De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Besigheidstudies – Graad 12

Verwante presentaties


Presentatie over: "Besigheidstudies – Graad 12"— Transcript van de presentatie:

1 Besigheidstudies – Graad 12
OP DIE WENPAD Besigheidstudies – Graad 12

2 Onderwerp 3a: Ondernemingsvorme
KWARTAAL 3 Onderwerp 3a: Ondernemingsvorme

3 ONDERNEMINGSVORME INLEIDING:
‘n Ondernemingsvorm verwys na die sort besigheid wat ‘n besigheidseienaar wil registreer en bedryf. Die verskillendeondernemingsvorme is: Eenmansake Vennootskappe Beslote Korporasies Maatskappye Winsgedrewe maatskappye (private en openbare maatskappye) Maatskappye sonder winsoogmerk / Nie-winsgewendemaatskappy Staatsbeheerde maatskappye

4 ONDERNEMINGSVORME DIE MATE WAARTOE ‘N SPESIFIEKE ONDERNEMINGSVORM KAN BYDRA TOT DIE SUKSES OF MISLUKKING VAN ‘N BESIGHEID: Die ondernemingsvorm, of vorm va eienaarskap, beïnvloed nie net die besigheid se sukses nie, dit beïnvloed ook die besigheid se vermoë om: te groei kapitaal te bekom kontrakte te sluit voort te gaan om te bestaan wanneer eienaarskap verander aansoek te doen om regeringstenders

5 ONDERNEMINGSVORME HERSIENING:
Ondernemingsvorme verwys na die tipe besigheid wat ‘n besigheidseienaar kies. Verskillende ondernemingsvorme is geskik vir verskillende soorte besighede. Faktore wat die ondernmeingsvorm beïnvloed, sluit in: die kapitaalbedrag wat nodig is om die besigheid te begin grootte van die besigheid die besigheid se inkomste eienaarskap van die besigheid

6 Onbeperkte aanspreeklikheid Beperkte aanspreeklikheid
ONDERNEMINGSVORME HERSIENING: Kennis van die volgende konsepte behoort jou te help om ondernemingsvorme beter te verstaan: Natuurlike persone Alle mense Word gebore Regspersone Regskeppings, met karaktereienskappe van mense, bv. maatskappye Geïnkorporeer tydens registrasie Onbeperkte aanspreeklikheid Indien die eienaar/vennoot deur ‘n kredituer gedagvaar word, moet die eienaar die skuld betaal, selfs al het die eienaar nie genoeg geld nie. Dit beteken dat daar op die eienaar se persloonlike bates beslag gelê kan word om die besigheid se skuld te delg. Beperkte aanspreeklikheid Verliese is beperk tot die hoeveelheid geld wat die eienaar in die besigheid belê het.

7 ONDERNEMINGSVORME HERSIENING:
Kennis van die volgende konsepte behoort jou te help om ondernemingsvorme beter te verstaan: Kontinuïteit Sommige besighede (BK’s, maatskappye en koöperasies) bly voortbestaan, selfs wanneer ‘n verandering in eienaarskap plaasvind, bv. as ‘n lid of aaandeelhouer sterf of uittree. Borgskap Wanneer ‘n persoon of besigheid aanspreeklikheid vir die skuld van ‘n ander persoon of besigheid aanvaar. Inkorporeerders Die mense wat die nodige vorms vir die registrasie van ‘n maatskappy voltooi en indien.

8 Akte van Oprigting (AvO)
ONDERNEMINGSVORME HERSIENING: Kennis van die volgende konsepte behoort jou te help om ondernemingsvorme beter te verstaan: Akte van Oprigting (AvO) Die dokument wat die regte, verantwoordelikhede en pligte van aandeelhouers en die direksie uiteensit. Dien as ‘n maatskappy se grondwet. (Word ook partykeer die Memorandum van Inkorporasie genoem). Direkteur Lid van ‘n maatskappy se direksie. Word deur die aandeelhouers aangestel. Bestuur die maatskappy en die maatskapy se sake. Die direksie het die gesag om al die magte van die maatskappy uit te oefen en enige van die werksaamhede van die maatskappy uit te voer.

