De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Besigheidstudies Graad 11.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Besigheidstudies Graad 11."— Transcript van de presentatie:

1 Besigheidstudies Graad 11

2 Sakegeleenthede en sakerolle
Kwartaal 2 Sakegeleenthede en sakerolle

3 Professionaliteit en etiese gedrag

4 Definisies en Verskille
Etiese gedrag en professionaliteit is twee konsepte wat dikwels in dieselfde konteks gebruik word. Etiese gedrag het ‘n wyer definisie as professionaliteit. Etiese gedrag verwys daarna om oor di ealgemeen te doen wat reg is. Professionaliteit verwys na sekere spesifieke optrede.

5 Definisies en Verskille
Professionaliteit: Professionalisme in die werksplek verwys na die manier waarop besigheidsbestuurders en werknemers hulself gedra wanneer hulle met belanghebbendes in ‘n bepaalde werksomgewing te doen kry. Dit sluit in voldoening aan die algemeen aanvaarde manier om ske te doen: etiese gedrag, voorkoms, kommunikasie, ingesteldheid, verantwoordelikheid, kennis, vaardigheid, integriteit, respek, etiket en lojaliteit. Etiek: Etiek verwys na die morele waardes wat meestal deur die samelewing en deur die onderneming as ‘n standard vir korrekte gedrag gestel word. Dit is ‘n morele kode gebaseer op bepaalde waardes. In ‘n onderneming beskryf ‘n etiese kode die gepaste gedrag wat van werknemers in die werkplek verwag word. Dit fokus op die verskil tussen reg en verkeerd, goed en sleg.

6 Definisies en Verskille
Etiese gedrag Professionaliteit Om die regte ding te doen. Sekere optrede wat van ˈn spesifieke pos of beroep vereis word.

7 Definisies en Verskille
Meeste beroepe het hulle eie kodes vir etiese en professionele gedrag. Etiese gedrag is wanneer jy in die algemeen doen wat reg is. Onetiese gedrag kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld omkopery, om werkstyd te gebruik om persoonlik ebelange te bevorder soos om persoonlik telefoonoproepe van die werk te maak. Professionaliteit gaan oor hoe om op te tree in ‘n sekere pos.

8 Definisies en Verskille
Professionaliteit beteken oor die algemeen om: Te doen wat die pos van jou verwag. Om toepaslik aan te trek. Betyds te wees. Nie beloftes te maak wat jy nie kan nakom nie. Goeie taalgebruik. Nie stories aan te dra en te skinder nie.

9 Geloofs- of geestelike oortuigings
TEORIEë EN BEGINSELS Etiese gedrag beteken om die regte ding te doen, maar hoe weet mens wat die “regte ding” is? Die land se wette beskryf onwettige gedrag, maar elkeen van ons moet self besluit wat reg en verkeerd is en watter riglyne om te volg om hierdie onderskeid te tref. Kyk na die vorbeelde in die tabel hieronder: Gevolge Party mense baseer hulle besluite op die gevolge van hulle gedrag. Besluite word gebaseer op die volgende vraag: “Wat gebeur as ek uitgevang word?” Geloofs- of geestelike oortuigings Party mense baseer hulle belsuite op hulle geloof of geestelike oortuigings. Besluite word dus gebaseer op wat mense glo. Ander se opinies Party mense baseer besluite op ander mense se opinies. Besluite word gebaseer op die volgende vraag: “Wat sal ander mense van my dink as hulle uitvind?”

10 TEORIEë EN BEGINSELS Etiekteorieë kan gegroepeer word in etiekteorieë wat gedrag rig en etiekteorieë wat karakter rig. Etiekteorieë wat gedrag rig: Utilitêre teorie: Dié teorie hou verband met die gevolggebaseerde teorie wat fokus op die gevolge van ‘n handleing. Volgens hierdie teorie moet iets “nuttigs” uit ‘n etiese handeling spruit. As die handeling vreugde vir die meeste mense tot gevolg het, word dit as reg beskou, en as die handeling leed vir die meeste mense tot gevolg het, word dit as verkeerd beskou. Deontologiese teorie: Volgens dié teorie is ‘n handeling morel reg as dit nie van die reël afwyk nie. ‘n Voorbeeld is dat ‘n sakeman vir homself ‘n reël kan maak om altyd ‘n pak en das te dra om ‘n goeie indruk te maak. Al die werknemers van die besigheid besluit om Vrydae Wêreldbeker-T-hemde vir die duur van die Wêreldbekertoernooi aan te trek, maar hy besluit om steeds ‘n pak en das te dra eerder as om sy eie reël te oortree.

