De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10

Verwante presentaties


Presentatie over: "BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10"— Transcript van de presentatie:

1 BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10
OP DIE WENPAD BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10

2 ONDERWERP 2: Maatskaplike verantwoordelikheid
KWARTAAL 2 ONDERWERP 2: Maatskaplike verantwoordelikheid

3 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
WAT IS MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID? In ‘n besigheidskonteks, word die woorde maatskaplike en sosiale dikwels gebruik om na mense of na die samelewing te verwys. “Verantwoordelikiheid” verwys na ‘n plig of verpligting teenoor iemand. Maatskaplike verantwoordelikheid is ‘n onderneming se verpligting om by te dra tot die welstand van mense. Mense sluit in: werknemers, verskaffers, verbruikers, aandeelhouers, beleggers, reguleerders, gemeenskappe. Hierdie groep mense staan bekend as belanghebbendes.

4 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
DEFINISIES OM HIERDIE KONSEP TE VERSTAAN: Maatskaplike Verantwoordelikheid Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) Dit is ‘n etiese oogmerk waarop gerig is dat alle individue en organisasies ‘n verantwoordelikheid het om die gemeenskap as ‘n geheel te bevoordeel. Dit sluit ook die bewustheid van die gevolge van optrede vir die gemeenskap en omgewing in. Dit is die manier waarop besighede hul tyd en inspanning bestuur om hul belanghebbendes (individue, organisasies wat op een of ander manier ‘n verbintenis met die besigheid het) op ‘n positiewe manier beïnvloed. Om die besigheid se eie oorlewing in die toekoms te verseker moet die besigheid na die welstand van sy belanghebbendes omsien. KMI is deel van KMV. Dit verwys na die tyd, geld, vaardighede, kundigheid en ander hulpbronne wat besighede op die verbetering van di elewenstandaard vna die gemeenskap waarin ‘n besigheid funksioneer, spandeer. Die hoofdoelwit van KMI is nie om ‘n besigheid se wins te verhoog nie, maar om ‘n besigheid se hulpbronne te gebruik om ‘n gemeenskap te bevoordeel.

5 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
DEFINISIE VAN KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID: Die uitvoer van sake edrywighede op so manier dat dit bydra tot die welstand van belanghebbendes (of aandeelhouers) en die omgewing. Dit gaan oor ondernememings wat meer doen as wat van hulle verwag word. Betrokkenheid by Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid bevoordeel nie net die gemeenskap en die omgewing nie, dit bevoordeel ook die onderneming.

6 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
DEFINISIE VAN KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID: Betrokkenheid by Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid hou die volgende voordele vir ondernemings in: Dit help om die beste kandidate te werf. Dit help om die onderneming se beeld te verbeter. Dit help om klantelojaliteit te bou. Dit help om maatskaplike verantwoordelikheidsbewuste beleggers te lok.

7 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
INISIATIEWE VAN ONDERNEMINGS: Elke onderneming het sy eie manier om maatskaplik verantwoordelik te wees. Sommige ondernemings fokus op die gemeenskap, terwyl sander op die omgwing fokus.

8 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
INISIATIEWE VAN ONDERNEMINGS: Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatiewe wat ondernemings al onderneem het: Omgewingsbewaring bv. finansiering van natuurbewaringsprojekte. Onderwys en opleiding aan benadeelde persone, bv. beurse. Lewering van dienste wat die regering traag is om te lewer, bv. om mediese toerusting aan hospitale te skenk. Om te belê in die welstand van werknemers, hulle families en die gemeenskap, bv. behuisingssubsidies.

9 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
HOE PAK BESIGHEDE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES AAN: Geen besigheid kan op sy eie (afgesny van mense en ander besighede) bestgaan nie. ‘n Besigheid is dus deel van die gemeenskap, omdat die besighed se klante en party van die werknemers moontlik ook in die gemeenskap woon. Dit beteken dat die gemeenskap se probleme tot groter of kleiner mate ‘n uitwerking op die besighede wat daar voorkom, sal hê. Hier volg van die belangrikste sosio-ekonomiese kwessies wat besighede moet aanpak, asook moontlike maniere waarop hulle dit kan doen.

10 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
HOE PAK BESIGHEDE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES AAN: Werkloosheid, ongelykheid en armoede: Arm mese kan nie baie produkte of dienste koop nie. Dit is dus in eienaar se belang dat hul potensiële klante soveel besteebare inkomste as moontlik het. Die belangrikste bydrae wat besighede tot die finansiële voorspoed van hul gemeenskap kan maak is as werkgewer. As meer mense ordentlike werk het, kan meer mense goedere en dienste koop. Besighede kan ook jongmense betrek as vrywillige werkers – terwyl die besigheid daarby baat om ekstra werkers te hê, kry die jongmense werkservaring sodat hulle in die toekoms die regte langtermyn werk kan kry.

11 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
HOE PAK BESIGHEDE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES AAN: ‘n Onproduktiewe arbeidsmag: Die mees algemene rede vir ‘n onproduktiewe arbeidsmag is dat die werkers swak opgelei is, of glad nie opgelei is nie. Besighede kan hierdie probleme so aanpak: verskaf indiensopleiding aan werknemers, veral betreffende nuwe tegnologieë verskaf beurse aan werknemers om verder te studier verskaf beurse aan voornemende student.

12 MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
HOE PAK BESIGHEDE SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES AAN: MIV en Vigs: MIV positiewe werknemers is dikwels nie in staat om hul werk ten volle te doen nie. Besighede kan hierdei probleem op verskillende maniere aanpak, veral deur: ‘n duidelike beleid jeens MIV en Vigs te hê en seker te maak dat alle werknemers dit verstaan ‘n MIV- en Vigs-bewusmakingsveldtog van stapel te stuur finansiële ondersteuning te verleen aan NRO’s wat mense met MIV en Vigs bystaan teenretrovirale middels aan MIV-positiewe werknemers te voorsien.


Download ppt "BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 10"

Verwante presentaties


Ads door Google