9 Maatskappy-sekretaris
ONDERNEMINGSVORME HERSIENING: Kennis van die volgende konsepte behoort jou te help om ondernemingsvorme beter te verstaan: Sekuriteite Aandele en effekte van die maatskappy. Word op aandelebeurse soos die JSE verhandel. Sekuritietsregister ‘n Lys van al die maatskappy se sekuriteite. Maatskappy-sekretaris ‘n Persoon wat deur die maatskappy aangestel word om die direksie behulpsaam te wees in die uitvoering van hul pligte, verantwoordelikhede en magte. Hou die direksie op hoogte oor wetgewing wat die maatskappy beïnvloed. Hou notule van aandeelhouer- en direksievergaderings.

10 ONDERNEMINGSVORME HERSIENING:
Kennis van die volgende konsepte behoort jou te help om ondernemingsvorme beter te verstaan: Korporatiewe bestuur Gemoeid met die maatskappy se aanspreeklikheid teenoor die aandeelhouers, sy etiese pligte en sy rol as korporatiewe burger. Behels deursigtigheid en aanspreeklikheid, naamlik ekonomiese, maatskaplike en omgewingsverantwoordelikhede.

11 ONDERNEMINGSVORME EENMANSAAK: Definisie
‘n Eenmansaak is ‘n besigheid met een eienaar, wat nie as ‘n maatskappy geregistreer is nie. Kan werknemers hê, hoewel eenmansake gewoonlik deur een persoon besit en bestuur word. Geskik vir klein besighede. Ondernemingsvorm wat die maklikste en goedkoopste is om om te rig. Maklikste om te begin want daar is nie talle wetlike bepalings, reels of regulasies wat die eienaar bind tydens totstandkoming nie. Die eienaar voorsien self die kapitaal of leen kapitaal om die besigheid te bedryf.

12 ONDERNEMINGSVORME EENMANSAAK: KENMERKE VOORDELE NADELE
Eenmansake word deur een persoon besit en bestuur. Dit is eenvoudig die eienaar wat sake doen – daar is geen onderskeid tussen die eienaar en die besigheid nie. Eenmansake is nie regsentiteite nie. Alle bates behoort aan die eienaar. Alle wins behoort aan die eienaar. Die eienaar kan dadelik begin sake doen – geen regsvereistes nie. Die eienaar bestuur die besigheid soos hy/sy wil. Die eienaar het niemand anders se toestemming nodig om ‘n besigheidsbesluit te neem nie. Die eienaar het gewoonlik direkte kontak met verbruikers. Die eienaar is nie verantwoordbaar aan ander eienaars nie. Die eienaar dra slegs sy/haar eie vaardighede, tyd en energie tot die besigheid by. Eenmansake het nie kontinuïteit nie – dit beteken dat die besigheid nie aanhou voortbestaan wanneer die eienaar sterf of uittree nie.

13 ONDERNEMINGSVORME EENMANSAAK: KENMERKE VOORDELE NADELE
Die eienaar betaal belasting in sy/haar persoonlike hoedanigheid. Die eienaar is aanspreeklik vir alle skuld wat deur die besigheid aangegaan word. Die besigheid se sukses is nie eienaar se verantwoordelikheid. Die eienaar betaal belasting in sy/haar persoonlike hoedanigheid – persoonlike-belastingkoerse vir hoë inkomstegroepe is hoër as belastingkoerse vir maatskappye. Kapitaal is beperk tot die hoeveelheid geld waartoe die eienaar toegang het. Die eienaar het onbeperkte aanspreeklikheid vir die besigheid se skuld.