11 TEORIEë EN BEGINSELS Etiekteorieë wat deugsaamheid (karakter) rig:
Deugsaamheidgebaseerde teorie: Dié teorie fokus op ‘n persoon se krakter eerder as op sy of haar handelinge. Hierdie teorie behels ‘n balans tussen twee uiterstes, byvoorbeeld ‘n rekenmeester moet ‘n balans vind tussen die twee uiterstes van vinnig werk en akkuraat wees. Omgeeteorie: Dié teorie is ‘n moderner teorie en behels dat etiek verband moet hou met die situasie. Om te kan weet wat goed of slegs in ‘n sekere situasie is, moet ‘n mens jou in .

12 Meeste ondernemings bestaan om wins te maak.
DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING Meeste ondernemings bestaan om wins te maak. Mededinging is straf. Ondernemngs wat suksesvol wil wees, moet hulleself op verskeie gebiede bewys, soos byvoorbeeld dienslewering en goeie pryse. Ondernemings kan net doelwitte bereik as werknmers professioneel is en hard werk.

13 DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING
Onprofessionele werknemers beskadig ‘n onderneming se beeld en reputasie.. ‘n Onderneming met ‘n positiewe beeld kan die volgende voordele geniet: ‘n Professionele beeld lei tot klantetevredenheid. ‘n Professionele beeld lok klante. ‘n Professionele beeld lok goeie werknemers. Etiese gedrag in die sake-omgewing verwys na beginsels van reg en verkeerd – hierdie beginsels rig die optrede van sakemense.

14 Kyk na die volgende voorbeelde:
DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING Die konsep van etiese gedrag is wyd en kan in alle afdelings van die onderneming toegepas word. Kyk na die volgende voorbeelde: Etiese gedrag en produksie Vermy onetiese optrede soos om afvalstowwe in riviere te stort. Vermy onetiese produksieprosesse, veral proesesse wat skadelik is vir mense, soos byvoorbeeld om werknemers osonder veiligheidstoerusting te laat werk. Etiese gedrag en openbare betrekkinge Kommunikasie met die media moet eerlik wees. Etiese gedrag en aankope Maak gebruik van verskaffers wat etiese gebruike volg. Moet byvoorbeeld nie ‘n vleisverskaffer ondersteun as jy weet dat diere daar wreed behandel word nie.

15 Kyk na die volgende voorbeelde:
DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING Kyk na die volgende voorbeelde: Etiese gedrag en algehele bestuur Vermy onetiese optrede soos oneerlikheid teenoor werknemrs en aandeelhouers oor die finansiële posisie van die onderneming. Bestuurders en direkteurs betaal hulleslef ook soms uitermatige bonuses en gee dan vir hulle werknemers baie klein verhogings. Etiese gedrag en bemarking Moenie mense uitbuit nie, veral nie mense met gestremdhede nie. Etiese gedrag en menslike hulpbronne Werwing en keuring moet regverdig wees. Vermy onetiese optrede in hierdie verband, soos byvoorbeeld nepotisme. Etiese gedrag en administrasie Moenie vertroulike inligting laat uitlek nie. Etiese gedrag en die finansiële funksie Vermy onetiese en dikwels ook onwettige gedrag soos belastingontduiking, bedrog en omkopery.

16 Beginsels van professionalisme en etiek:
DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING Beginsels van professionalisme en etiek: Die volgende vier beginsels van etiek hou verband met besigheid en kan nuttig wees in die organisasie: Wees betroubaar Klante wil sake doen met ‘n organisasie wat hulle kan vertrou. As die organisasie kan bewys dat hy die klante se vertroue waardig is, sal die klante hul lojaliteit in ruil daarvoor gee. Kom verpligtinge na Kom alle beloftes en verpligtinge na. Byvoorbeeld as ‘n versekeringsagtent belowe het om ‘n voornemende klant terug te bel, moet hy of sy die belofte nakom, anders sal die klant vertroue in die onderneming verloor. Gemeenskaps-betrokkenheid Bly maatskaplik verantwoordelik teenoor die gemeenskap waarbinne die onderneming sake doen. Gemeenskapsbetrokkenheid vereis dat ondernemings finansiële en ander hulpbronne moet gebruik, maar dit kan tegelyk lei tot positiewe publisitiet asook die lojaliteit en respek van die gemeenskap.

