visioene Vermy allerlei vreemde voorskrifte en visioene Kyk na verse 16-23. Dieselfde geld die Joodse klem op die besnydenis. Die leringe daaroor moet vermy (word deur te fokus op die doop wat 'n vereniging met Jesus Christus is, en die geskenk van 'n nuwe lewe inhou). Dieselfde geld ook sekere Joodse voorskrifte– dinge soos die reëls van wat jy mag eet of drink of waaraan jy mag vat of dan nou juis nie, feeste wat gevier moet word (jaarlikse feeste en die nuwemaansfees) en die hou van die sabbatdag. Daarby was daar ook sprake van ‘n aanbidding van engele, en asketiese gebruike (streng beheersing van die liggaam – 2:23). ‘n Swetterjoel vreemde invloede dus wat gedreig het om die boodskap van Christus te verdring en hulle in bygeloof te laat verval. Dit is die dinge wat ‘n mens moet vermy, want dit kan jou laat paraptóma (jou pootjie of laat afdwaal). In Christus is hulle immers dood vir die invloed van die magte van hierdie wêreld (2:20). En hierdie selfgemaakte leerstellings maak geen bydrae tot ‘n mens se verlossing nie (2:23). Selfs nie eers die besnydenis is meer ‘n onderskeidingsteken van die Christen se geloof nie, net die werklikheid van Christus in elkeen se lewe (3:10). Daarom maak Paulus beswaar teen enige vermenging van die geloof in Christus met selfgemaakte leerstellings, veral wanneer dit nog met jou saligheid verbind word. Dis waarom niemand jou kan voorskrywe oor allerlei nie, want jy het die hoogste verbintenis wat daar is en wandel deur hierdie lewe met die Here van die heelal aan jou sy.

3 Griekse woorde Leer drie Griekse woorde Ons hierdie gedeelte saam te vat, moet ons drie Griekse woorde leer, wat Paulus vir ons onderstreep: Paralambano – ontvang. Ons het Christus as ware Verlosser ontvang Peripateo – wandel. Ons word geroep om saam met Christus te wandel, Hom te volg Paraptóma – afdwaal. Ons moenie dat iets ons verlei om van Christus af te dwaal nie. Ons as individuele gelowiges, maar ook as gemeente moet onsself voortdurend hieroor ondersoek. Fokus ons op Christus? Doen ons wat Christus van ons verwag, om ons deur Hom te laat leer en aan Hom alleen vas te hou? Waar lê ons werklike liefde, die diepste verbintenis van ons hart? Watter kragte is daar wat ons wil wegtrek van Christus af, en wat doen ons daaraan? Hoe kies ons om altyd by Hom te bly en Hom na te volg?

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 271 Heil’ge Jesus, wat my lewe Seën Respons Lied 223 Aan Jesus, Koning, al die eer refrein: Kom loof Hom. Loof Hom. Loof Hom. Loof Hom en volg Hom as U eer. of F361. Laat Dit So Wees (Amen) http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F361 (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers   Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen.

Volgende erediens: Kolossense 3:1-11   Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton en Chris van Wyk Proses en ekstra stof: Chris van Wyk