14 ONDERNEMINGSVORME VENNOOTSKAPPE: Definisie
‘n Vennootskap is wanneer die eienaars sake doen sonder om ‘n maatskappy te registreer. ‘n Vennootskap bestaan uit ten minste twee persone. Die aantal vennote hang af van die aard en grootte van die vennootskap. Daar is vier vereistes vir ‘n vennootskap: Elke vennoot moet ‘n bydrae lewer Die besigheid moet tot die voordeel van al die vennote strek Die doelwit moet wees om wins te maak Die venootskapsooreenkoms moet wettig wees

15 ONDERNEMINGSVORME VENNOOTSKAP: KENMERKE VOORDELE NADELE
‘n Vennootskap is ‘n ooreenkoms tussen twee of meer persone. Elke vennoot maak ‘n bydreae tot die vennootskap, bv. vaardighede, tyd, energie, werk of geld. Vennootskappe is nie regsentiteite nie. Vennootskappe kan finansieel sterk wees omdat verskeie mense tot die vennootskap se kapitaal bydra. Vennote het ‘n persoonlike belang by die besigheid. Dit moedig vennote aan om hard te werk. Verantwoordelikhede soos die betaling van huur en water en elekrisitiet word gedeel. Vennote stem nie altyd saam nie – dit kan besluitneming vertraag. ‘n Slegte besluit deur een vennoot kan tot verliese vir die vennootskap lei. Vennote is gebonde aan die besluite van ander vennote. Daar is geen kontinuïteit nie – vennootskappe ontbind wanneer ‘n vennoot sterf of aftree. Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid vir die skuld van die venootskap.

16 ONDERNEMINGSVORME VENNOOTSKAP: KENMERKE VOORDELE NADELE
Vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die vennootskap se skuld – een vennoot kan vir die totale skuld van die vennootskap aanspreeklik gehou word. Die venoot wat die skuld vereffen, moet elke venoot se gedeelte van die skuld van die betrokke vennoot verhaal. Winste en verliese word ingevolge die vennootskapsooreenkoms onder die vennote verdeel. Vennote betaal belasting in hul persoonlike hoedanigheid. Spanning word verminder omdat besluite insamewerking met ander vennote geneem word. Kapitaalbydraes kan vermeerder en verminder word sonder regsprosedures.

17 ONDERNEMINGSVORME BESLOTE KORPORASIES: Definisie
‘n Geregistreerde besigheid met ‘n lidmaatskap van 1 tot 10 persone. Bestaan onder die Wet op Beslote Korporasies (Wet 69 van 1984) Spesiaal geskep vir kleiner ondernemings. Die toekoms van Beslote Korporasies Die nuwe Maatskappywet (Wet 71 van 2008) maak nie voorsiening vir die vorming van nuwe Beslote Korporasies nie: Bestaande beslote korporasies kan egter voortgaan om onbepaald voort te bestaaan, of tot hul lede belsuit om na maatskappye oor te skakel. Bestaande maatskappye kan nie in beslote korporasies omskep word nie. Bestaande beslote korporasies sal as private maatskappye behandel word.

18 ONDERNEMINGSVORME BESLOTE KORPORASIES: KENMERKE VOORDELE NADELE
Word besit en bestuur deur 1 – 10 lede. Naam endig met die woorde Beslote Korporasie of BK. Beslote korporasies het kontinuïteit. Beslote korporasies is regspersone. Bates behoort aan die BK en nie aan sy lede nie. Wins behoort aan die BK en nie aan sy lede nie. Belasting word deur die BK betaal. Lede het beperkte aanspreeklikheid vir die skuld van die BK, tensy hulle borg gestaan het. Geskik vir klein en medium ondernemings. Gewoonlik toegang tot meer kapitaal as eenmansake. Finansiële state hoef nie geoudit word. Belastingkoers vir besighede is laer as die belastingkoers vir individue. Kapitaal is beperk tot die bydrae van tot tien lede. Krediteure vereis gewoonlik dat lede borg staan alvorens geld aan die BK geleen word. Alle lede van ‘n BK moet goedkeuring verleen indien ‘n lid sy/haar belang wil verkoop.

19 ONDERNEMINGSVORME BESLOTE KORPORASIES: KENMERKE VOORDELE NADELE
Krediteure kan van lede verwag om borg te staan vir die skuld van die besigheid – dit beteken dat skuld van lede in hul persoonlike hoedanigheid verhaal kan word. Lede kan persoonlik aanspreeklik gehou word vir die skuld van die BK. Ouditering van finansiële state is vrywillig, tensy dit vereis word kragtens die Maatskappyewet. Die finansiële state van sommige BK’s (ingevolge die Maatskappyewet) is onderhewig aan ‘n onafhanklike hersiening en/of oudit.

