PRODUKSIEFAKTORE Graad 8

Slides:



Advertisements
Verwante presentaties
Hoofdstuk 3: Aan het werk
Advertisements

Onderwerp 3 Goedere en dienste
Die produksieproses Onderwerp 15
Ongelykheid en armoede
VAKBONDE TERME.
Sosio-ekonomiese kwessies Graad 10
Rekeningkundige begrippe
Begrotingsaspekte Tegnologie vandag Die raamwerk vir begroting ”’n Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse” Die beheerliggaam moet.
Ekonomiese Bedryfs Wetenskap
Onderwerp 10 Die entrepreneur
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 3.
Besigheidstudies Graad 12
Daar het iets in ons land verkeerd gegaan Daar het iets in ons land verkeerd gegaan. Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig.
EENHEID IN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
Begin ‘n besigheid Onderwerp 11
Spaargeld Onderwerp 16 Wat gaan ons leer? • persoonlike spaargeld • die doel van spaargeld • die geskiedenis van banke • die rol van banke • dienste wat.
Besigheidstudies Graad 11.
Onderwerp 4 Besighede Waarvan gaan ons leer? • formele en informele besighede. • soorte besighede (handels-, vervaardigings- en diensondernemings) wat.
TAALFOKUS: Voornaamwoorde
Onderwerp 8 Begrotings Wat gaan ons leer? • definisie van ’n begroting • inkomste • uitgawes • ’n persoonlike begroting • ’n besigheidsbegroting.
Matt 28 : Gaan daan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle.
IS JY NOG ERNSTIG OOR JOU EIE BEDRYF – KRY JOU HUIS IN ORDE
Handoplegging.
Is jy regtig ‘n senior?.
Beslote Korporasies ONR 314.
Stres Gr. 11.
Kopiereg.
Die geskiedenis van geld
Gaby Hattingh Samantha Papenfus Charnelle Ingram
Funksies van ‘n Besigheid
Entrepreneurskap Graad 8
Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 6.
Gal. 3:3. “Is julle dan so sonder begrip
Arbeidsreg – ARR224 Lesing 7
Besigheidstudies – Graad 12
Rekeninge in die Algemene Grootboek
FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal.
Wat van die res van jou lewe?
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA VERKLIKKER BEWUSMAKINGSVELDTOG
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
Beslote Korporasies HOOFSTUK 27.
Besigheidstudies Graad 10.
Economische kringloop
Besigheidstudies Graad 11.
Is jy regtig graad 10?.
Vir elke oefening wat jy doen, doen dit asof JY die Boekhouer is.
Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 1.
ARBEIDSREG VIR DIE BOER
Rentmeester 4 x G’s Bestuurder (Aanspreeklik) Gawes (Talente)
Is jy amper‘n senior?.
Behoeftes en begeertes
Ons wag.
Versekering | Finansiële Beplanning | Aftrede | Beleggings | Welvaart
Hoe lyk die wêreld waarin ons leef?
DIE #17 PLEK WAAR CHRISTENE DIE ERGSTE VERVOLGING ERVAAR
AARP Beginsels Graad 10 Vra aan leerders: Waarvoor staan die akroniem AARP - Algemean aanvaarde rekeningkundige praktyk.
Universiteit van Pretoria
DIE EKONOMIE Graad 8 MARKTE.
Werks- en inkomsteverlies; ‘n relevante bedienings-uitdaging
Vrugte van die Gees.
LESING 1 VENNOOTSKAPSREG.
“gevangene van die wet”
Gemeentevisie Efes 4:1-17.
Die lewe is (soos) … Metafoor – kort vergelyking
Hand. 1:
WAAR KERKREG EN ARBEIDSREG MEKAAR ONTMOET
LO Kwartaal 1 Graad 10.
Beslote Korporasies ONR 314.
Transcript van de presentatie:

PRODUKSIEFAKTORE Graad 8 entrepreneurskap PRODUKSIEFAKTORE Graad 8

EENHEID 1: KAPITAAL, ARBEID, DIE ROL VAN WERKERS IN DIE ONDERNEMING EN REGVERDIGE ARBEIDSPRAKTYKE:

KAPITAAL Kapitaal is die geld en waarde van die besitings (fisiese bates) wat die eienaar gebruik om ʼn besigheid te begin. Finansiële kapitaal is die geld wat gebruik word om ʼn inkomste te genereer of in ʼn besigheid te belê. Bedryfskapitaal betaal vir die bedryfsbates soos die material en die brandstof wat in die produksieproses gebruik word. Rekenmeesters onderskei tussen geleende kapitaal en eie kapitaal wat gebruik word om ʼn besigheid op te rig en te bedryf.

