De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

DIE OORTUIGENDSTE BEWYS

Verwante presentaties


Presentatie over: "DIE OORTUIGENDSTE BEWYS"— Transcript van de presentatie:

1 DIE OORTUIGENDSTE BEWYS
Les 9 vir 1 Desember 2018

2 Indien ons die verlossing wat Christus bied aan die kruis aanvaar, is ons in ‘n ooreenkoms met Hom verenig. Ons is met God en ons medemens versoen. Ons lewens is herskep. Die gelowiges verenig in ‘n gemeenskaplike missie, en die verskille skuif hulle eenkant. VERENIG IN CHRISTUS VERENIG IN VERSOENING VERENIG IN PRAKTYK VERENIG IN VERSKILLE VERENIG IN MISSIE

3 VERENIG IN CHRISTUS “om die volheid van die tye te reel, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig-.” (Efesiërs 1:10) Ons word deur Jesus se dood en opstanding gered. Ons is met Christus verenig as ons Sy verlossing aanvaar. Die tweede doel van die plan van verlossing is vervul want ons is in een Verlosser verenig: “Hy voeg die verstrooide kinders van Israel tot ‘n eenheid.” (Johannes 11:52) Wanneer ons gedoop word, aanvaar ons Jesus in die openbaar en ‘n band is geskep tussen nuwe broers en susters. “Een Here, een geloof, een doop. Een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is” (Efesiërs 4:5-6)

4 Versoening met ons broers en susters Universele versoening
VERENIG IN VERSOENING “ En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het.” (2 Kor. 5:18) Die dood van Jesus het die muur van skeiding afgebreek tussen Jood en Heiden. Hulle is versoen en het een volk geword. (Efesiërs 2:13-16). God wil al Sy kinders verenig. Die bediening van versoening bestaan uit drie dele: Ons was ver van God, maar ons is versoen met Hom deur die werk van die Heilige Gees. Versoening met God Ons eenheid in Christus bewys die vrede en eendrag tussen ons. Versoening met ons broers en susters Ons is geroepe om andere te nooi om met God te versoen. Universele versoening Insoveel as wat die kerk eenheid en versoening bewerk, sien die wêreld God se ewige wysheid in werking (Efesiërs 3:8-11).

5 EENHEID IN PRAKTYK “Hy wat sê dat hy in Hom bly behoort ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (1 Johannes 2:6) Om Jesus te aanvaar is nie net n geestelike goedkeuring nie. Hierdie aksie verander ons lewens in ‘n praktiese wyse. Ons houdings en gevoelens verander, en eenheid neem toe. ‘n Lewe wat deur die Heilige Gees verander is, is die mees kragtigste getuienis in die wereld. (1 Petrus 2:11-12). Die Bybel verduidelik hoe ons lewens herskep word. Byvoorbeeld, lees Efe 4:25-5:2, Kol 3:1- 17, Matt 7:12, Gal 6:2, 1 Pet 3:3-4, 1 Kor 10:31…

6 Volgens die vorige verse, wat moet die Christen ophou om te doen?
EENHEID IN PRAKTYK Volgens die vorige verse, wat moet die Christen ophou om te doen? Owerspel Onreinheid Luste Onheilige begeertes Gierigheid Toorn Gramskap Haat Godslastering Bedrieglike woorde Korrupte woorde Leuens Steel Grief Skree Ydelheid

7 Volgens die vorige verse wat moet Christene doen?
EENHEID IN PRAKTYK Volgens die vorige verse wat moet Christene doen? Bedink die dinge daarbo Wees heilig Wandel in liefde Wees genadig Wees minsaam Wees nederig Wees kalm Wees geduldig Verdra andere Vergewe andere Vertoon liefde Soek vrede Wees dankbaar Bestudeer die Woord Wees wys Sing vir die Here Doen alles tot eer van God Spreek wat hulpvaardig is Wees goed Wees barmhartig Volg God na Kyk na ander se welstand Dra ander se laste Soek innige gesondheid Streef na gesonde lewenswyse

8 VERENIG IN VERSKILLE “Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.” (Romeine 14:6) In Romeine 14-15, gee Paulus aandag aan die knelpunte wat skeiding maak in die gemeente in die kerk in Rome. Daardie knelpunte was oor gewoontes, tradisies en gewetensprobleme. Byvoorbeeld, te let op die feestelikhede, dae van vas, jou weerhou van vleis wat aan afgode geoffer is… Paulus het beide partye aangeraai om verdraagsaam te wees, want daardie knelpunte hou nie verband met verlossing nie. Hierdie is wyse advies. Dit kan ons vandag help met eenhied in die kerk .

9 EENHEID IN MISSIE “En toe die dag van pinksterfees aangebreek het, was hulle eendragtig bymekaar.” (Hand 2:1) ‘n Paar dae voor Pinkster het die dissipels steeds probeer sien wie die grootste onder hulle was (Lukas 22:24). Om hulle missie te vervul (Hand 1:8), moes hulle daardie gedagtes verwerp vir eenheid. Hoe kon hulle dit doen? Hulle het tot God genader in gebed en mekaar om vergifnis gevra. Hulle het opgehou om mekaar se foute op te hemel. Niemand het Petrus blameer omdat hy Jesus verloën het, Jakobus en Johannes vir selfsugtigheid of Thomas van skeptisisme nie. Hoe kan ons leer om die foute van andere te ignoreer, alles ten behoewe die vervulling van ons missie?

10 E.G.W. (Counsels for the Church, cp. 4, p. 45)
“Wanneer Christus se gebed tenvolle geglo word, en die instruksie daarvan in die daaglikse lewe van God se volgelinge is, sal eenheid van aksie in ons geledere gesien word. Broer sal gebonde wees aan broer deur die goue bande van liefde van Christus. Slegs die Gees van God alleen kan hierdie eenheid bewerkstellig. Hy wat Homself geheilig het kan Sy dissipels heilig. Verenig met Hom, sal hulle met mekaar verenig wees in die aller heiligste geloof. Wanneer ons na hierdie eenheid strewe soos God begeer ons moet, sal dit na ons kom.”


Download ppt "DIE OORTUIGENDSTE BEWYS"

Verwante presentaties


Ads door Google