17 DIE VERWANTSKAP TUSSEN ETIESE GEDRAG, PROFESSIONALITEIT EN DIE SAKE-OMGEWING
Die volgende vier beginsels van etiek hou verband met besigheid en kan nuttig wees in die organisasie: Rekeningkundige beheer Bestuurders moet beheer oor rekordhouding verkry om handelinge van bedrog en korrupsie te verhinder. Die wettige manier waarop belasitng verminder kan word, bekend as belastingvermyding, moet ondersoek word. Hierteenoor moet belastingontduiking, wat die onwettige manier is om belasting af te trek vir twyfelagtige items of om glad nie belasting te betaal nie, vermy word.

18 Die verskil tussen goeie en slegte besluite
Alle besluite het gevolge. Voordat ‘n besluit gemaak owrd, moet moontlike gevolge oorweeg word. Vanuit ‘n onderneming se oogpunt moet besluite geassesseer word teenoor die volgende kriteria: Die finansiële implikasies van die besluit. Die regsimplikasies van die besluit. Die etiese implikasies van die besluit. Die uitwerking wat die besluit op werknemers gaan hê.

19 Voorbeelde van professionele beginsels sluit in:
Beginsels en vaardighede m.b.t. etiese, professionele en verantwoordelike sakepraktyke Elke onderneming moet self bepaal watter beginsels van professionalisme dit gaan toepas. Voorbeelde van professionele beginsels sluit in: Beoefen professionele integriteit Moenie omkopery duld nie. Tree op binne jou professionele bevoegdheid. Vermy gedrag wat gesien kan word as ‘n botsing van belange. Kom professionele sakepraktyke na Neem ‘n houding aan van lewenslange leer. Kom alle geskrewe en mondelinge beloftes en ooreenkomste na. Beskerm vertroulike inligting. Respekteer diversiteit Behandel almal met respek. Vermy diskriminasie

20 Verskillende perspektiewe op etiese gedrag
Mense het verskillende opvattings en waardes – dit beteken dat gedrag wat vir een persoon onaanvaarbaar is, vir ‘n ander persoon aanvaarbaar of alledaags kan wees. Kyk na die volgende verskillende perspektiewe op etiese gedrag: Party mense dink dit is verkeerd om mense of diere te kloon. Ander mense dink dit is ‘n onvermydelike gevolg van tegnologiese vooruitgang. Party mense dink omkopery is verkeerd. Ander mense dink omkopery skep ‘n wen-wen-situasie. Party mense dink belastingontduiking is verkeerd. Ander mense beskou belastingontduiking as “kreatiewe boekhouding”.

21 Etiese sakegeleenthede
Etiese sake-ondernemings is ondernemings wat alle wette gehoorsaam en altyd uitkyk vir nuwe geleenthede om die regte ding te doen. Kyk na die volgende van etiese sakegedrag: Moenie ‘n onderneming betn ten koste van iemand anders nie Sakebedrywighede mag nie skadelik wees vir die gemeeskap of vir werknemers nie. Entrepreneurs moet die impak van ‘n nuwe onderneming op die gemeenskap en werknemers in ag neem voordat ‘n onderneming gestig word. Betaal billike lone Alle werknemers moet billike vergoeding ontvang omdat werknemers help om vir die onderneming welvaart te genereer. Dit is werkgewers se verantwoordelikheid om te verseker dat werknmers se vergoeding voldoen aan di ebeplaings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997). Onderbetaalde werknemers is ongelukkig en onproduktief.

22 Etiese sakegeleenthede
Kyk na die volgende van etiese sakegedrag: Moenie teen werknemers diskrimineer nie Alle werknemers moet dieslefde behandel word en gelyke geleenthede kry. Dit is oneties en onregverdig om vir skeere werknemers voorreegte te gee, maar nie aan ander nie. Onregverdige behandeling het ‘n negatiewe invloed op werknemers se moraal en lojaliteit teenoor ‘n onderneming. Betaal gereeld belasting Sommige mense en ondernemings dink belasitngontduiking is ‘n goeie manier om geld te bespaar. Belastingontduiking is onwettig en onregverdig teenoor getroue belastingbetalers. As alle ondernemings en mense beslasting betaal, sal die regering.

23 Aktiwiteite


Download ppt "Besigheidstudies Graad 11."

Verwante presentaties


Ads door Google