Geleende kapitaal: Geleende kapitaal is enige geld wat ʼn entrepreneur of sake-eienaar vir die doel van die vestiging en bedryf van ʼn besigheid leen. Geld word meestal by ʼn bank of belegger (dikwels ʼn familielid of vriend) geleen wat vertroue in die toekomstige winsgewendheid van die besigheid het. ʼn Besigheid verkry gewoonlik geleende kapitaal deur lenings by instellings soos banke en versekeringsmaatskappye.

Eie kapitaal: Eie kapitaal verwys na enige geld wat die entrepreneur of eienaar uit persoonlike spaargeld in die besigheid belê het. Groter besighede (openbare maatskappye) kry soms kapitaal deur ʼn gedeelte, of ʼn aandeel van die maatskappy aan die publiek te verkoop.

Kenmerke van kapitaalgoedere: Word gebruik in vervaardiging van ander goedere. Mensgemaak. Word nie onmiddellik in produksieproses gebruik nie. Dit is voorraaditems en die waarde kan op enige tydstip bereken word.

Arbeid: Dit verwys na die intellektuele (verstandelike) en fisieke insette van mense wat vir die produksie van goedere en dienste aangewend word. Die menslike energie en intellektuele insette word gebruik om ekonomiese goedere te vervaardig.

Die verskaffing van arbeid hang af van: Die grootte van die bevolking. Die geografiese verspreiding in verhouding tot besigheid en hulpbronne. Die vlak van onderwys en opleiding. Die organisasie (rakende vakbonde en organiseringsagentskappe). Die samestelling deur ouderdom en geslag.

3 arbeidskategorieë: Ongeskoold: Verwys na werkers wat geen vaardigheidsopleiding of ervaring in ʼn bepaalde werksomgewing het nie. Voorbeelde: Algemene plaaswerk Skoonmakers Veërs Laaiers Pakkers Bodes

Halfgeskoolde: Verwys na werkers wat ʼn mate van opleiding en vaardigheid het of meer opleiding en vaardighede vereis as ongeskoolde arbeid, maar minder opleiding en vaardighede het of vereis as geskoolde werkers. Voorbeeld: Assistent-loodgieters en –elektrisiëns Kelners en kassiere Leerlingmotorwerktuigkundiges Drywers Petroljoggie

Geskoolde: Is enige werker met ʼn spesiale vaardigheid, kennis of wat ʼn spesiale vermoë in sy werk opgedoen het. Rekenaarprogrammeerders Sjefs Haarkappers Tekenaars Motorwerktuigkundiges Rekenmeesters Ingenieurs Ambagsmanne

Regverdige arbeidspraktyke: Werknemers verwag om regverdig in hulle werkplek behandel te word. Hulle word beskerm deur wetgewing, veral die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat betref: Die aantal ure wat mense sonder onderbreking mag werk. Die maksimum aantal werkure in ʼn week. Die hoeveelheid verlof, asook swangerskap- en siekteverlof, waarop werknemers geregtig is. Betaling vir die werk wat gedoen is, en toegelate aftrekkings van lone en salarisse (vir inkomste- belasting, werkloosheidsversekering ens.) Kennisgewing vir die beëindiging van diens moet skriftelik gegee word.

Natuurlike hulpbronne: Natuurlike hulpbronne (grond) is die hulpbronne wat natuurlik op die planeet voorkom (onverwerkte gawes van die natuur), wat gebruik word om goedere en dienste te vervaardig.

Entrepreneurskap: Entrepreneurskap is die spesiale menslike inspanning wat die risiko neem om arbeid, kapitaal en natuurlike hulpbronne saam te snoer om goedere en dienste te vervaardig.

ʼn Entrepreneur is ʼn persoon wat ʼn besigheid begin, wat ʼn finansiële risiko neem met die hoop om ʼn wins te maak. ʼn Suksesvolle entrepreneur maak seker dat die produk of diens die behoeftes en begeertes bevredig van die mense aan wie hy of sy wil verkoop.

Entrepreneurs is: Harde werkers Bereid om risiko’s te neem Innoverend Bereid om te volhard Goed met mense Gemotiveerd In staat om op hulle eie te werk

Vergoeding vir produksiefaktore: KAPITAAL = RENTE GROND = HUUR ARBEID = LONE EN SALARISSE ENTREPRENEURSKAP = WINS