20 ONDERNEMINGSVORME MAATSKAPPYE:
Maatskappye word in twee kategorieë verdeel: Maatskappye sonder winsoogmerk: gevorm vir doeleindes van openbare voordeel Winsgedrewe maatskappye: gevorm vir die finansiële gewin van aandeelhouers (eienaars) Privaat maatskappye Maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid Openbare maatskappye Staatsbeheerde maatskappye

21 ONDERNEMINGSVORME PRIVAAT MAATSKAPPY: Definisie
‘n Winsgedrewe maatskappy is ‘n private maatskappy indien: sy sekuriteite nie aan die publiek beskikbaar is nie; en die oordraagbaarheid van sekuriteite beperk is (Aandeelhouers kan hul aandele egter slegs aan mede-aandeelhouers verkoop, indien hulle hul belegging wil onttrek)

22 ONDERNEMINGSVORME PRIVATE MAATSKAPPY: KENMERKE VOORDELE NADELE
Naam eindig met “Eiendoms Beperk” of “(Edms) Bpk”. Word deur aandeelhouers besit. Minimum aantal aandeelhouers is een. Word deur ‘n direksie/raad van direkteure bestuur. Minimum aantal direkteure is een. Sekuriteite word nie aan die publiek aangebied nie. Meer kapitaal kan gegenereer word deur ‘n maatskappy as ‘n individue. Krediteure is minder geneig om borg te vereis van lede indien die maatskappy finansieel sterk is. Kontinuïteit van bestaan. Ouditering van finansiële state is vrywillig, tensy dit nodig is in ingevolge die Maatskappyewet. Nie nodig om ‘n ouditeur, ouditkomitee of maatskappysekretaris aan te stel nie. Dubbele belasting: Maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste van die maatskappy, asook dividendbelasting op die dividende wat aan aandeelhouers uitgekeer word. Kan nie direk van die publiek fondse verkry nie. Koste en formaliteite wat verband hou met die vorming van ‘n private maatskappy.

23 ONDERNEMINGSVORME PRIVATE MAATSKAPPY: KENMERKE VOORDELE NADELE
As ‘n aandeelhouer sy/haar aandele wil verkoop, moet die aandele eerste aan bestaande aandeelhouers aangebied word. ‘n Sekuriteitregister moet gehou word. Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid vir die skuld van die maatskappy. Nie nodig om algemene jaarvergaderings te hou nie. Die finansiële state van sommige maatskappye (soos bepaal deur die Maatskappywet) is onderhewig aan ‘n onafhanklike hersiening en/of ‘n oudit.

24 ONDERNEMINGSVORME OPENBARE MAATSKAPPY: Definisie
‘n Openbare maatskappy is ‘n winsgedrewe maatskappy wat sy sekuritiete aan die publiek kan verkoop. ‘n Maatskappy waar die kapitaal verkry word deur aandele aan die publiek te verkoop. Hierdie aandele kan deur die Johannesburgse Sekuriteite Beurs Beperk (JSE Bpk.) verhandel word as die maatskappy by die Beurs genoteer is.

25 ONDERNEMINGSVORME OPENBARE MAATSKAPPY: KENMERKE VOORDELE NADELE
Word deur aandeelhouers besit. Die minimum aantal aandeelhouers is een. Word deur ‘n direksie/raad van direkteure bestuur. Die minimum aantal direkteure is drie. Name van openbare maatskappye eindig met “Beperk” of “Bpk.”. Sekuriteite kan aan die publiek gebied word. ‘n Sekuriteitregister moet gehou word. Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid vir die skuld van die maatskappy. Fondse kan direk van die publiek verkry word deur sekuritiete aan die publiek te bied. Kontinuïteit van bestaan. Maatskappye kan meer kapitaal inwin as ander ondernemingsvorme. Dubbele belasting: Maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste van die maatskappy, sowel as dividendbelasting op die dividende wat aan aandeelhouers uitgekeer word. Swak prestasie deur ‘n openbare maatskappy kan daartoe lei dat die bestuur hul werk verloor. Algemene jaarvergaderings moet gehou word en di plaas ‘n administratiewe las op die maatskappy.

