De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

VAKBONDE TERME.

Verwante presentaties


Presentatie over: "VAKBONDE TERME."— Transcript van de presentatie:

1 VAKBONDE TERME

2 TERME: VAKBOND: ‘n organisasie wat gestig word om die belange en regte van werknemers te beskerm. REGTE: geregtig om iets te besit of om iets te doen, bv. die reg op ’n regverdige loon. GRONDWET: die stel reëls of wette waarvolgens ’n land geregeer word. UITBUIT: om op ’n selfsugtige of onregverdige manier voordeel te trek uit ’n persoon of situasie. AFLEGGING: mense word werkloos gemaak deur hul werkkontrakte te beëindig.

3 ONDERHANDEL: bespreek iets om ’n ooreenkoms te bereik.
KOLLEKTIEWE BEDINGING: die proses waardeur werknemers saamstaan en gesamentlik onderhandel oor besoldiging (betaling) en werksomstandighede. Deur as ’n groep te onderhandel, kan werkers meer druk uitoefen as wanneer hulle individueel onderhandel. GRIEWE: die dinge waaroor mense ongelukkig is. GILDES: organisasies wat die opleiding van vakmanne bestuur het en hulle regte in die werkplek verdedig het. ARBITER: iemand wat aangestel word wanneer daar ’n geskil tussen groepe is, om albei kante van die saak aan te hoor en dan ’n besluit te neem om die geskil te besleg. STAKING: ’n georganiseerde vorm van nywerheidsoptrede waartydens werknemers ophou werk om die bestuur te dwing om kennis te neem van ’n spesifieke kwessie.

4 WILDE STAKING:. ’n skielike, onbeplande en nie-amptelike staking wat
WILDE STAKING: ’n skielike, onbeplande en nie-amptelike staking wat nie deur die werknemers se vakbond uitgeroep is nie. NYWERHEIDSOPTREDE: enige groepaksie deur werknemers om bestuur te dwing om hul griewe en eise te voldoen. RESESSIES: tydperke wanneer daar ’n afname in ekonomiese aktiwiteite is en winste daal. PRIVATISERING: die proses waardeur die regering staatsondernemings en staatsbates aan privaat persone verkoop. DEREGULERING: die proses waardeur wette en regulasies wat die manier waarop besighede gevestig en bestuur word, verwyder (gederuguleer) word. SLOERSTAKING: ’n vorm van nywerheidsoptrede waarin werkers hul normale werksroetine volg, maar teen ’n aansienlike stadiger pas.

5 STAAKWAGTE:. vakbondwerkers wat buite ’n gebou
STAAKWAGTE: vakbondwerkers wat buite ’n gebou protesteer om ondersteuning vir ’n staking te wen, of wat self staak. DOOIE PUNT: ’n situasie waar twee partye nie tot ’n ooreenkoms kan kom nie. OPSIONEEL: jy kan kies om iets te doen of nie, jy hoef dit nie te doen nie. BONDGENOOTSKAP (ALLIANSIE): ’n ooreenkoms of verbond waarin verskillende groepe mense onderneem om saam te werk vir ’n gemeenskaplike doel. DRIESYDIG (DRIEDELIG): ’n groot groep wat deur drie afsonderlike groepe gevorm word om mekaar te ondersteun.

6 WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE:
WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE: die wetlike raamwerk van reëls en regulasies wat die verhouding tussen werkgewers en werkers in Suid-Afrika bepaal. WERKSPLEKFORUM: ’n formele struktuur wat binne ’n besigheid gevestig word om aan werknemers en werkgewers die geleentheid te bied om bymekaar te kom en belangrike aangeleenthede te bespreek, asook saam te beraadslaag en besluite te neem. GLOBALISERING: die proses waardeur hoëtegnologie- kommunikasie, lae vervoerkoste en vry internasionale handel die wêreld in een groot mark verander.


Download ppt "VAKBONDE TERME."

Verwante presentaties


Ads door Google