De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

GEESTELIKE DINGE.

Verwante presentaties


Presentatie over: "GEESTELIKE DINGE."— Transcript van de presentatie:

1 GEESTELIKE DINGE

2 Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword. Job 33:4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend. Eze 37:5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

3 Rom 7:12 Rom 7:21 Rom 7:24 die wet is heilig en regverdig en goed
maar ek vind hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

4 Rom 8:1-6 As jy in Jahshua is en nie die vleeslike pad nie maar die geestelike pad loop, dan sal jy nie veroordeel word nie. Want die wet van die Gees van die lewe in Jahshua het jou vrygemaak van die wet van die sonde en die dood, as volg: die wet is kragteloos deur die vlees en kan nie vir jou geregtigheid bewerk nie. Daarom het God sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees gestuur en die sonde in sý vlees veroordeel, sodat die reg van die wet vervul kan word in jou as jy nie die vleeslike nie maar die geestelike pad loop. Want as jy vleeslik is, bedink jy vleeslike dinge, maar as jy geestelik is, geestelike dinge. (En wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede)

5 Rom 13:8-10 Wees gehoorsame landsburgers en wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet

6 Rom 12:1-21 Gee jou liggaam as ‘n lewende, heilige offer aan God
Moenie soos die wêreld wees nie, maar dink nuut (geestelik!), en ervaar die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God Wees besadig volgens jou eie gawes en talente, want ons is almal saam een liggaam in Jahshua en elkeen afsonderlik lede van mekaar, en ons besit verskillende genadegawes: profesie, bediening, lering, vermaning, uitdeling, voorganger, barmhartigheid, ens. Beoefen dit in opregtheid, met ywer, met blymoedigheid, ens.

7 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; verbly jou in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed, maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; seën die wat jou vervolg, wees bly met die wat bly is en ween met die wat ween; wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg jou by die nederige; moenie eiewys wees nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; leef sover moontlik in vrede met alle mense, moenie jou wreek nie maar as jou vyand honger het, gee hom iets om te eet of as hy dors het, gee hom iets om te drink; oorwin die kwaad deur die goeie

8 lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,
Gal 5:22-26 Die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing Teen sulke dinge is die wet nie. As jy aan Jahshua behoort, het jy die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig As jy deur die Gees lewe, wandel dan ook deur die Gees. Moenie ‘n soeker van ydele eer wees wat ander uittart en beny nie

9 Ef 5:19-21 Praat onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van Jahshua terwyl julle Vader altyd vir alles dank in sy Naam, en aan mekaar onderdanig is in respek vir God Gal 6:7-9 Net wat jy saai, sal jy ook maai. As jy in jou vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar as jy in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. En moenie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal jy maai as jy nie verslap nie


Download ppt "GEESTELIKE DINGE."

Verwante presentaties


Ads door Google