26 ONDERNEMINGSVORME OPENBARE MAATSKAPPY: KENMERKE VOORDELE NADELE
Die prys van die sekuriteite dien as ‘n barometer van die maatskappy se prestasie. Om ‘n openbare maatskappy te inkorporeer is ‘n ingewikkelde proses. ‘n Ouditeur, ouditkomitee en maatskappysekretaris moet aangestel word. Openbare maatskappye het uitgebreide korporatiewe-bestuurspligte.

27 ONDERNEMINGSVORME Definisie
MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK / NIE-WINSGEWENDE MAATSKAPPY: Definisie Maatskappye wat nie ten doel het om ‘n wins te maak nie.

28 ONDERNEMINGSVORME MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK: KENMERKE VOORDELE
NADELE Die hoofdoel van die maaatskapy sonder winsoolgmerk is om die publiek te bevoordeel. Alle inkomste en bates van maatskappye sonder winsoogmerk word gebruik om die publiek te bevoordeel. Lede, direktuere en inkorporeerders van maatskappye sonder winsoogmerk trek geen finansiële voordeel uit die maatskappy nie, behalwe vergoeding vir die koste wat namens die maatskappy aangegaan is. Die name van maatskappye sonder winsoogmerk eindig met “MSW”. ‘n Minimum van drie direkteure word aangestel. Finansieel afhanklik van die ondersteuning van die gemeenskap, borgskappe en fondsinsamelingsprojekte. Doelwit is om die gemeenskap te dien Nie sensitief vir kommersiële oorwegings nie. Moeilik om geld in te win.

29 ONDERNEMINGSVORME Definisie
MAATSKAPPY IN STAATSBESIT / STAATSBEHEERDE MAATSKAPPYE: Definisie ‘n Staatsbeheerde maatskappy is ‘n geregistreerde maatskappy wat: deur die regering besit word’ of ‘n munisipaliteit is.

30 ONDERNEMINGSVORME MAATSKAPPY IN STAATSBESIT / STAATSBEHEERDE MAATSKAPPYE: KENMERKE VOORDELE NADELE Die staat is die enigste aandeelhouer. Voorbeelde van staatsbeheerde maatskappye: Eskom, Telkom, SAA en die SABC. Die direksie word deur die regering aangestel. Die vergoeding van direktuere word deur die regering bepaal. Name eindig met “MSB Bpk”. Staatsbeheerde entiteite kan meer doeltreffend as staatsbeheerde maatskappye bestuur word. Die formaat van staatsbeheerde maatskappye bied ‘n geleentheid om staatbeheerde ondernemings verantwoordbaar te hou. Staatsbeheerde maatskappye bied ‘n kompromie tussen die staat se belange en kommersiële oorwegings. Dit is moeilik om verantwoordbaarheid af te dwing. Om ‘n maatskappysekretaris aan te stel, plaas ‘n finansiële las op die maatskappy. Die staat, as eienaar, is minder sensitief vir kommersiële oorwegings. Staatsbeheerde maatskappye word dikwels teen ‘n finansiële verlies bedryf.

31 ONDERNEMINGSVORME Definisie
MAATSKAPPY MET PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID: Definisie ‘n Winsgedrewe maatskappy is ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid indien: Dit voldoen aan die vereistes vir ‘n maatskappy met persoonlik aanspreeklikheid. Sy Akte van Oprigting aandui dat dit ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is.

32 ONDERNEMINGSVORME MAATSKAPPY MET PERSOONLKE AANSPREEKLIKHEID: KENMERKE
VOORDELE NADELE Naam eindig met die word “Ingelyf” of “Ing”. Word deur aandeelhouers besit. Die minimum aantal aandeelhouers is een. Word deur ‘n direksie/raad van direkteure bestuur, Die minimum aantal direkteure is een. Sekuriteite word nie aan die publiek gebied nie. Meer kapitaal kan gegenereer word deur ‘n maatskappy as ‘n individu. Krediteure is minder geneig om borg te vereis van lede indien die maatskappy finansieel sterk is. Kontinuïteit van bestaan. Ouditering van finansiële state is vrywillig, tensy dit nodig is in ingevolge die Maatskappywet. Nie nodig om ‘n ouditeur, ouditkomitee of maatskappysekretaris aan te stel nie. Dubbele belasting: Maatskappye betaal belasting op belasbare inkomste van die maatskappy, asook dividendbelasting op die dividende wat aan aandeelhouers uitgekeer word. Kan nie direk van die publiek fondse verkry nie. Koste en formaliteite wat verband hou met die vorming van ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid.

33 ONDERNEMINGSVORME MAATSKAPPY MET PERSOONLKE AANSPREEKLIKHEID: KENMERKE
VOORDELE NADELE As ‘n aandeelhouer sy/haar aandele wil verkoop, word aandele eerste aan bestaande aandeelhouers gebied. Die direksie van maatskappy met persoonlike aansprekklikheid is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skuld van die maatskappy. Mense in professionele beroepe, soos prokureurs en dokters, verkies dikwels om as ‘n maatskappy met persoonlik aanspreeklikheid te inkorporeer, eerder as om as ‘n vennootskap sake te doen. Nie nodig om algemene jaarvergaderings te hou nie. Die finansiële state van sommige maatskappye (soos bepaal deur die Maatskappywet) is onderhewig aan ‘n onafhanklike hersiening en/of ‘n oudit.

34 ONDERNEMINGSVORME KOöPERASIES: Definisie ‘n Koöperasie is ‘n:
outonome vereniging van persone wat vrywillig byeenkom om in hul gemeenskaplike ekonomiese en maatskaplike behoeftes te voorsien deur ‘n onderneming met gesamentlike eienaars demokrates te bestuur. wat georganiseer en bedryf word deur koöperatiewe beginsels.

35 ONDERNEMINGSVORME KOöPERASIES : KENMERKE VOORDELE NADELE
Nie winsgedrewe nie. Die bestaansrede is gewoonlik dienslewering. Naam sluit die word “Koöperasie” of “Koöp” in en ending met die woord “Beperk” of “Bpk”. Word deur die lede van die koöperasie bestuur. Lede het gelyke stemreg – een lid, een stem. Skep ‘n geleentheid vir mense om saam te werk om ‘n gemeenskaplike doel te bereik. Ten doel om die gemeenskap te bevoordeel. Grootmaataankope stel koöperasies dikwels in staat om goeie pryse met verskaffers te beding. Koöperasies se doel is nie om wins te maak nie, wat hulle gewoonlik ins taat stel om van die goedere teen bekostigbare pryse te verkoop. Nie so sensitief vir kommersiële oorwegings soos ‘n maatskappy nie. Nie so doelreffend met die inwin van kapitaal soos ‘n maatskappy nie. Die hoofdoel van ‘n koöperasie is nie om wins te maak nie, wat beteken dat koöperasies maklik in finansiële moeilikheid kan beland. Moeilik om aandele te verkoop. Onderhewig aan jaarlikse oudits.

36 ONDERNEMINGSVORME KOöPERASIES : KENMERKE VOORDELE NADELE
Koöperasies spesialiseer in spesifieke gebiede bv. landboukooperasies en verbruikerskooperasies. Opbrengste word aan lede uitbetaal. Kooperasies moet ‘n reserwefonds hou – ten minste 5 % van die oorskot moet as reserwere gehou word en mag nie onder lede verdeel word nie. Verplig om algemene jaarvergaderings te hou, wat ‘n andministratiewe las is.

37 ONDERNEMINGSVORME Sien ook tabel in handboek as opsomming !!!


Download ppt "Besigheidstudies – Graad 12"

Verwante presentaties


Ads door Google